Kultuurbedrywighede is deel van ons skool se daaglikse program, maar as deel van ons strewe om vir die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck ‘n gebalanseerde keuse te bied, word verskeie kuns en kultuur aktiwiteite as buitemuurse bedrywighede aangebied.

Musiek, drama, dans en kuns word aangebied en hieruit vloei konserte, Eistedfodd, uitstallings en openbare optredes. Die leerders wat hiervan gebruik maak se selfvertroue kry ‘n hupstoot en hulle kry geleentheid om hul talente te ontwikkel.

Kuns en Kultuur Nuus

Junior Koor Oudisies

Die Junior Koor verwelkom nuwe lede om aan die begin van kwartaal 4 by die junior koor aan te sluit! Daar lê opwindende geleenthede in kwartaal 4 vir die Junior Koor voor, soos ’n “Choir Mingle” saam met St Cyprian’s en die Kerskonsert wat jaarliks ’n hoogtepunt op ons kalender is.   Juf Bea doen oudisies vanaf Maandag, 14 September, tot Vrydag, 18 September. Ons sal deur die loop van die week by die klasse om gaan en belangstellende leerders uitnooi vir die oudisie!   Kontak gerus vir juf Bea met enige verdere vrae....

JUNIOR KOOR: Kaapse Afrikaanse Eisteddfod

Die Junior Koor neem volgende week vir die eerste keer aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod se Koorsang afdeling deel. Ons kan nie wag nie!   Hier volg die reëlings:   Datum: Dinsdag, 8 September Plek: Laerskool Simon van der Stel Vervoer:  * Die bus vertrek stiptelik om 14h30 vanaf die agterste parkeerarea van die skool. Wees reeds 14h15 daar, asb. * Die koor neem 16h00 deel, en ons kom direk daarna terug skool toe. * Ons behoort op die laatste weer 17h15 terug by die skool te wees. Ons sal ’n WA op die Junior Koor WA-groep stuur sodra ons by Simon van der Stel vertrek. Kleredrag: Skoolsweetpak (top met die oranje strepies), skoolhemp, wit tekkies en sokkies. Kos: Pak gerus gesonde peuselhappies en water in vir die busrit.   Kontak vir juf Rolene met enige...

Orkeswerkswinkel saam met Somerset House

Ons stryk- en houtblaasensembles gaan Saterdag, 12 September, aan ’n orkeswerkswinkel saam met leerders van Somerset House deelneem. Daar sal ook van ons senior musiekleerders by marimbagroepe vir die oggend inskakel. Dit beloof om ’n heerlike oggend van saam musiek maak te wees!    Hier volg meer spesifieke reëlings:   09h30 - 10h15: Sessie 1 10h30 - 11h15: Sessie 2  12h00 - 13h00: Konsert   Datum: Saterdag, 12 September Tyd: 09h30 - 13h00 Plek: Somerset House Preparatory School   Ouers, familie, en vriende is BAIE welkom om die konsert by te woon, 12h00 - 13h00.    Daar sal busvervoer wees. Die bus vertrek stiptelik om 08h15 vanaf die skool en sal na afloop van die konsert weer terug kom skool toe.   Kontak gerus vir juf. Rolene met enige verdere vrae....

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 8 September

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 8 September, in die NASORG plaas.    Die volgende leerders tree op:   Floris Müller - klavier Jude Murray - kitaar Natalie Lawson - saksofoon Benjie Ntloko en Aiden Cronje - klarinetduet Clara Wiese - sang Clara Wiese en Lua Groenewald - sangduet Alida Loubser - sang Joris le Roux - klavier Liliana Hartman - klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h30 in die Nasorg met hul instrument aan. Juf. Bea en/of mnr. Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon.  * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom - die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 - 08h30 Plek: Nasorg...

Koor Piekniek: 3 September 2026

  Kom kuier saam met die Jiřičky Jeugkoor en kore van Hoër- en Laerskool JvR!    Datum: Donderdag, 3 September Plek: Klubhuis, Boshoffveld Tyd: 16h30 - 19h00   Bring jou eie piekniekmandjie en kombers. Daar sal ’n vuurtjie wees as jy graag iets wil...

