Kategorie: Zen Den Gesels

Zen Den-Gesels

Opname oor besprekingsonderwerpe

Ons poog om soveel moontlik inligting in hierdie rubriek te publiseer sodat ons broodnodige leiding en ondersteuning aan ieder en elk kan voorsien wat dit benodig of vir wie dit interesseer. Vandag wil ons by jou hoor of daar ‘n onderwerp is waaroor jy graag meer wil uitvind  OF dalk het jy ‘n goeie idee(s) waarvan ouers meer wil hoor wat ons nog nie bespreek het nie. Vertel ons meer...

Lees Verder

Zen Den-gesels: Leesmodel 3: “Simple View of Reading”

Leesmodel: “Simple View of Reading” Die “Simple View of Reading” teorie is ontwikkel deur Philip B. Gough en William E. Tunmer om vaardighede te identifiseer wat ‘n rol speel in die vroeë ontwikkeling van leesbegrip. Volgens die oorspronklike teorie is daar twee leesvaardighede nodig om leesbegrip te bevorder, naamlik: dekodering en taalbegrip. Dekodering verwys na die vermoë om geskrewe woorde akkuraat te herken en uit te spreek en taalbegrip is die vermoë om woorde in sinne te verstaan. Hierdie teorie beweer dat bogenoemde twee vaardighede die grootste bepalende faktore in leesbegrip is. Die model stel leesbegrip voor deur die volgende formule: Dekodering x Taalbegrip = Leesbegrip Bogenoemde formule impliseer dat beide dekodering en taalbegrip noodsaaklik is vir effektiewe leesbegrip. Indien een van die komponente 0 is, sal leesbegrip ook 0 wees. Alhoewel die model goed deur navorsing ondersteun word, moet ons dit as ‘n kognitiewe teorie sien en nie ‘n allesomvattende model nie. Die model word die beste toegepas in moedertaalonderrig. Ouers speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van bogenoemde vaardighede om leesbegrip by kinders te bevorder en kan die vaardighede op die volgende praktiese maniere toepas. Dekodering Gebruik flitskaarte met letters en woorde. Vra jou kind om die klank te noem wat by elke letter pas. Saamlees Lees elke dag saam met jou kind ‘n paragraaf uit ‘n leesboek. Die saamlees werk soos volg:  As ouer lees...

Lees Verder

Leesmodel 2: Die Leestou

Die leesmodel “Reading Rope” Lees is een van die belangrikste vaardighede wat kinders in die laerskool aanleer. Dit is nie net een enkele vaardigheid nie. Dit bestaan uit ‘n kombinasie van verskillende prosesse wat saamwerk om begrip en leesvlotheid te ontwikkel. Die leesmodel “Reading Rope” is deur Dr. Hollis Scarborough gedurende die 1990’s ontwikkel. “Scarborough’s Reading Rope” is een van die mees toeganklike benaderings wat die komplekse prosesse van lees verduidelik. Die model gee ‘n duidelike raamwerk van die verskillende leeskomponente. Scarborough’s se leesmodel stel ‘n visuele model voor wat verduidelik hoe verskillende leesvaardighede saamwerk om leesvlotheid en begrip...

Lees Verder

Die brein en lees (model 1)

Gedurende die volgende drie weke gaan ons die klem op leesontwikkeling plaas. Inligting rakende die verskillende leesmodelle sal bespreek word. Hierdie week se leesmodel: Duke & Cartwright (2021) se “Active View of Reading” Lees is ‘n komplekse proses wat baie dele van die brein gebruik. Onlangs het ons in die media gehoor dat meer as 80% van die leerders in graad 4 nie met begrip kan lees nie. Lees is nie ‘n natuurlike vaardigheid wat kinders aanleer soos byvoorbeeld praat of loop nie. Lees is ‘n komplekse kognitiewe proses wat die brein aanleer. Tydens lees word baie verskillende dele van die brein gebruik. Die volgende vier hoofareas word tydens lees gebruik: * Frontale lob: Die area van die brein help leerders om woorde vinnig te herken sonder om elke letter individueel te dekodeer. * Pariëntale lob: Sensoriese bewustheid vind hier plaas. Leerders gebruik die deel van die brein vir fonologiese bewustheid. Om bewus te word van die klanke van letters en om visueel die letters te herken. * Oksipitale lob: Die gedeelte word gebruik vir visuele herkenning van woorde; visuele geheue; leesspoed en visuele diskriminasie. * Temporale lob: Die area van die brein help leerders om letters en klanke te verbind. ‘n Sleutelvaardigheid vir dekodering. Die deel help ook met die betekenis van woorde en sinne. Volgens Duke & Cartwright (2021) se “Active View of Reading” is lees nie...

Lees Verder

Die wonderwêreld van disleksie

Vir die brein om letters in die korrekte volgorde te sien, te prosesseer en dan te verseker dat dit geïnterpreteer word om ‘n woord korrek te lees, uit te spreek en te skryf, is vir sommige mense ‘n ontsettende uitdaging. Om ‘n kind(ers) met disleksie groot te maak in ‘n wêreld waar daar aangeneem word dat almal ewe goed kan lees, skryf en praat is ‘n moeilike berg om uit te klim. Hierdie diagnose kan jou alleen en moedeloos laat voel totdat jy besef dat daar vreeslik baie ouers is wat in dieselfde bootjie sit. Die idee dat jou kind(ers) nie alleen hierdie reis hoef aan te pak nie, is ‘n gerusstellende gedagte. Kennis en kundigheid word daagliks oor disleksie ingewin en uitgebrei aangesien ons hier by LS JvR besef dat hier heelwat Jannies met disleksie gediagnoseer word.  Dis ‘n lewenslange reis wat by ons as skoolgemeenskap begin om ons kinders op te voed om met hulself en hul maats wat moontlik disleksie het, grasie en begrip te hê. Hierdie diagnose (disleksie), net soos soveel ander, lyk by elke leerder anders. Dis dus baie moeilik om soms agter te kom dat jou kind moontlik simptome van disleksie het. Die brein is ongelooflik en vind maniere om hierdie simptome te omseil en weg te steek daarom blyk dit nie by almal so ooglopend te wees nie.  Indien ‘n onderwyser op...

Lees Verder
Loading