
Atletiek Interskole 2018 Uitslae
- Cara Scoltz – 6de in die finaal van die 70m hekkies
- Nils le Roux – 5de in die 70m hekkies en 5de in 1200m
- Sofia Newton – 5de in die 75m hekkies en 5de in die 150m hekkies
- Dawid-Wiese – 6de in die finaal van die 75m hekkies
- Delmar Benecke – 6de in 1200m en 4de in verspring
- Ané Swanepoel – 7de in 1200m
- Sebastian Senekal – 5de in gewigstoot
- Carter Schoeman – 7de in gewigstoot
- Jeanne van Heerden – 4de in gewigstoot
- Liza Hitge – 5de hoogspring
- Anna Viljoen en Mari Steyn het baie goed gevaar in die hoogspring en Ashlyn-Beth in die diskus.
- Sophia Liebenberg was 2de verspring en 3de in spiesgooi. Sy het dus haar WP-klere verower. Dis ‘n besondere prestasie!
Ons o/13-seuns het stof in die ander skole se oë geskop en met die eerste plek weggestap! Baie geluk julle vier (Alexander Benecke, Fredrich Erasmus, Danny Newton en Taniel Webber)! Ons sien uit na ons Kleure-sportbyeenkoms aan die einde van die jaar en is opgewonde om ons eie atlete dan weer in aksie te sien.
Baie geluk en sterkte aan nege van ons atlete wat deurgedring het tot die WP Atletiekbyeenkoms wat vandag in die Paarl by Dal Josafat Stadion plaasvind.
Die atlete is Klara Steyn [O/10 Hoogspring], Sebastian Senekal [O/11 Gewigstoot], Johann Loubser [O/12 Diskus], Héloïse Strauss [O/12 Hoogspring], Danny Newton [150m Hekkies], Fredrich Erasmus [Spiesgooi], Nehemia Rosen [O/13 200m Hekkies], Lara-Lisa Senekal [O/13 Spiesgooi] en Scarlett van der Merwe [O/13 800m & 1500m].
Baie dankie aan almal wat gister die wind en stof aangedurf het om ons atlete te kom ondersteun by die Distrikbyeenkoms by Vygieskraal in Athlone. Ons het 22 atlete gehad wat die dag in die wind deelgeneem het. Meeste van die wedlope moes die atlete teen die wind en hul opponente hardloop.
Baie geluk aan nege van ons atlete wat deurgedring het om volgende Vrydag aan die WP byeenkoms , 28 Februarie, in die Paarl deel te neem.
Ons atlete is Klara Steyn, Sebastian Senekal, Heloise Strauss, Danny Newton, Fredrich Erasmus, Johann Loubser, Scarlett van der Merwe, Lara-Lisa Senekal en Nehemia Rosen. Baie dankie ook aan al die onderwysers wat hul klasse vir die dag gelos het om dinge bietjie vinnger te laat verloop. Julle is TOPS!
Die Distrikbyeenkoms vind op Donderdag, 20 Februarie, by Vygieskraal in Athlone plaas. Meer inligting sal met die betrokke atlete gedeel word. Volg die skakel vir die INTERSKOLE se UITSLAE.
Baie dankie aan almal wat ons die laaste twee dae ondersteun het by die jaarlikse Atletiek. Ons deel graag die finale uitslae met julle, maar sal die bekerwenners eers volgende week bekend maak nadat dit met die kinders gedeel is. Onthou asb. dat elke atleet ‘n punt vir deelname kry en dat die finale punte dit en die onderskeie uitslae se punte insluit. Volg die skakel vir die uitslae van die KLEURE ATLETIEK 2019.
Tien van ons atlete het Vrydag, 18 Oktober, in Bredasdorp aan die Top 10 byeenkoms deelgeneem. Dit was die eerste keer wat ons skool hieraan deelgeneem het. Ons het geweet die kompetisie gaan straf wees, maar het nie besef dat daar meer as 42 skole gaan wees nie!!
Ons atlete het hul uitstekend van hul taak gekwyt en het wonderlike prestasies ingepalm.
Scarlett van der Merwe D/12- 1200m, tyd 4:14.46 ; posisie: 2de
Jacomien van der Westhuizen D/13 – 400m; tyd 1:07.91; posisie: 2de
Alexander Newton S/13 – 80mHekkies; tyd 12.87; posisie: 4de
Alexander Newton S/13 – Hoogspring; hoogte 1.50m; posisie 2de
Danny Newton S/11 – 70m Hekkies ; tyd: 12.29s; posisie: 4de
Danny Newton S/11 – Hoogspring ; hoogte: 1.35m; posisie 6de
Danny Newton S/11 – Verspring; afstand: 4.33m; posisie: 3de
Jacques Loubser S/13 – Diskus; afstand: 26.55m; posisie: 7de
Alexander Benecke S/11 – 1200m; tyd: geen; posisie: 8ste
Ons atlete kry vir elke posisie (binne die top 10 per item) wat hulle behaal punte volgens ‘n tabel wat deur atletiek Suid-Afrika opgestel is. Hierdie punte bepaal dan skole /spanne se posisie aan die einde van die byeenkoms. Slegs 49 spanne het punte vir hul uitslae gekry en ons skool het 24ste geëindig. Ons is baie trots op elkeen en sien daarna uit om in 2020 weer te gaan deelneem. Baie dankie aan juf. Kellerman, mnr. Joubert en mnr. Hanekom wat die atlete vergesel het en weer veilig terug besorg het.
Ons is baie trots op Danny Newton en Sophia Liebenberg wat albei vir verspring gekwalifiseer het om aan die Wes-Kaap Kampioenskappe op 3 Maart deel te neem. Danny Newton het 8ste in die Wes-Kaap geëindig en Sophia het 4de geëindig. Dit is ongelooflike prestasies!Baie geluk julle twee.