Jiřičky Jeugkoor van Praag deel ‘n verhoog met JvR Kore

Ons nooi almal hartlik uit na 'n besonderse koorkonsert op Woensdag, 2 September, waar ons Junior- en Senior Koor die verhoog met die Jiřičky Jeugkoor van Praag (Tsjeggië) en die Hoërskool Jan van Riebeeck koor deel. Die konsert vind om 18:00 by die NG Kerk Tamboerskloof plaas. Toegang is gratis, en dit beloof om 'n aand van uitsonderlike koormusiek en internasionale samewerking te wees. Kom ondersteun ons Jannies en geniet hierdie unieke musikale ervaring saam met...

CSA Cape Studio Assessment – 30 Augustus 2026

Barbara Schreuder Dansskool nooi almal hartlik uit om ons talentvolle dansers te kom ondersteun tydens die CSA Cape Studio Assessment op Sondag, 30 Augustus 2026 by JvR Laerskool. Dansers sal ongeveer ses moderne en kontemporêre danse en bewegingsreekse uitvoer wat spesiaal vir hul ouderdom en vlak gechoreografeer is. Hierdie informele geleentheid bied ouers, familie en vriende die geleentheid om die dansers se harde werk en pragtige optredes te geniet. Program A: 10:00 Program B: 14:15 Parkering is agter die skool beskikbaar. Toegang: Volwassenes: R70 Skoolgaande kinders: R40 Betaling kan kontant by die deur of via EFT na die FNB Studio-rekening geskied. Aan die einde van die assessering ontvang alle dansers 'n sertifikaat en 'n verslag met opbouende kommentaar. Dansers van Graad 4 tot 11 kan ook, op versoek, 'n amptelike gradering ontvang. Vir meer inligting, kontak Barbie by 072 454...

Senior Koor tree op by In Harmony saam met die Tygerberg Kinderkoor

Die Senior Koor tree eerskomende Sondag, 16 Augusuts, in die Kaapstadse Stadsaal saam met die Tygerberg Kinderkoor en kore van Laerskool Durbanville, Laerskool Panorama en Laerskool Pinehurst op. Dit is ’n glansgeleentheid waarna die koor baie uitsien!   Ons nooi die Jannie-gemeenskap uit om die koor te ondersteun - sien die skakel vir kaartjieverkope: https://www.facebook.com/share/p/1CrCw8A6k6/...

JanArte Kunstefees: Ons leerders neem deel en presteer!

Baie geluk aan al die Jannies wat aan die JanArte Kunstefees deelgeneem het. Ons is baie trots op julle. Instrumentaal: Solo's Izak Steyn (klavier) Goud+ Emma-Jane Wilke (viool) Goud+ Joan van Vreden (saksofoon) Goud Matthias Barkhuizen (klarinet) Goud+ Aiden Cronje (klarinet) Goud Olivia Blackmore (saksofoon) Silwer Henry Jordaan (tjello) Diploma Louis Hofmeyer (klavier) Goud+ Pierre du Toit (klavier) Diploma | Diploma | Diploma Antjie Samuel (klavier) Diploma | Diploma Anna Leach (viool) Goud+ Peter More (viool) Goud | Goud+ Frannie Samuel (klavier) Diploma | Diploma Ella van der Walt (klavier) Goud+ | Diploma Hanna Thom (klavier) Goud+ | Goud+ Natalie Lawson (klavier) Silwer Lukas Venter (klavier) Diploma Jacob Venter (viool) Silwer Elsie Janse van Rensburg (klavier) Goud+ Michaela Lawson (klavier) Goud Olivia Blackmore (klavier) Goud Natalie Lawson (saksofoon) Goud Lukas Venter (saksofoon) Goud+ Deon de Kock (saksofoon) Diploma Micah Nikiforos (saksofoon) Goud+ Jamie Jordaan (klarinet) Goud+ Benjie Ntloko (klarinet) Diploma Ben Ward (trom) Goud+ Jack Theron (trom) Diploma | Diploma Dane Botha (elektriese kitaar) Diploma Alexander Styan (elektriese kitaar) Diploma Pieter Rademeyer (elektriese kitaar) Diploma Instrumentaal: Ensembles Jacques du Toit en Luka Lonte (klavierduet) Goud+ Olivia Blackmore en Joan van Vreden (saksofoonduet) Goud Bentjie Ntloko, Aiden Cronje, Matthias Barkhuizen (klarinettrio) Goud+ Natalie Lawson, Lukas Venter, Micah Nikiforos (saksofoontrio) Diploma Coreen Scholtz, Jacob Venter, Anna Leach (viooltrio) Goud Houtblaasensemble Diploma Dané Walker, Jenna Erasmus, Jamie Jordaan, Benjie Ntloko, Lukas van der Westhuizen, Lukas Venter, Natalie Lawson, Deon de Kock, Micah Nikiforos, Beulah Magerman. Sang: Solo Lucy le Roux Diploma Ella van der Walt Silwer | Goud | Goud+ Alida Loubser Goud+ | Goud+ Sang: Ensembles Almal slaag met Diplomas Groep...

