Category: Graad 1 Inligtingsblad

Voornemende Graad 1's: Graad 1-Dag
Gedurende die vierde kwartaal kom graad 1-leerders wat reeds ingeskryf is vir die volgende jaar, ons skool besoek. Die doel hiervan is dat hulle hul nuwe onderwyseresse ontmoet en ook vertroud raak met hul klaskamer, die skoolgebou, ander klasse en die speelgrond.
Daar word 'n spesiale aand vir voornemende graad 1's en hul ouers/voogde gereël om hul nuwe juffrou te ontmoet en saam te kuier tydens 'n piekniek.
Inligtingsaand
Die inligtingsaand vind vroeg in die eerste kwartaal vir graad 1-ouers plaas. Ouers sal tydens hierdie geleentheid al die nodige inligting vir hul kinders se graad 1-jaar ontvang. Sien die datum van die geleentheid regs.
Skryfbehoeftes
Skryfbehoeftepakkette word vir voornemende graad 1's beskikbaar gestel. Ouers kan dit in die 4de kwartaal voor hul kind graad 1 toe gaan, bestel. Dit sal reeds op die 1ste skooldag vir die leerder gereed wees.
Klerebank
Volg die skakel om inligting rakende die klerebank te sien.
Geen Inskrywings