Ons is besonder trots op sewe van ons leerders wat gedurende die komende vakansie die Wes-Kaap by die Mzansi-toernooi in Bloemfontein gaan verteenwoordig. Hulle is:

  • Louis Crots
  • Martin Crots
  • Pieter-Steph Bothma
  • Robert Rand
  • Daniel Lawson
  • Natalie Lawson
  • Christina du Toit

Hierdie leerders is in hul onderskeie ouderdomsgroepe opgeneem en sal vir ’n volle week lank daagliks aan kompetisies deelneem. Die toernooi bied ook aan deelnemers die geleentheid om vir ’n uitnodiging na die geslote individuele Suid-Afrikaanse Kampioenskappe van 2027 te kwalifiseer.

Hoewel Daniel reeds tydens die amptelike proewe gekwalifiseer het, is die ander leerders later genader om die Wes-Kaapspanne te versterk nadat ander deelnemers om verskeie redes hul plekke beskikbaar gestel het. Om vir hierdie geleentheid gekies te word, is ’n besondere prestasie en ’n bewys van hul talent, toewyding en harde werk. Welgedaan, Jannies. Julle maak ons trots!