Ons doelwit vir die toekoms is om vir alle leerders groter praktiese blootstelling aan kodering en robotika en die onderliggende vaardighede soos logika, algoritme ontwerp en programmering te gee, met ‘n aanslag wat vir kinders pret en opwindend is. Leerders gaan blootstelling kry aan die ontwerp, konstruksie, werking en gebruik van robotte deur die programmering van ‘n rekenaar om spesifieke take te verrig.

Integrasie met ander vakke help verder met fundamentele vaslegging. Beide digitale geletterdheid en kodering en robotika word aangepak gedagtig aan die Departement van Basiese Onderwys se konsepkurrikulum vir Kodering en Robotika.

Nuwe elektronika vir Kodering en Robotika

Opgewondenheid gons in die Kodering en Robotikaklas! Ons het gister ‘n pakkie vanuit Nederland ontvang wat aan Laerskool Jan van Riebeeck deur Plumpot Academy met JP Potgieter as kontakpersoon geborg is. Die pakkie bevat eerste-in-sy-soort elektronika wat spesiaal vir ons skool ontwerp is. Die ontwerp gaan leerders help om die toepassingsvaardighede beter te verstaan. Die skool se wapen is selfs op elke PCB (Printed circuit boards) aangebring! Dit dra by tot ‘n positiewe ingesteldheid teenoor die leerarea. Kodering en Robotika het vyf verskillende fokusareas en een van hulle is robotika. Elektronika vorm deel van hierdie toepassingsvaardighede. Elke graad het ‘n projek wat spesifiek op die KABV (kurrikulum) gebaseer is.   Ons is die eerste skool in Suid-Afrika wat hierdie spesifieke hulpbronne gaan gebruik. Ons sien uit na die verdere ontwikkeling van hierdie leerarea onder leiding van juf. Suné...

Navorsing in Rekenaarlokaal

Ons rekenaarlokaal is in die middae vanaf 14:15 tot 15:00 vir leerders beskikbaar om navorsing vir take te doen, prente te soek of om take te voltooi. Maak van hierdie diens gebruik indien julle nie / nie genoeg rekenaars by die huis het nie of as jou kind(ers) beter gaan werk in 'n klaskamer opset. Suzaan Burger hou toesig. Laat weet ook gerus indien julle 'n spesiale reëling wil tref, bv. as 'n leerder langer wil bly om 'n taak klaar te maak:...

Kodering by JvR

Die onderwysers het verlede week 'n koderingsessie bygewoon waartydens hulle vir 'n uur lank (hour of code) op Code.org d.m.v. "block coding" basiese koderingkonsepte geleer het. Dit was die eerste van nog vele sessies en ons beoog om te begin om hierdie koderingkonsepte te integreer in ons klasse. Ons sal van volgende jaar af ook Robotika as deel van die rekenaarkurrikulum aanbied. Vir meer inligting rondom kodering vir kinders, kliek HIER. Indien jy self wil gaan loer na Code.org, kliek HIER. Scratch is nog 'n gratis aanlynprogram waarin leerders hul eie koderingprojekte kan aanpak: Kliek HIER. Om te sien wat ons tans in die rekenaarklas doen, kliek HIER. Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan...

Rekenaarklasse 2019

Ons het 'n dokument (Google Form) saamgestel om jou as ouer in te lig oor wat ons tans in die rekenaarklas doen. Aan die einde van die dokument is daar 'n gedeelte waar jy as ouer kommentaar kan lewer of voorstelle kan maak. Lees asb. eers deur die dokument voordat jy die kommentaar gedeelte invul. Kliek HIER vir die...

