Category: Kuns en Kultuur

Van ons leerders het aan die Kunstefees deelgeneem en uitstekend gevaar:
Thomas Holtzhausen – Klavier – 80%
Markus van Vuren – Klavier – 95%
Sabine Barnard – Klavier – 82%
Ruben de Ridder – Klavier – 90%
Leah de Kock – Klavier – 95%, 95%, 95%, 96%
Lisa van As – Klavier – 85% , 85%
Karu Rademeyer – Klavier – 84%
Karu Rademeyer – Sang – 84% , 87% ,92%
Pieter Rademeyer – Kitaar – 75%
Susie Samuel – Klavier – 82%, 85%, 96%
Daniela Boshoff – Sang – 85%, 90%
Thomas Boshoff – Sang – 85%
Ons is baie trots op julle! Baie geluk!
Thomas Boshoff het vir die Paarl Talentkompetisie wat in die nuusbrief geadverteer was, ingeskryf en baie goed presteer! Hy het die liedjie “Hey Soul Sister” van Train gesing en sy Ukulele gespeel. Hy is deur na die finale rondte. Baie geluk, Thomas! Hy gaan op 9 Augustus die bekendstelling van die finaliste funksie bywoon en op 27 Augustus vind die finale rondte plaas. Sterkte, Thomas. Ons hou vir jou duimvas!
Die Seniorkoor tree Dinsdagaand om 18:30 by die Groote Kerk aan die bo-punt van Adderleystraat by die Hoërskool se Koorfees op. Daar tree 4 skole op. Die program is nie baie lank nie en behoort teen 20:00 klaar te wees. Ouers wat nie kaartjies gekoop het nie, moet asb. die kinders nie later as 20:00 kom afhaal nie. Ons doen ‘n beroep op die ouers om tot aan die einde van die verrigtinge te bly.
- Koorlede sit as ‘n groep op die galery.
- Koordrag: Netjiese winterskooldrag. Geen truie of baadjies nie. Dogters dra swart kouse.
- Geen eet- en drinkgoed word in die kerk ingebring nie.
ONS IS TERUG!!
Die Hoërskool Jan van Riebeeck is baie opgewonde om weereens die TAFELBERG KOORFEES aan te bied op Dinsdag, 2 Augustus 2022. Na die afloop van ‘n baie suksesvolle fees in 2019, was ons baie opgewonde om weer hierdie besondere konsert aan te bied, maar die effek van die pandemie het ons gekeer. Hiermee is ons meer as net opgewonde vir die opkomende konsert!
Kom geniet ‘n aand van uitnemende koorsang in die Groote Kerk, Kaapstad.
Kaartjies beloop R80.
Moet nie hierdie besondere konsert misloop nie.
Sien jou daar! Volg die SKAKEL vir kaartjies.
Neem asb. kennis dat ons Seniorkoor op 2 Augustus by die Groote Kerk as deel van Hoërskool Jan van Riebeeck se koorfees optree.
Verdere kommunikasie en die program sal volg.
Hulle gaan ook soos volg oefen:
Vr., 22 Jul vanaf 07:45 – 08:45
Wo., 27 Jul vanaf 07:45 – 08:45
Do., 28 Jul vanaf 07:45 – 08:15
Di., 2 Aug vanaf 07:40 – 08:15 (Dus geen saal nie)
Die WKOD se jaarlikse kunskompetisie het hierdie jaar aanlyn in samewerking met die Nelson Mandela Universiteit plaasgevind. Die nasionale kunskompetisie is gemik op graad 7-12 leerders en ondersoek die raakpunte tussen Wiskunde en Kuns.
2022 se tema was “Mathematics: language of the Sciences” Leerders is uitgedaag om ‘n oorspronklike kunswerk te maak wat Wiskunde op ‘n kreatiewe manier met die tema verbind. Die kunswerk moes vergesel wees deur antwoorde op drie vrae:
1. Watter vorm van Wiskunde het jy in jou kunswerk gebruik?
2. Hoe het jy Wiskunde gebruik om by die tema “ Mathematics: language of the Sciences” aan te sluit?
3. Het jy iets nuut geleer tydens jou deelname aan hierdie kompetisie?
Baie geluk aan die volgende leerders:
Lara Basson
Mia Cruywagen
Helene Greeff
Liza Hitge
Adele Holtzhausen
Mïlla Joubert
Luja Marx
Kate Mouton
Cara Swanepoel
Nell von Lieres
Lara Warren
Die oorspronklike werke is hierdie week na die NMU in Gqeberha gestuur vir die semi-finale rondte van beoordeling. Ons leerders se entoesiasme en toewyding aan die projek het gelei tot hierdie groot prestasie. Ons hou duim vas vir die volgende rondte!
Baie geluk aan al ons dansers wat aan die Cape Town Eisteddfod 2022 deelgeneem het. Die dansers het hard gewerk en dansklasse is ingepas tussen vakansiedae, sport, studies en ander private en buitemuurse bedrywighede en beskikbaarheid van sale… , maar ons het deurgedruk. Ons skryf deels in vir die uitdaging, pret, om nuwe werk aan te leer en om danskennis te verbreed. Die voorgeskrewe danse is tegnies en verg ure se opleiding en oefen, maar dit was alles die moeite werd! Ons is trots op al ons dansers!
Uitslae:
4 MERITS 60…69%
20 HONOURS 70…84%
3 DIPLOMA 85…100%
3 FINALISTE
Christa -Bella Swart Gr.1
Gabriella Buckenham Gr.4
Michaan Naylor Gr.5
Welgedaan almal en dankie aan ons ouers wat ons so pragtig ondersteun en dansers getrou na oefentye kon bring. Hou die Kiek dop vir nog foto’s.
Verskeie Jannies van graad R tot graad 7 het verlede naweek in die Three Wishes for Cinderella balletkonsert by die Pam Golding Baxter Teater opgetree. Die groep meisies dans by die Cape Ballet Centre en die konsert se regie is deur Evelyne Aregger gedoen. Die dansers het maande lank geoefen en die opwinding was groot om vir drie vertonings op die Baxter se verhoog te kon dans. Die professionele produksie en oorverdowende applous het al hierdie harde werk die moeite werd gemaak!

Foto I:
Agter v.l.n.r.:
Larah Opperman (graad 5), Helene Greeff (graad 7), Chanelle van Wyk (graad 4), Anouk van der Linde (graad 3), Kate Mouton (graad 7), Katryn Silvis (graad 4).
Voor v.l.n.r.:
Amelie Mouton (graad 1), Inge Engelbrecht (graad 1), Eliana Greeff (graad R, Huppelland) en Mila Malan (graad 3)

Foto II: Olivia Faling (graad 1) en Kitty Partner (graad 1)
Belangrike Datums
augustus 2022
september 2022
oktober 2022
november 2022
desember 2022
januarie 2023
maart 2023
april 2023
mei 2023
junie 2023
julie 2023