Addisionele vakke

Kuns en Kultuur Aktiwiteite

Eisteddfod

Ons skool neem jaarliks aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deel.

Kategorieë: Voordrag van gedigte, onvoorbereide lees, prosa, mimiek, spreekkoor, solosang, klavier, blokfluit en kuns.

Kuns

Leerders ontvang tweeweekliks kunsonderrig in die kunsklas. Die kinders se kunswerke word op ‘n deurlopende basis in die skoolgange uitgestal en is ook dikwels die fokus van spesiale uitstallings in die skool se voorportaal.

Jannies Talentaand

Jannies Talent is ‘n heerlike informele aand waar ons eie Jannies hulle spesiale talente kom vertoon.

Koor

Ons skool het twee kore nl. Juniorkoor (Gr 1-3) en Seniorkoor (Gr 4-7).

Die kore tree by koorfeeste, kerke en skoolfunksies op.

Musiek

Leerders ontvang by ons skool onderrig in klavier, sang, blokfluit, musiekteorie, kitaar, viool en ukelele. Daar is geleentheid om in te skryf vir eksterne eksamens van Unisa, Royal Schools of Trinity College asook die Eisteddfod.

Die musiekleerders hou elke jaar twee musiekkonserte in die skoolsaal.

Die Suidooster

Die skoolkoerant, die Suidooster, verskyn aan die einde van elke kwartaal. Graad 7- en 6-leerders dien op die redaksie.

Redenaars

Leerders vanaf Graad 4-7 kry die geleentheid om aan redenaars deel te neem. Met die nodige afrigting en voorbereiding neem ons ook aan die ATKV-redenaarskompetisie deel. Ons leerlinge het die afgelope paar jaar deurgedring na die finale rondte in die Wes-Kaap waar van hulle ook onder die top-10 geëindig het.

Konsert

Ons hou elke tweede jaar konsert waaraan die hele skool deelneem. Die konsert bied al die leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit ook op kultuurvlak uit te leef.

Privaat Buitemuurse Kultuuraktiwiteite

Aktiwiteit Tye Kontakpersoon Kontakbesonderhede
Drama Jana Nel jana@jvrprim.co.za
Kuns Gr. 2-3 Do.; Gr. 4-7 Ma. & Di. Rentia van der Merwe emmarentia8@gmail.com
Moderne Dans Kontak vir tye. Barbara Schreuder barbie.schreuder.dance@gmail.com
Naaldwerk Kontak vir tye. Marianne Conradie & Suzaan Burger lawwelappe@gmail.com
Klavier Kontak vir tye. Estelle Slabber eslabber@gmail.com
Kitaar & Ukelele Kontak vir tye. Shaun Berry shaunberry14@gmail.com
Viool Kontak vir tye. Hannelize Gravell hannelizegravell@gmail.com
Canvas Klub Kontak vir tye. Christelle Janse van Rensburg www.canvas.club | 084 595 5007