Netbaluitslae: 2 Aug 2023
Woensdag, 2 Augustus, het Laerskool JvR teen Table View netbal gespeel. Dit was ‘n ongewone warm dag, maar die Jannies het nie opgegee nie. Laerskool Table View se o.12A-span is die nommer 1 span in die Wes-Kaap en gaan...
By Laerskool Jan van Riebeeck streef ons daarna om vir almal 'n liefde vir netbal te kweek. Ons visie en doelwit is om vir elke speler dieselfde geleenthede te skep binne ons en hul vermoë.
O/7 tot O/9 spelers neem aan mini-netbal deel. Hier is die fokus op deelname en die onwikkeling van vaardighede. Daar word nie eers tellings gepubliseer vir O/7 & O/8 wedstryde nie. Mini-netbal bepaal dat spelers gereeld van posisies verander. Die langtermyn idee hiervan is om spelers aan soveel moontlike posisies bloot te stel terwyl hulle nog leer.
O/10 - O/13 Spelers begin al in 'n meer gestruktureerde formaat in spanne speel.
Die o/11 A, O/12 A en O/13 A spanne se uitslae word gedurende die jaar gebruik om op 'n "log" in te vul. Aan die einde van seisoen bepaal die "log" wie eerste in ons groep skole is. Indien ons spanne dan eerste is gaan ons deur na die volgende rondte om op die ou einde in aanmerking te kom om aan die CTPSN (ou WP) se finale deel te neem.
Die ander O/10 tot 0/13 spanne se wedstryde is slegs vriendskaplik.
Woensdag, 2 Augustus, het Laerskool JvR teen Table View netbal gespeel. Dit was ‘n ongewone warm dag, maar die Jannies het nie opgegee nie. Laerskool Table View se o.12A-span is die nommer 1 span in die Wes-Kaap en gaan...
februarie 2024
maart 2024
april 2024
mei 2024
julie 2024
augustus 2024