Rekenaarklasse Gr.R – Gr.4

Hierdie is in verband met wat tans in die rekenaarklas gebeur vir Gr.R tot Gr.4 en wat ons beoog om in die toekoms te implementeer. Die basis waarop Gr.R tot Gr.4 tans werk is die Office pakket (Word, Excel, Power Point, Paint en Publisher). Hierdie programme word gebruik om (geïntegreerd met klaswerk) rekenaar-, muis-, en sleutelbordvaardighede aan te leer, in te oefen en prakties toe te pas. Hiermee saam word navorsingsprogramme soos Encarta, KidsCD en Google gebruik. Ons maak ook van Computers4kids gebruik wat alreeds geïntegreerde lesse uitgewerk het en wat dan toegepas kan word. ‘n Voorbeeld van ‘n geïntegreerde les: Gr.4 behandel die vorms van water in die klas en in die rekenaarklas maak hulle gebruik van Power Point om ‘n skyfievertoning oor die vorms van water te doen. Hulle gebruik Google vir navorsing en grafika. Hierdie skyfies word in hul gewone klas aan medeklasmaats vertoon. Daar word ook tikvaardighede ingewerk, maar daar is te min tyd om behoorlik hieraan aandag te gee. Dit is aan te bevele dat leerders tuis sal oefen aan hulle tikvaardighede. Ons het van die begin van die tweede kwartaal af Chromebooks in die rekenaarklas gekry. Die oorgang van die Thin Clients rekenaars na die Chromebooks is reeds vir Gr.5 tot 7 gemaak. Ons gaan egter eers volgende jaar daardie oorgang vir Gr.1-4 maak. Die Chromebooks vereis van elke leerder om ‘n e-posadres en wagwoord te hê om enigsins in te teken. Daar is reeds vir alle leerders e-posadresse geskep, maar Gr.1-4 gaan dit eers van volgende jaar af begin gebruik. Chromebooks kan nie Office aflaai nie, dit is Google gebaseer. Wanneer hulle...

Rekenaarklasse Gr.5 – Gr.7

Aangesien ons Google gebaseer is, maak ons gebruik van Google om dokumente te skep, take te doen en inligting te soek (Google Docs, Google Classroom, Google Slides ens.). Die skool is besig om alle rekenaars waarop die leerders werk met Chromebooks te vervang. Om die Chromebook te kan gebruik, moet leerders van e-posadresse gebruik maak om in te teken. Die eerste stap was dus om vir alle leerders e-posadresse te skep. Vir veiligheidsredes het ons die leerders se eerste drie letters van hulle naam en die eerste drie letters van hulle van gebruik om e-posse met die skool se domain saam te stel. Bv. as die leerder se naam Piet van Rensburg is, sal sy e-pos wees pievan@jvrprim.co.za. Die naam wat aan die e-pos gekoppel is, is ook slegs die eerste drie letters van hulle naam en die eerste drie letters van hulle van. Ons het alles in plek gestel om dit veilig vir ons leerders te maak. Alle e-posse en aktiwiteite wat die leerders op die Chromebooks doen word gemonitor. Ons fokus op internetveiligheid sodat leerders bewus is van die gevare. Ons sal ondersteuning van jou as ouer waardeer in hierdie opsig. Ons leer leerders ook tikvaardighede aan. Daar is gratis programme op die internet beskikbaar (bv. http://www.typingstudy.com/) wat hulle help om dit te bemeester. Indien moontlik kan julle dit by die huis ook oefen, want ons het nie altyd genoeg tyd in die klas om te oefen nie. Ons beoog om volgende jaar van Gr.1 af leerders aan Chromebooks en Google Apps bloot te stel. Dit beteken dat ons meer tyd gaan hê om leerders van Gr.5...

Belangrike vaardighede wat aangeleer word, sluit in:

  • Probleemoplossing
  • Beplanning
  • Analitiese en kritiese denke
  • Kreatiwiteit
  • Spanwerk en sosiale vaardighede
  • Redeneringsvermoë
  • Begrip vir deeglikheid en beoefening van geduld
  • Selfvertroue en leierseienskappe
  • Alledaagse genot met die gebruik van moderne tegnologie.