Ons groet met hartseer die volgende onderwysers en terapeute wat diep spore in ons Jannie-harte kom trap het. Elkeen sal met spesiale herinneringe onthou word. Ons weet ook dat daar baie mooi avonture op elkeen wag:

Charlene van Rooyen gr. 7 – Tree amptelik af, maar sal vir die eerste vier maande van 2027 in juf. Marianne (gr. 4) se pos aflos sodat sy haar babatjie kan versorg. Juf. Talia de Wet is in juf. Charlene se plek aangestel.

Ben Reynecke (musiek) – Tree amptelik af, maar sal steeds nou en dan vir ons uithelp. Ons is steeds in proses om ‘n plaasvervanger aan te stel.

Herculine Becker (intern en gr. 3-aflosjuffrou) – Sy trou aan die einde van die jaar en verhuis na Namibië.

Tannie Annet (arbeidsterapeut) – Verlaat ons skool. Success Centre onder leiding van Cornelia Liebentritt is in haar plek aangestel.

Tannie Tina (spelterapeut) – Verlaat ons skool. Annamarie Strydom wat hierdie jaar by Huppelland werksaam was, sal volgende jaar by Huppelland en by die laerskool spelterapie aanbied.

Carla Basson (Huppelland gr. 00) – Verlaat ons. Frances Bosch is in haar plek aangestel.

Cornelie  (Huppelland gr. 00) – Verlaat ons. Juf. Kerry-Ann keer terug nadat sy haar babatjie gedurende die jaar versorg het. 

Helené Slabbert (gr. 1) – Het ‘n ander pos aanvaar en verlaat ons op 12 Februarie 2027. Liza Malherbe (Huppelland) is in haar plek aangestel.