Die OOV is ’n organisasie wat daarna streef om die lewe by Laerskool Jan van Riebeeck vir elke leerder, onderwyser en ouer so lekker as moontlik te maak.

Die OOV is hoofsaaklik verantwoordelik vir die reël van sport- en sosiale funksies, geesbou onder die ouerkorps, en fondsinsameling addisioneel tot dié van die Beheerraad.

Elke klas vaardig jaarliks ongeveer twee klasverteenwoordigers af wat saam met drie onderwysers van die skool op die OOV dien.

Projekte wat deur die OOV gekoördineer word maak staat op die hulp, idees en bydraes van ouers. Die klasverteenwoordigers is die skakels tussen die skool en die ouers. Vergaderings word 1 – 2 keer per kwartaal gehou, afhangende van die omvang van die projek wat voorlê, maar klasverteenwoordigers kan mekaar by die vergaderings afwissel.

Ons verwelkom nuwe lede op die OOV en moedig ouers aan wat voorheen gedien het om weer by ons aan te sluit.

Betrokkenheid by die OOV bied jou die geleentheid om deel te wees van die beplanning van belangrike aspekte van die skool se funksionering, en gee jou die kans om waardevolle insette te lewer. Ons wil jou graag as deel van ons span hê: laat weet asseblief jou klasonderwyser as jy by ons wil aansluit.

Kontak gerus die klasonderwyser indien jy die OOV-verteenwoordiger(s) se kontakbesonderhede wil aanvra.

OOV Verteenwoordigers 2024

Voorsitter Coreen Scholtz
Graad 1S Michelle Forsyth
Graad 1T Yvette van Antwerpen Murray
Karin Badenhorst
Graad 1P Anye Janse van Rensburg
Graad 2U Misha Goeiman
Christiane February
Graad 2T Nadia Caldeira
Janine Greeff
Graad 2C Danielle le Clus-Rossouw
Tini Vorster
Graad 3TB Mareli Cloete
Graad 3E Karla Partner
Graad 3C Jenine Boshoff
Henriette Cronjé
Graad 4LR Ilza Lindeque
Graad 4C Karen Koen
Graad 4H Andret Christie
Graad 5S Rosalie Smit
Graad 5F Elzette Malan
Graad 5W Monique Podesta
Graad 6DJ Natasha Buckenham
Tracy Wiese
Graad 6DV Charlotte Marais
Graad 6F Monique Schoeman
Almeri de Vries
Graad 7VR Susan Derksen
Graad 7S Nikola van der Linde
Graad 7WS Karien Zulch
Huppelland Danielle le Clus-Rossouw
Onderwysers Naomi Uys
Lize Terblanche
Ilse-Marie Holtzhausen