Vakansiesorg
Ons sien met groot opgewondenheid uit daarna om weer hierdie vakansie vir ons leerders en hul ouers ’n lekker, veilige en sorgvrye Vakansiesorg-opsie te bied. Lees gerus verder vir alle praktiese reëlings en besonderhede....
Laerskool Jan van Riebeeck bied voldag asook halfdag nasorg aan.
Hoof: Madri Greyling
Aansoekvorm 2025: KLIEK HIER
Nasorg bekendstelling:
‘n Gelukkige tuiste weg van die huis.
Elke middag is vol lag, energie en lekker aktiwiteite. As jy verbyloop, hoor jy hoe die kinders fluister: “Mamma, kan ek nog ‘n rukkie kuier?”
Laerskool Jan van Riebeeck se nasorg skep ‘n plek waar leerders regtig hulself kan wees. Dit is ‘n ruimte waar ons skool se waardes geleef en uitgeoefen word. Ons skep ‘n omgewing waar leerders veilig voel, en ons wil ouers gerusstel dat hul kinders met liefde versorg word. Ons as nasorgspan gee opreg om oor elke leerder en maak elke middag – en elke lang dag – net ‘n bietjie helderder.
Hoekom verkies leerders om nasorg te doen?
Iris (Gr. 2): “Ek het maatjies by die nasorg en nie by die huis nie, want ek het nie ‘n boetie of ‘n sussie nie.”
Reuben Strydom (Gr. 1): “Ek speel lekker LEGO op die nasorg se nuwe LEGO-tafels.”
Eli van Wyk (Gr. 3): “As Mamma en Pappa my nie kom haal nie, weet ek ek kan na julle toe kom. Dit is lekker om huis toe te gaan en niks te hoef doen nie, want my huiswerk is klaar gedoen by die nasorg.”
Kyle Meissenheimer (Gr. 6): “Ek kan enige sport doen.”
Sofia Jooste (Gr. 5): “Ek het in die derde kwartaal by die skool begin, en nasorg het my gehelp om meer maats te maak.”
Max Batista (Gr. 7): “Ek doen nasorg vandat ek in Graad 1 is, en niks was nog ooit sleg nie. By die nasorg kry ek meer tyd saam met my vriende, want die skool se pouses is net te kort.”
Ariana Greyling (Gr. 4): “Ons kan verf, hula-hoepel, dans en boeke lees onder die bome.”
Leerders kan met gemak buitemuurse aktiwiteite bywoon. Ons bied studietyd en huiswerkklasse aan vir Graad 1 tot 7, asook lekker broodjies en aktiwiteite – daar is altyd iets om te doen!
Sosiaal versterk die nasorgomgewing vriendskappe wat oor graadgrense heen strek. Hierdie vriendskappe spoel oor na die speelgrond en die skool se gange. Onlangs is die nasorg opgeknap, en ons het groot planne om dit verder uit te brei tot voordeel van ons leerders. Die pragtige nuwe LEGO-tafels bied aan leerders die geleentheid om iets besonders te bou.
Hoekom verkies ouers dat leerders nasorg doen?
As julle luister na die leerders se terugvoer – hoekom dan nie? As julle ‘n plek soek waar julle kind emosioneel, intellektueel en sosiaal tuis kan voel, is ons nasorgsentrum die ideale keuse.
Ons bied voldag- of halfdag-opsies aan, en selfs besoekers is enige dag welkom om aan te sluit.
Neem asseblief kennis van die volgende:
Nasorgture:
- Voldag-nasorg: Tot 17:15
- Halfdag-nasorg: Tot 15:00
Huiswerk
Huiswerk word direk na skool gedoen, maar dit bly steeds hoofsaaklik die verantwoordlikheid van die ouer om seker te maak dit word gedoen.
Huiswerkklasse vind in twee groepe plaas:
Groep 1 (graad 1 & 2): Direk na skool soos leerders verdaag word
Groep 2 (graad 3 - 7): Tussen 15:00 en 16:00 vir leerders wat na skool aan sport deelneem
Hierdie diens dien bloot as hulp vir die werkende ouer, maar vervang nie die ouer se hulp en leiding tuis nie.
Insidente
Alle insidente word aangeteken. Leerders is nooit sonder toesig nie en ons probeer voorkomend optree om enige insidente te verhoed. Indien jou kind iets by die huis noem waaroor jy bekommerd is, vra ek dat jy dit asseblief onder my aandag sal bring deur met my te kom praat of ‘n e-pos na nasorg@jvrprim.co.za te stuur.
Optel van leerders
Alle leerders word op die agterste veld by Nuwe Kerkstraat opgetel. Ons is in noue kommunikasie met die terreinpersoneel wat ons sal laat weet wanneer ouers by die skool is om hul kind(ers) op te tel.
Die agterste hek sluit wel om 17:00, so enige leerders wat na 17:00 gehaal word, word by die Kloofstraathek opgetel.
My deur staan altyd oop en ek gesels en help graag. Hou asseblief die nuusbrief dop vir belangrike inligting en vra gerus indien daar enige onsekerhede is.
Madri Greyling
071 287 6579
nasorg@jvrprim.co.za
Ons sien met groot opgewondenheid uit daarna om weer hierdie vakansie vir ons leerders en hul ouers ’n lekker, veilige en sorgvrye Vakansiesorg-opsie te bied. Lees gerus verder vir alle praktiese reëlings en besonderhede....
Nasorg | Daagliks | Maand | Jaar |
---|---|---|---|
Voldag tot 17:15 (na 15:00 of gedeelte daarvan) | R1,334.50 | R13,345.00 | |
Halfdag tot 15:00 (of gedeelte daarvan) | R667.50 | R6,675.00 | |
Per dag (of gedeelte daarvan) | R100 |