Die OOV is ’n organisasie wat daarna streef om die lewe by Laerskool Jan van Riebeeck vir elke leerder, onderwyser en ouer so lekker as moontlik te maak.
Die OOV is hoofsaaklik verantwoordelik vir die reël van sport- en sosiale funksies, geesbou onder die ouerkorps, en fondsinsameling addisioneel tot dié van die Beheerraad.
Elke klas vaardig jaarliks ongeveer twee klasverteenwoordigers af wat saam met drie onderwysers van die skool op die OOV dien.
Projekte wat deur die OOV gekoördineer word maak staat op die hulp, idees en bydraes van ouers. Die klasverteenwoordigers is die skakels tussen die skool en die ouers. Vergaderings word 1 – 2 keer per kwartaal gehou, afhangende van die omvang van die projek wat voorlê, maar klasverteenwoordigers kan mekaar by die vergaderings afwissel.
Ons verwelkom nuwe lede op die OOV en moedig ouers aan wat voorheen gedien het om weer by ons aan te sluit.
Betrokkenheid by die OOV bied jou die geleentheid om deel te wees van die beplanning van belangrike aspekte van die skool se funksionering, en gee jou die kans om waardevolle insette te lewer. Ons wil jou graag as deel van ons span hê: laat weet asseblief jou klasonderwyser as jy by ons wil aansluit.
Kontak gerus die klasonderwyser indien jy die OOV-verteenwoordiger(s) se kontakbesonderhede wil aanvra.
OOV Verteenwoordigers 2026
| Voorsitter | Susan Derksen |
| Graad 1P | Samantha le Roux |
| Mareli Cloete | |
| Graad 1E | Lerié Neethling |
| Graad 1S | Lize Jansen van Rensburg |
| Carol Engelbrecht | |
| Graad 2G | Catherine Lawson |
| Marguerite Prinsloo | |
| Dani Hugo | |
| Graad 2U | Thandi Wille |
| Maretha Gosio | |
| Lyndi Kuys | |
| Graad 2T | Lene Botha |
| Reza du Plooy | |
| Graad 3C | Karla Partner |
| Yvette Murray | |
| Graad 3E | Chrizel Liebenberg |
| Lolitha Mostert (Hoogendyk) | |
| Anel Jansen v Vuuren | |
| Graad 3DP | Jana Rosslee |
| Shannon Theron | |
| Graad 4LR | Marianne Styan |
| Nadia Caldeira | |
| Graad 4H | Anine de Wet |
| Misha Goeiman | |
| Graad 4C | Cathy Lawson |
| Thandi Wille | |
| Hilda-Mari van Niekerk | |
| Graad 5R | Jani Swart |
| Graad 5F | Natasha Buckenham |
| Graad 5W | Jenine Boshoff |
| Graad 6DJ | Francis Samuel |
| Graad 6DV | Suzanne Jacobsz |
| Willene Sieberhagen | |
| Graad 6F | Martha Tom |
| Graad 7VR | Aldi du Toit |
| Graad 7M | Elzette Malan |
| Graad 7L | Nel vd Walt |
| Huppelland | Danielle le Clus-Rossouw |
| Onderwysers | Naomi Uys |
| Mieke Eefting | |
| Shahnee Felix |