Dertien van ons atlete het Saterdag, 23 Februarie, aan die WP kampioenskappe by Coetzenburg deelgeneem. Dit het goed gegaan met die meeste van ons atlete, maar nie almal het dit gemaak om onder die top 3 te eindig en so vir hul WP kleure te kwalifiseer nie. Ons is baie trots op Danny Newton en Sophia Liebenberg wat beide vir verspring 3de geëindig het en so hul WP klere verwerf het. Hulle neem Saterdag in die Paarl deel an die Wes-Kaap byeenkoms. Ons wens hulle alles van die beste toe! Vir die volledige uitslae van die WP Kampioenskappe, volg die SKAKEL.
Die 0/11 A-krieketspan het ‘n ongelooflike lekker seisoen gehad. Die manne het Woensdag hulle laaste wedstryd teen Ottoman’s klub gespeel en dit was omtrent ‘n naelbyt wedstryd.
Ottoman’s het eerste gekolf en teken 86 lopies aan na 20 beurte met die verlies van 6 paaltjies. Jack Dawes het drie pragtige vangskote gevat terwyl Delmar Benecke weer die kolwers laat verstaan het wie is baas met 2 paaltjies vir 15 lopies na 4 beurte. Vincent Oosthuizen neem ook 1 paaltjie vir 13 lopies na 4 beurte, Nils le Roux neem 1 paaltjie vir 15 lopies na 3 beurte en Ruben Eksteen neem 1 paaltjie vir 18 lopies na 3 beurte.
JvR het tweede gekolf en wen die wedstryd met 4 paaltjies. Ruben Eksteen het 11 lopies bygedra en dit was Delmar Benecke en Ben Esterhuyse se rustigheid wat die wedstryd vir ons gewen het. Delmar Benecke het 49 nie uit aangeteken. Hy is ook vir die tweede keer as speler van die wedstryd aangewys.
Baie geluk, Delmar, jy het goeie karakter gewys en koelkop gebly toe die paaltjies begin val.
Dankie aan al die ouer(s) wat die seisoen die manne langs die veld ondersteun het.
Ons wil ook dan baie geluk sê aan Delmar Benecke, Adriaan Wessels en Ruben Eksteen wat in die WP-krieketspan opgeneem is. Geluk, manne! Ons is baie trots.


Die 0/11 A-span het Maandag, 28 Februarie, teen St. Joseph’s Marist in Rondebosch gespeel. JvR het eerste gekolf en het 131 lopies na 15 beurte aangeteken. Delmar Benecke het 55 lopies, nie uit nie, gekry. Ruben Eksteen het ook ‘n goeie 23 lopies bygedra tot die groot totaal van die dag. Ons kry hulle uit vir 37 na 15 beurte. Gustav van der Linde het 2 paaltjies geneem na 2 beurte en geen lopies was aangeteken nie. Adriaan Wessels neem 1 paaltjie vir 4 lopies, Ruben Eksteen 1 paaltjie vir 4 lopies en Vincent Oosthuizen 1 paaltjie vir 3 lopies. Delmar Benecke was nie net die kaptein nie, maar ook die speler van die wedstryd. Baie geluk Delmar, spoggerige vertoning. Ons is baie trots op jou!
Hierdie week het ons twee o/11-spanne gehad wat wedstryde gespeel het en ons is baie opgewonde om te sien dat ons getalle vir krieket so mooi groei!
Die o/11 A-span het teen SASC (5) se span op die Conradieveld gespeel en met 9 paaltjies gewen. Die kaptein van die wedstryd was Ruben Eksteen. Hy het al vroeg in die dag begin planne maak vir sy span deur die weer dop te hou en strategieë te beplan.
Ons o/11 B-span het teen Herzlia Highlands op hulle velde gespeel. Herzlia het 100 lopies aangeteken en ons teken 106 lopies aan en wen die dag met 6 lopies. Ouers kon weer die wedstryde bywoon en dit was lekker om hulle ook langs die veld te hê. Baie dankie aan Juffrou Ischké Felix en Juf. Sharon Mabena wat saam met die afrigters die spanne vergesel het.

Ons is baie trots op hierdie manne en is baie opgewonde oor die seisoen wat voorlê.
Pakistan:
Dawid-Wiese Viljoen (K); Frank vd Walt; Liam Schmidt; Ruald Naude; Delmar Benecke; Liam Joubert; Kai Allewell; Conrad Slabber en Shaye Schwartz.
Engeland:
Conrad Bezuidenhout(K); Ruben Eksteen; Pierre-Jaque Smit; Adriaan Wessels; Marais Groenewald; Schalk van Niekerk; Johan Symington; Willem Vorster; Stephan Holtzhausen en Nicholas Vermeulen.
Pakistan het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Hulle kry Engeland vir 56 lopies uit. Pakistan het met gemak die 56 lopies afgeslaan en wen die dag. Dawid-Wiese is aangewys as speler van die wedstryd met 40 lopies nie uit nie en Liam Joubert as bowler van die dag met 5 paaltjies.
Delmar Benecke het ook 2 paaltjies geneem, Dawid-Wiese Viljoen 2 paaltjies en Pierre-Jaque Smit 2 paaltjies.
Die gees was hoog en die seuns het dit baie geniet. Baie dankie aan al die ouers wat kom ondersteun het. Ons maak gou weer so.


Baie geluk aan Scarlett van der Merwe wat 12de geëindig het by die WP Champs wat op 17 Augustus plaasgevind het. Sy gaan nou deur na die Wes-Kaap Skole Sport Landloop Kampioenskappe wat op Saterdag, 31 Augustus ,by die Hottentots Holland Senior Sekondêre skool in die Strand gaan plaasvind.
