Kategorie: Rekenaars

Redenaars: ATKV eerste rondte

Die afgelope twee weke was daar behoorlik geredeneer! Ons Graad 3 – 7-leerders het met groot entoesiasme aan ons jaarlikse interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons oortuig met uiteenlopende en prikkelende onderwerpe – van huiswerk wat dalk eerder die pad moet vat, tot KI wat té veel in sport inmeng, Afrikaanse lirieke wat ons soms in die steek laat en selfs die stelling dat skaak ’n beter opsie as ander buitemuurse aktiwiteite is. Dit was ’n voorreg om ons leerders se deurdagte menings te hoor en hul selfvertroue en spreekvaardighede op die verhoog te beleef. Hulle het nie net sterk argumente gelewer nie, maar ook gewys dat hulle met respek kan verskil en hul standpunte met oortuiging kan verdedig. Baie geluk aan die volgende deelnemers wat ons skool met trots tydens die ATKV se eerste rondte in April gaan verteenwoordig: Pieter-Steph Bothma  Izak Steyn  Lua Groenewald  Pieter Derksen  Henry Jordaan  Christina du Toit  Amalie Janse van Rensburg  Mia Bothma  Stef Nel  Antjie Samuel  Nina Bremer  Chris Derksen  Ella van der Walt   Alida Loubser  Pieter Rademeyer  Bella Naylor  Ons is baie trots op...

Lees Verder

REDENAARS 2026

Raak deel van die Redenaars WhatsApp-groep om alle inligting rakende volgende jaar se redenaars te ontvang. Alle kommunikasie sal daar plaasvind. Gaan na ons LsJvR Community en soek die groep Redenaars (Ls JvR)   Vul asseblief die vorm in indien jou kind in Redenaars 2026 belangstel: REDENAARS 2026 – Fill out form  Hier is die kompetisiedatums asook inligtingsessie se datum wat in die eerste week van skool plaasvind. Dagboek asseblief hierdie datum! Redenaars -kompetisie inligting...

Lees Verder

Digitale Geletterdheid: Wat het ons in kwartaal 1 geleer?

Hierdie kwartaal in Digitale Geletterdheid het ons oor ‘n paar interessante aspekte van rekenaars en digitale toestelle gepraat. Een van die temas wat die meeste uitgestaan het, was die Graad 5’s se gebruike van die internet. Hier het die leerders geleer wat die voordele van die internet is, hoe om veilig te wees wanneer jy aanlyn werk en ook wat die gevare van aanlyn speletjies en toepassings is. Ons het nie net teorie geleer nie, maar ook prakties op die tablette gewerk. Een van die lesse wat uitgestaan het, was toe die Graad 3’s ‘n tikvaardigheid-aktiwiteit gedoen het. Dit...

Lees Verder

Nuwe elektronika vir Kodering en Robotika

Opgewondenheid gons in die Kodering en Robotikaklas! Ons het gister ‘n pakkie vanuit Nederland ontvang wat aan Laerskool Jan van Riebeeck deur Plumpot Academy met JP Potgieter as kontakpersoon geborg is. Die pakkie bevat eerste-in-sy-soort elektronika wat spesiaal vir ons skool ontwerp is. Die ontwerp gaan leerders help om die toepassingsvaardighede beter te verstaan. Die skool se wapen is selfs op elke PCB (Printed circuit boards) aangebring! Dit dra by tot ‘n positiewe ingesteldheid teenoor die leerarea. Kodering en Robotika het vyf verskillende fokusareas en een van hulle is robotika. Elektronika vorm deel van hierdie toepassingsvaardighede. Elke graad het ‘n projek wat spesifiek op die KABV (kurrikulum) gebaseer is.   Ons is die eerste skool in Suid-Afrika wat hierdie spesifieke hulpbronne gaan gebruik. Ons sien uit na die verdere ontwikkeling van hierdie leerarea onder leiding van juf. Suné...

Lees Verder
Loading

Ander Nuus

augustus

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde Gr.4 ,6 & 7

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

11aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

13aug00:0023:59Hokkie: o.13 Dogters Curro Century City (WEG)

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Hokkie: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

14aug00:0023:59TOETS: Wiskunde Gr.5

14aug08:0008:30TOETS: NWT Gr.4, 6 & 7

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

Wys Meer

september

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

04sep(sep 4)00:0005(sep 5)23:59Tennis: o.13A Toernbooi by Courtrai

04sep08:0008:00Loslitdag

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor