Ons leerders het tydens Woensdag en Donderdag se interne redenaarskompetisie net weereens bewys dat ons Jannies kán redeneer, maar met behulp van argumente wat ondersteun word deur navorsing.
Graad 1 tot 7 het ons omtrent van verskeie onderwerpe oortuig; onder ander, dat kougom kou in die klaskamer voordelig vir ons leerders is, rekenaarspeletjies help met leer, is ‘n top 10 in laerskole regtig nodig? En selfs dat ritmes in die lewe jou help met breinontwikkeling!
Daar was nog vele meer insiggewende onderwerpe wat deur ons 23 deelnemers argumenteer is. Graad 6 en 7 leerders het onvoorbereide toesprake sowel as voorbereide toesprake gelewer. Hulle moes redeneer of kunsmatige intelligensie ‘n voordelige hulpmiddel in die klaskamer is.
Daar is albei dae van eksterne ATKV-beoordelaars gebruik gemaak en ons sprekers kon van hul repliek ook soveel waarde wegneem.
Ons sal binnekort die leerders wat ons skool by ATKV se eerste ronde gaan verteenwoordig, bekendmaak.
Welgedaan aan al die sprekers!
N.S. ‘n paar van ons leerders moes van die geleentheid gebruik maak om Mnr. Beets ook van ‘n paar dinge te oortuig… en hy het mooi na elkeen se argumente geluister.