Ons atlete het Vrydag, 2 Augustus, by Laerskool Kirstenhof aan ‘n landloopwedloop deelgeneem. Hier volg die uitslae.
o/7: Samuel Groenewald – 22ste; Nicolas Marais – 33ste
o/8: Delmar Benecke – 10de; Jana Olivier – 8ste; Lili Ann Blomerus – 11de
o/9: Marais Groenewald – 32ste; Andre Marais – 37ste
o/11: Leah Maritz – 42ste
o/12: *Scarlett van der Merwe – 3de
Ons wil veral vir Scarlett van der Merwe hartlik gelukwens, sy ontvang ‘n medalje vir haar 3de plek en gaan deur na die WP Kampioenskappe op 17 Augustus!!
Op Vrydag, 26 Julie, het daar slegs dogters aan die landloopwedloop by Sun Valley in Vishoek deelgeneem. Die uitslae lyk soos volg:
O/8: Jana Olivier – 16de; Lili Ann Blomerus – 20ste
O/11: Leah Maritz – 43ste
O/12: *Scarlett van der Merwe – 3de….uitstekend!
Ons atlete het Vrydag, 19 Julie, in yskoue weer by Laerskool Zwaanswyk aan ‘n landloopwedloop deelgeneem. Hier volg die uitslae:
o/7: Samuel Groenewald-19de; Nicolas Marais-29ste
o/8: Delmar Benecke-5de; Jana Olivier-7de; Lili Ann Blomerus-10de
o/9: Marais Groenewald-18de; Andre Marais-??; Samuel Wolff- 39ste
o/11: Leah Maritz-42ste
o/12: *Scarlett van der Merwe-2de….uitstekend Scarlett !!
Verskeie landloopatlete het Vrydag, 12 Julie, aan hierdie kwartaal se eerste wedloop deelgeneem. Al het ons die inligting baie laat ontvang, het ons kinders steeds goed gedoen.
Die uitslae:
o/7 *Nils le Roux- 3de; Samuel Groenewald – 32ste; Nicolas Marais- 35ste
o/8 Jana Olivier- 14de; Lili Ann Blomerus – 15de
o/9 Samuel Wolff – 39ste
o/11 Leah Maritz – 15de
o/12 Scarlett van der Merwe – 5de
Ons landloop altete het Vrydag, 31 Mei, by Groenpunt Krieketklub aan hul laaste wedloop vir die kwartaal deelgneem. Ons atlete toon deurlopend vordering.
O/7: *Nils le Roux – 1ste(fantasties!!), Samuel Groenewald – 14de, Nicolas Marais – 25ste, Ruben de Ridder – 29ste
O/8: *Jana Olivier – 2de (uitstekend ), Lili Ann Blomerus – 20ste, Delmar Benecke – 14de
O/9: Samuel Wolff – 38ste
O/10: Lea de Ridder – 45ste
O/12: *Scarlett van der Merwe – 3de (uitstekend )
Ons atlete het Vrydag, 24 Mei, aan ‘n wedloop in Heathfield deelgeneem. Hier volg die uitslae:
O/7: *Nils le Roux – 18de (het saam met die O/8’s gehardloop, maar met ‘n vinniger tyd as O/7’s)
O/8: *Jana Olivier – 2de; Lili Ann Blomerus – 21ste; Willem Vorster – 41ste
O/9: Marais Groenewald – 21ste; Samuel Wolff – 63ste
O/12: *Scarlett van der Merwe – 3de; Stephan le Roux – 43ste
Baie geluk aan almal!
Ons landloopatlete het Vrydag, 17 Mei, in Vishoek aan hul 3de wedloop deelgneem. Die uitslae is soos volg:
O/7:*Nils le Roux – 3de, Samuel Groenewald – 25ste, Ruben de Ridder – 32ste
O/8:* Jana Olivier – 8ste, Lili-Ann Blomerus – 19de, Delmar Benecke – 11de, Willem Vorster – 37ste
O/9: Marais Groenewald – 11de
O/10: Markus de Ridder – 64ste, Lea de Ridder – 81ste
O/12:* Scarlett van der Merwe – 3de
O/7: Nils le Roux – 3de (uitstekend ! ) Samuel Groenewald – 39ste, Ruben de Ridder – 48ste
O/9: Marais Groenewald – 31ste
O/12: Scarlett van der Merwe – 3de (uitstekend ! )Ruben Vorster – 16de, Stephan le Roux – 67ste
Ons atlete het Vrydag, 3 Mei, aan hul eerste wedloop in Rondebosch deelgeneem. Ons deel graag die uitslae met julle:
o/7: Nils le Roux – 10de, Ruben de Ridder – 41ste
o/9: Zuletha Feirrera – 63ste
o/10: Lea de Ridder – 70ste, Markus de Ridder – 75ste
o/12: Scarlett van der Merwe – ‘n uitstekende 4 de plek ! Ruben Vorster – 30ste
o/8 A wen 6-2
o/8 B verloor 0-6
o/9 A wen 6-1
o/9 B wen 4-0
o/10 A wen 11-0
o/10 B wen 10-1
o/11 A gelykop 5-5
o/11 B wen 12-0
o/12 A wen 16 -0
o/12 B wen 15-0
o/13 A wen 33-2
o/13 B wen 8- 2
o/7 B gelyk 1-1
o/8 A wen 15-0
o/9 A wen 21-0
o/10 A wen 23-0
o/11 A wen 16-2
o/11 B wen 12-0
o/12 A wen 25-0
o/13 A wen 34 – 0
o/13 B wen 15-0

Kenridge 3 -8
Table View 9-4 (wen)
Durbanville 2-14
Welgemoed 4-1 (wen)
Eversdal 4-10
o/7A wen
o/7B verloor
o/8A wen
o/8B verloor
o/9A wen 18 -2
o/9B wen 11-0
o/9C gelyk 1-1
o/10A wen 9-2
o/10B wen 12-0
o/11A wen 9-1
o/11B wen 7-0
o/12A wen 8-2
o/12B wen 8-3
o/12C wen 4-3
o/13A wen 26-5
o/13B gelyk 2-2
o/13C wen 4-0

Op Saterdag, 11 September, het die O/12 A-Netbalspan aan die Paarl Gimnasium O/12-toernooi deelgneem. Tien spanne van verskeie skole het vir die toernooi ingeskryf.
Ons het die dag begin deur teen die 4 ander spanne (Paarl Gimnasium A, Eikestad A, Noord-Eind A en Courtrai B) in ons poel te speel. Daarna is elke span in hul poel se posisie bepaal en ons span het 2de in ons poel geëindig. Dit het beteken dat ons teen die wenners (De Hoop A) van poel B moes uitspeel om te kwalifiseer vir die laaste rondte waar ons vir posisie 1 of 2 moes meeding. Die span het puik gespeel en ons wen vir De Hoop 5 – 3.
Die viering kon nie te lank aanhou nie, want ons het binne 20 min weer vir Paarl Gimnasium die stryd vir die top posisie aangesê. Die dag het ongelukkig teen die tyd sy tol begin eis en ons verloor die wedstryd teen Paarl Gimnasium en eindig 2de vir die dag!
Ons is BAIE trots op die span, hierdie toernooi was hul eerste wedstryde vir die hele seisoen. Alle ander wedstryde wat ons tot op daardie stadium gespeel het, was teen ons eie spanne.
Hoërskool Paarl Gimnasium het die toernooi as geleentheid gebruik om ons spelers tydens wedstryde dop te hou en het oor ‘n paar van ons spelers kom uitvra. Al die spanne teen wie ons die dag gespeel het, het met groot verwondering van Sophia Liebenberg se spel gepraat. Ons bars van trots oor elke speler wat die dag daar was en sien baie uit na 2022 en wat hierdie dogters as O/13-span gaan doen. Baie geluk aan Emke van Wyk, Liza Hitge (kaptein), Cara Swanepoel, Nell von Lieres, Katya Morris, Sophia Liebenberg, Kyra Schoeman en Katarina Oosthuizen, julle is uitstekend!
Baie dankie aan juffrou Shahneé Felix wat vir die dag ons skool as skeidsregter verteenwoordig het.
Na amper twee jaar van geen wedstryde was ons netbalspelers en -afrigters baie opgewonde om weer Woensdag, 25 Augustus, wedstryde teen spanne van Laerskool Van Riebeeckstrand te kon speel. Dit was vir beide skole amper vreemd om weer te kon speel, maar so lekker!
Die uitslae is soos volg:
JvR O/9 A wen 7-0 teen JvR O/9 B
JvR O/9 B wen 5-1 teen VRS O/9 C
JvR O/10 A wen 6-1 teen VRS O/10 C
JvR O/10 B wen 7-1 teen VRS O/10 D
JvR O/11 A wen 6-5 teen JvR O/12 A
JvR O/11 B wen 10-1 teen VRS O/11 C
JvR O/12 B verloor 6-7 teen VRS O/12 C
JvR O/12 C verloor 3-4 teen VRS O/12 D
JvR O/12 A verloor 2-7 teen JvR O/13 A
JvR O/13 B wen 10-1 teen VRS O/13 C
JvR O/13 C verloor 4-8 teen VRS O/13 D
Van ons spanne speel volgende week Woensdag, 1 September, teen Laerskool Kampsbaai weg.
Die O/11A en O/13A-netbalspanne het op Saterdag, 7 September, gaan kamp opslaan by Hoërskool De Kuilen vir die WP-netbalfinale. Beide spanne het in die B-liga meegeding. Na ‘n baie lang en warm dag het beide spanne tot die semi-finaal deurgedring. Die O/13 A-span het aan die einde van die rondte gelykop teen Parow-Oos gespeel. Daar is ekstra tyd gespeel en hulle het met 1 punt gewen. Die O/11A-span het teen Totius in die semi-finaal te staan gekom en 12 – 7 gewen. Daarna het die finale rondte vir beide spanne gewag. Albei spanne het teen Nomsa Primêr, vanuit Khayalistha, gespeel. Nomsa gaan al vir ‘n paar agtereenvolgende jare na die Nasionale Toernooi in Boksburg en eindig gereeld onder die top 3 vir hul kategorie. Aan die einde van die dag stap die O/13 A-span met ‘n silwer medalje weg. Hul telling was 6-7. Die O/11 A-span wen almal goue medaljes met ‘n telling van 8-6. Hulle is dan ook die B-liga wenners vir O/11! Baie geluk aan AL die spelers en hul afrigters, juf. Ischké Felix (O/13) en juf. Lucia de Jager (O/11).
Op Maandag, 19 Augustus, het van ons netbalspanne hul laaste wedstryde vir die seisoen teen Parklands gespeel.
Die uitslae is soos volg:
O/9 A wen 13-0; O/9 B wen 18-0
O/10 A wen
O/11 A wen 21-1; O/11 B wen 12-1
O/12 A verloor 2-11; O/12 B 2-5
O/13 A wen 20-9; O/13 B wen 7-0
Op Saterdag, 17 Augustus, het Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck die pad gevat na Moorreesburg om aan die jaarlikse Interskole te gaan deelneem. Hierdie is ‘n heerlike dag waarop beide skole deelneem. Die wind het ons hierdie jaar amper weggewaai, maar almal het dit steeds geniet.
Rugbyuitslae:
O/7 A verloor 2-4; O/7 B verloor 4-5
O/8 gelyk 0-0
O/9 A wen 5-0; O/9 B wen 1-0
O/11 A verloor 7-12
O/13 A verloor 12-29
Netbaluitslae:
O/9 A verloor 4-10; O/9 B wen 8-0
O/10 A wen 10-4; O/10 B verloor 5-9
O/12 A verloor 1-25; O/12 B verloor 0-12
O/13 A verloor 12 – 14; O/13 B wen 10-8
Ons sê baie geluk aan twee van ons netbalafrigters, Bongi Mbayeka (O/8 en O/12) en Mihle Phelekwa (O/7 & O/11). Hulle het gedurende die week van 4-10 Augustus die Kaapstad Netbal Federasie (WP) verteenwoordig by die SA Spar O/21 en Senior Vrouekampioenskappe in Johannesburg. Hulle span het baie goed gevaar en met Silwer medaljes huis toe gekom!
Op Woensdag, 11 Mei, het ons rugby teen Laerskool Vredekloof gespeel. Die seuns het hulle besonderse talent ten toon gestel en dit was ‘n goeie dag vir ons Jannies.
Uitslae is as volg:
o/7 wen 8-2 en wen 4-0
o/8 verloor 2-1 en wen 4-0
o/9 wen 20-10
o/11 wen 22-0
o/13 wen 14-12
Dankie aan al ons ouers wat ons daar ondersteun het en baie geluk aan hierdie spanne.
Die rugbyspanne het Woensdag, 4 Mei, vir die eerste keer die kwartaal op Hamlet RFC se velde gedraf om teen Mamre Primêr te speel. Dit was ‘n groot voorreg om vir die eerste keer die jaar ons o/9 en o/11-rugbyspanne op die veld te sien. Die o/9-span het hulle eerste rugbywedstryd in blou en oranje gespeel vandat Covid in 2020 ons almal se planne ‘n bietjie om ver gegooi het. Hulle het ongelukkig verloor. Die o/11-span het uitstekend gevaar en kon die bordjies verhang teen Mamre met ‘n telling van 15-7. Die dag is afgesluit met die o/13-span wat ongelukkig verloor het in ‘n wipplank stryd met 34-26.
Ons is trotse Jannies en glo dit gaan ‘n goeie winter vir hierdie spelers wees!
Adan Eksteen, Albert Griesel en Werner Steyn is gekies om deel te neem aan die Suidelike distrik o/13-rugbyproewe wat Dinsdag, 26 April, by Hamiltons RFC plaasgevind het. Na afloop van die proewe is Werner Steyn gekies om een van die Suidelike distrik-spanne by die volgende rondte proewe te verteenwoordig.
Baie geluk aan hierdie spelers en sterkte aan Werner!
Die O/11 en O/13-Jannies het Maandag, 6 September, teen Hamiltons RFC op hulle tuisveld in Groenpunt gespeel. Ons spelers het hierdie wedstryde terdeë geniet en die o/11’s en o/13’s kan hulself ongelukkig ag om 2 naelbytstryde te verloor.
Na ‘n lang wag van 2 jaar was die rugby-droogte eindelik gebreek. Ons het teen spanne van Laerskool Van Riebeeckstrand op hulle tuisvelde in Melkbosstrand gespeel.
Ons spelers het puik rugby in alle ouderdomsgroepe gespeel. Dit was vir die afrigters en spelers heerlik gewees om hul passie te kon uitleef en ons sien uit om die spelers in die tyd wat kom te sien ontwikkel.
Die uitslae vir die dag:
JvR O/9 A wen 10-1 teen VRS O/9 B
JvR O/9 B wen 4-2 teen VRS O/9 C
JvR O/11 A wen 33-0 teen VRS O/11B
JvR O/11 B wen 25-7 teen VRS O/10 B
JvR O/13 A wen 60 – teen VRS O/13 C in ‘n verkorte wedstryd.
Ons sal ouers in kennis stel wanneer ons die volgende wedstryde bevestig het.
Op Saterdag, 17 Augustus, het Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck die pad gevat na Moorreesburg om aan die jaarlikse Interskole te gaan deelneem. Hierdie is ‘n heerlike dag waarop beide skole deelneem. Die wind het ons hierdie jaar amper weggewaai, maar almal het dit steeds geniet.
Rugbyuitslae:
O/7 A verloor 2-4; O/7 B verloor 4-5
O/8 gelyk 0-0
O/9 A wen 5-0; O/9 B wen 1-0
O/11 A verloor 7-12
O/13 A verloor 12-29
Netbaluitslae:
O/9 A verloor 4-10; O/9 B wen 8-0
O/10 A wen 10-4; O/10 B verloor 5-9
O/12 A verloor 1-25; O/12 B verloor 0-12
O/13 A verloor 12 – 14; O/13 B wen 10-8
Rugbyuitslae:
O/7 A verloor 0-10; O/7 B wen 2-1
O/8 wen 3-1
O/9 A verloor 0-3; O/9 B verloor 1-5
O/11 A verloor 5-30
O/13 A verloor 0-45
Netbaluitslae:
O/9 A verloor 3-10; O/9 B verloor 1-9
O/10 A wen 5-3; O/10 B verloor 6-7
O/12 A verloor 4-20 vs. Welgemoed B; O/12 B verloor 1-12 vs. Welgemoed C
O/13 A verloor 15 – 23; O/13 B wen 5-3
Ons O/11 en O/13 rugbyspanne het Woensdag, 24 Julie, teen Laerskool Milnerton op die Conradieveld gespeel. Die weer het mooi saamgespeel vir die O/11 wedstryd, maar die O/13 span het omtrent geswem. Die manne en afrigters het nie vir die water geskrik nie en pragtige rugby gespeel.
Die uitslae:
O/11 A 34 – 0 (wen) vs. Milnerton
O/13 A 42-10 (wen) vs. Milnerton A
Ons moes ongelukkig die O/7 tot O/9 wedstryde uitstel omdat hulle (Minerton) veld nie die water genoeg dreineer het nie. Ons sal binnekort ‘n nuwe datum vir ouers stuur.
Ons O/7 tot O/9 rugby- en netbalspanne het op Saterdag, 20 Julie, aan Fanie Theron se Mini-Sporttoernooi deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag met lekker weer en goeie sportman(vrou)gees. Ons deel graag die uitslae:
O/7 A rugby: wen 6 – 2 vs. Destinatus, verloor 0-3 vs. Fanie Theron, wen 6-1 vs. Goodwood Park
O/7 B rugby: verloor 1 – 6 vs. Simonsberg; wen 5-1 vs.Fanie Theron
O/8 rugby: wen 2-0 vs. Goodwood Park; verloor 0 – 3 vs. Fanie Theron; wen 13-0 vs. Reddam House Durbanville
O/9 rugby: wen 3-0 vs. Destinatus; wen 5-0 vs. Bellville-Noord; verloor 0-1 vs.Fanie Theron
Ons maak as ‘n reël nie die tellings van die O/7 en O/8 spanne bekend nie omdat die fokus vir hierdie groepe op deelname val.
O/7 A & B netbal: Ongelukkig het hulle al hul wedstryde verloor, maar vir baie spelers in hierdie spanne was dit hul eerste wedstryde. Die dogters het hul soos dames gedra en ons skool se naam hoog gehou met hul pragtige maniere.
O/8 A & B netbal: Beide spanne wen al hul wedstryde vir die dag.
O/9 A netbal: wen 9-0 vs. Simonsberg; wen 10-0 vs. Destinatus; wen 8-0 vs. Reddam House Durbanville
O/9 B netbal: wen 5-0 vs. Simonsberg; wen 2-1 vs. Fanie Theron
Baie dankie aan almal wat die spelers op die dag kom ondersteun het. Dit was ‘n heerlike toernooi!
Die rugbyspanne het ook hierdie week wedstryde teen Curro Century City gespeel, maar hulle het weg gespeel. Dit het baie goed gegaan met al ons spanne.
Die uitslae:
O/7 A 4 – 0 (wen) vs. Curro Century City
O/8 A 8 – 4 (wen) vs. Curro Century City
O/9 A 6 – 0 (wen) vs. Curro Century City
O/11 A 10 – 10 (gelyk) vs. Curro Century City
O/13 A 21 – 0 (wen) vs. Curro Century City

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is om aan die Metro Geslote Skaakproewe deel te neem. Dit vind op 13 & 14 Maart by Hoërskool Fairmont, Durbanville plaas.
Emma Snijders (O/9 dogters); Petrus en Louis Bosman (O/11 seuns); Carla Snijders (O/13 dogters) en Jan Karsten (O/13 seuns).
Baie geluk aan Petrus en Louis Bosman wat hul Wes-Kaap kleure vir skaak ontvang het nadat hulle aan die Suid-Afrikaanse Skole Skaak Individuele Kampioenskappe in Kimberley van 17 tot 21 Julie deelgeneem het. Ons is baie trots op julle!
Baie geluk aan Louis Bosman (O/9), Jan Karsten (O/11) en Petrus Bosman (O/11) wat deel was van die WP (metro) Skole skaakspan. Die span het aan die Wes-Kaap Skole Skaak Proewe (provinsiale proewe) in Mosselbaai op 17- 19 Mei teen spanne van die Overberg, Kaapse Wynland, Weskus en Eden deelgeneem. Hulle verower almal hul WP (Provinsiale) kleure vir skaak.

Ons span het aan die O/13 gemengde afdeling deelgeneem. Dis die taaiste kompetisie. Die span het bestaan uit Jan Karsten, Bernard Lombaard, Liezel Snijders, Carla Snijders, Daniel Wasserman en Emma Snijders. Baie dankie aan Lucia de Jager en Kees Snijders wat die span vergesel het en opgetree het as spanbestuurders. Die kompetisie was straf, maar ons span het heel goed gevaar. Ons het 5 rondtes gespeel, 1 gewen, 2 gelykop gespeel en 2 verloor. Ons het algeheel 9de geëindig uit 14 skole. Ons is baie trots op ons span!
Op Donderdag, 22 Augustus, het ons O/13 gemengde span (Jan Karsten, Bernard Lombaard en Carla Snijders) teen Forres (weg) gespeel en gewen. Die O/11 gemengde span (Emma Snijders, Melandi du Plooy, Carter Schoeman en Ben Schoeman) het Vrydag, 23 Augustus (tuis) teen Forres gespeel en ongelukkig verloor.
Op Vrydag, 23 Augustus, het vier van ons leerders, Peet en Jan Karsten en Liezel en Carla Snijders, by Klein Boishaai skool in die Paarl aan hul jaarlikse skaaktoernooi deelgeneem en net-net in die laaste ronde teen Welgemoed verloor en tweede geëindig. Baie geluk julle!
Vrydag, 16 Augustus, het ons gemengde O/11 en O/13 spanne ligawedstryde teen St. Cyprians tuis gespeel. Die O/11 span het 2-4 verloor en die O/13 span het 6-0 gewen.
Ses van ons kinders het Donderdag, 15 Augustus, vriendskaplike wedstryde teen Panorama gespeel en gelykop met 3 elk geëindig. Die spelers was: Jan Karsten, Carla Snijders, Emma Snijders, Daniel Wasserman, Heino du Plooy en Melandi du Plooy.Baie geluk julle!
