‘n Paar jaar gelede het ons bewus geword van ‘n onrusbarende tendens, naamlik dat sommige aansoekers nie toelating tot ons skool kon aanvaar nie en die uitsluitlike rede was ‘n gebrek aan finansies. Die borg van ‘n leerder van Laerskool Jan van Riebeeck is ‘n waardevolle geskenk vir ons skool. Op die sportveld, in die klaskamer, en oral waar die skool met sy leerders teen ander kompeteer, kan hierdie geskenk daagliks van groot waarde vir jou Alma Mater wees.

Indien jy dit verkies, sal ons die besonderhede van jou borgskap as vertroulik hanteer. Ons onderneem om jou elke kwartaal te voorsien van ‘n vorderingsverslag van die leerder se akademiese vordering asook sy / haar prestasies.

Vir donasies meer as R 1 000 sal ons jou voorsien van ‘n Artikel 18A-sertifikaat vir belastingdoeleindes.
Vir enige verdere navrae, kontak Naas Beets by skoolhoof@jvrprim.co.za.