Ons O/13 gemengde skaakspan het op Saterdag, 20 Julie, aan die Distrik uitspeel rondte vir skole deelgeneem en het deurgedring na die Wes-Kaap rondte wat oor die naweek van 31 Aug – 2 Sep gaan plaasvind. Baie geluk aan die volgende leerders wat die skool verteenwoordig het:
Bernard Lombaard
Petrus Bosman
Jan Karsten
Liezel Snijders
Carla Snijders
Keegan Schoeman
Daniel Wasserman
Op Vrydag, 11 Februarie, kon ons vir ‘n slag ‘n volwaardige Senior swemgala aanbied. Dit was ‘n wonderlike geleentheid waar onderwysers, ouers en kinders weer saam goeie weer en uitstekende swemtalent kon waardeer. Baie dankie aan almal wat die dag deelgeneem het en elke ouer, oom, tannie, oupa, ouma en afrigter wat ons swemmers ondersteun het.
Baie geluk aan die volgende bekerwenners:
- Lisa-Marie Marais Beker (Junior dogter): Stella Pansegrouw
- Marie Louise Lubbe Beker (Junior seun): Delmar Benecke
- Hattingh Beker (Senior dogter): Sophia Liebenberg
- Riëtte van Reenen Beker (Senior seun): Daxton Liversage
Ons bied op Vrydag, 4 Maart, die Junior swemgala aan en sal daarna die Kleurspanwenners aankondig. Volg gerus die skakel vir die dag se uitslae van die top 6 per item.
Op Saterdag, 20 November, het Zuletha Ferreira (gr.5) aan die Velddrif myl deelgeneem. Deelnemers moes ‘n myl (1,6km) in die Port Owen kanale swem. Die watertemperatuur was tussen 15 en 17 grade, en die gety was in die guns van die deelnemers. Zuletha het in ‘n wetsuite geswem en dit was haar eerste oopwater swembyeenkoms.
Die helder water van ‘n swembad met lyne vir rigtingaanwysers is verruil vir donker koffiekleur, souterige water met seegrasse wat jou voete kielie. Zuletha was baie gelukkig om Kayla Stoffberg, ‘n voormalige Jannie wat tans matrikuleer by Hoërskool Jan van Riebeek, as swemmaat te kon hê. Zuletha het die myl (1,6km) in ‘n tydperk van 37:13 voltooi. Volgens ons navorsing was Zuletha een van die jongste deelnemers gewees. Daar het 27 vroue en 19 mans aan die Velddrif myl deelgeneem. Baie geluk Zuletha, jy sal verseker vir baie van die onderwysers en kinders in die skool wegswem.
Baie dankie aan almal wat ons Senior Gala, 14 Februarie en ons Junior Gala, 28 Februarie kom ondersteun het. Beide dae het baie goed verloop en ons is baie trots op almal. Ons het Dinsdag in die saal ons bekerwenners vir die Junior (O/10-O/11) en Seniorswemmers (O/12-O/13) aangekondig en sal dit ook op die webwerf deel.Baie geluk ook aan die Oranjespan wat vanjaar se wenner is !
Hier is die uitslae en nuwe rekords van die afgelope byeenkoms:
REKORDS EN UITSLAE 2020
Na afloop van beide kleurgalas deel ons graag die UITSLAE met julle. Die Juniorbekers word toegeken vanuit die O/10 & O/11 leerders.
Beste junior meisie: Lisa-Marie Marais-beker – Sophia Liebenberg.
Beste junior seun: Marie-Louise Lubbe-beker – Alexander Benecke.
Die Senior bekers word toegeken vanuit die O/12 & O/13 leerders.
Beste senior meisie: Hattingh-beker – Kianna-Gro Liversage.
Beste senior seun: Riëtte van Reenen-beker – Dawid Adler
Na die Junior gala het die spanne met 119 punte verskil: Blouspan 339 punte en die Oranjespan 458 punte. Na afloop van die Senior gala het die verskil bietjie gekrimp na slegs 100 punte: Blouspan 1072 punte en die Oranjespan 1172 punte. Die Oranjespan wen die Kleurgala! Baie geluk aan almal wat deelgeneem het. Daar is ses dogters wat ons in besonder wil bedank vir hulle wonderlike gedrag en die uitleef van die skool se waardes. Hulle het die hele dag (1 Maart) gesorg dat die beamptes genoeg het om te drink en ook rommel opgetel en so gehelp om ons skoolterrein skoon te hou: Jade Landsman, Lizaan Swarts, Berlin Colerich, Lameez Booysen, Layla Crouse en Kylie du Bruyn. Vir die uitslae van die dag, kliek op die SKAKEL.
Ons swemspan het Vrydag, 22 Februarie, aan die Kampsbaai Swemgala deelgeneem. Hierdie gala is ‘n aflosgala, dit beteken dat alle items wat plaasvind ‘n aflos formaat aanneem. Hulle het nie hierdie jaar ‘n algehele wenskool aangekondig nie, maar ons het 9 van die 28 items gewen. Die uitslae is aan ons in ‘n PDF formaat gestuur sonder enige posisies wat toegeken is, daarom is dit na die tyd ingeskryf:
20190227120430314

Al ses ons tennisspanne het op Woensdag, 16 Februarie, aan verskeie wedstryde deelgeneem. Die uitslae was soos volg:
Noord-liga
Seuns o/13 A [Dawid-Wiese Viljoen, Adriaan Wessels, Gustav Pansegrouw & John Gillmer] verloor 0 – 6 teen Welgemoed o/13 A-Seuns
Dogters o/13 A [Klara Maree, Stella Lamprecht, Katia van Wyk & Jeanne van Heerden] verloor 0 – 6 teen Welgemoed o/13 A-Dogters
Gemengde D-span [Johan Symington, Ané Swanepoel, Stella Pansegrouw & Daniel Welgemoed] wen 4-2 teen Vredekloof Gemengde A
Table View-liga
Gemengde 1ste span [André Marais, Stella Zulch, Anna Louw & Pierre-Jaque Smit] gelyk 3-3 teen Rallim
Gemengde 2de span [Jan-Willem Silvis, Noah Blomerus, Liza Hertzog & Cara Swanepoel] wen 5-1 teen CBC St. John’s
Seuns A [Rafa Lamprecht, Caleb Smit, Ruald naude & Thomas Boshoff] verloor 1-5 teen Elkanah House Senior
Baie dankie aan al die ouers wat help om ons spelers rond te ry en die onderwysers wat hulle elke week vergesel.
Op Woensdag, 9 Februarie, het vyf van ons tennisspanne op verskeie bane wedstryde gespeel. Dit het met die meeste van ons baie goed gegaan.
Noord-liga
Seuns o/13A: [Dawid-Wiese Viljoen, Adriaan Wessels, Gustav Pansegrouw & John Gillmer] verloor 1 – 5
Dogters o/13A: [Klara Maree, Stella Lamprecht, Katia van Wyk & Jeanne van Heerden] verloor 0 – 6. Klara Maree het ‘n uitstekende wedstryd gespeel. Haar enkels het omtrent ‘n uur geduur met 2 wedstrydpunte vir albei. Zane (van Gene Louw) is in die Top 30 van die WP-ranglys en Klara Maree het haar goed laat werk vir haar (Zane) se 6-5 wen.
Gemengde D-span: [Gustav van der Linde, Ané Swanepoel, Stella Pansegrouw & Jan-Willem Silvis] wen 5-1
Table View-liga
Gemengde 1ste span [Daniel Welgemoed, André Marais, Stella Zulch & Anna Louw] wen 6-1
Gemengde 2de span [Hila Hertzog, Emke van Wyk, Nils le Roux & Pierre-Jaque Smit] wen 5-1
Op Saterdag, 22 Januarie, is nie minder nie as nege van ons leerders tydens die Kaapse Metro (WP) Skole Tennis byeenkoms as deel van die span aangekondig. Hulle sal hul kleure op ‘n later stadium ontvang as hulle die span op die baan verteenwoordig het.
Baie geluk aan die volgende spelers:
O/11: Adriaan Wessels; Nils le Roux; Gustav van der Linde; Stella Pansegrouw; Jeanne van Heerden en Ané Swanepoel
O/12: Dawid-Wiese Viljoen
O/15: Mia Symington en Fredrich Erasmus (gr. 7-leerders van 2021)
Op Woensdag, 9 Februarie, sou die skool vir die eerste keer in sy Geskiedenis 6 spanne gehad het wat aan verskillende tenniswedstryde sou deelneem. Ongelukkig het die weer ander planne gehad en ons moes 5 van die spanne se wedstryde eers uitstel.
Drie van die spanne speel in die Noord-liga en 3 spanne speel in die Table View-liga. Ons gemengde D-span in die Noord-liga [Ané Swanepoel, Stella Pansegrouw, Daniel Welgemoed en André Marais] was op die ou einde van die dag die enigste span wat gespeel het. Die span het binne 45 minute met hulle dubbel- en enkelwedstryde teen Aristea afgereken en alles gewen. Baie geluk julle en dankie aan Juf. Maricqe Coetzer wat hulle vir die middag vergesel het.
Ons tennisprogram is besig om wonderlik by die skool te groei en ons begin stof in verskeie groter skole se oë skop. Elf van ons leerders (gr. 3 – 7) is genooi om die naweek aan Kaapstad (ou WP) proewe deel te neem.
Baie geluk aan die volgende leerders:
O/10:
Ané Swanepoel (gr. 4), Jeanne van Heerden (gr. 3), Stella Pansegrouw (gr. 3), Adriaan Wessels (gr. 4), Gustav van der Linde (gr. 4) en Nils le Roux (gr. 3)
O/11:
Klara Maree (gr. 5) en Dawid-Wiese Viljoen (gr. 5)
O/12:
Gustav Pansegrouw (gr. 6)
O/14:
Mia Symington (gr. 7) en Fredrich Erasmus (gr. 7)
Hulle ding mee om vir die 2022 Kaapse Metro Skole Tennis Spanne gekies te word. Baie sterkte aan elkeen van die spelers. Julle laat ons Jannie-harte baie trots klop.
Van ons ouer leerders het die naweek van 6 – 7 November hul Intersone uitspeelwedstryde voltooi. Die Suidelike seunspan (Medvedev) het uitstekend gevaar. Hulle het ongelukkig die goue medalje met 2 punte gemis.
Fredrich Erasmus het 7 uit 9 wedstryde gewen. Hy het 4 uit 6 van sy enkelwedstryde en al 3 dubbelswedstryde gewen. Spelers het op 15de November gehoor wie genooi is om aan die Kaapse Metro (ou WP) proewe in Desember deel te neem. Baie geluk aan Fredrich Erasmus en Mia Symington!


Ons o/13 Seuns en Dogters het die naweek van 24 Oktober aan die Westmann Tennistoernooi in Ceres deelgeneem. Na die reën van Saterdag het die weer mooi opgeklaar en Sondag was ‘n pragtige dag vir tennis. Die spelers was van vroeg die oggend tot laat die middag besig.
Uitslae 0/13:
Seuns
A afdeling: 1. Northern Super strikers, 2. Gene Louw, 3. Brackenfell, 4. Rijk Tulbagh, 5. Jan van Riebeeck
B afdeling: 1. Gene Louw B, 2. CT invit, 3. Hendrik Louw, 4. Brackenfell B, 5. Rijk Tulbagh
Dogters
A afdeling: 1. Northern Girls, 2. St Cyprians A, 3. Jan van Riebeeck, 4. Gene Louw A, 5. Eversdal Uitnod
B afdeling: 1. St Cyprians B, 2. CT Invitation
Baie dankie aan Ria Hertzog en Karien Zulch wat vir die dag as spanbestuurders opgetree het. Hulle is ook aangewys as die bes gekleede spanbestuurders vir die dag. Baie geluk aan ons dogters wat elk ‘n bronsmedalje gewen het en ‘n derde plek behaal het.