Ons doelwit vir die toekoms is om vir alle leerders groter praktiese blootstelling aan kodering en robotika en die onderliggende vaardighede soos logika, algoritme ontwerp en programmering te gee, met ‘n aanslag wat vir kinders pret en opwindend is. Leerders gaan blootstelling kry aan die ontwerp, konstruksie, werking en gebruik van robotte deur die programmering van ‘n rekenaar om spesifieke take te verrig.

Integrasie met ander vakke help verder met fundamentele vaslegging. Beide digitale geletterdheid en kodering en robotika word aangepak gedagtig aan die Departement van Basiese Onderwys se konsepkurrikulum vir Kodering en Robotika.

Redenaars: ATKV eerste rondte

Die afgelope twee weke was daar behoorlik geredeneer! Ons Graad 3 - 7-leerders het met groot entoesiasme aan ons jaarlikse interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons oortuig met uiteenlopende en prikkelende onderwerpe – van huiswerk wat dalk eerder die pad moet vat, tot KI wat té veel in sport inmeng, Afrikaanse lirieke wat ons soms in die steek laat en selfs die stelling dat skaak ’n beter opsie as ander buitemuurse aktiwiteite is. Dit was ’n voorreg om ons leerders se deurdagte menings te hoor en hul selfvertroue en spreekvaardighede op die verhoog te beleef. Hulle het nie net sterk argumente gelewer nie, maar ook gewys dat hulle met respek kan verskil en hul standpunte met oortuiging kan verdedig. Baie geluk aan die volgende deelnemers wat ons skool met trots tydens die ATKV se eerste rondte in April gaan verteenwoordig: Pieter-Steph Bothma  Izak Steyn  Lua Groenewald  Pieter Derksen  Henry Jordaan  Christina du Toit  Amalie Janse van Rensburg  Mia Bothma  Stef Nel  Antjie Samuel  Nina Bremer  Chris Derksen  Ella van der Walt   Alida Loubser  Pieter Rademeyer  Bella Naylor  Ons is baie trots op...

REDENAARS 2026

Raak deel van die Redenaars WhatsApp-groep om alle inligting rakende volgende jaar se redenaars te ontvang. Alle kommunikasie sal daar plaasvind. Gaan na ons LsJvR Community en soek die groep Redenaars (Ls JvR)   Vul asseblief die vorm in indien jou kind in Redenaars 2026 belangstel: REDENAARS 2026 – Fill out form  Hier is die kompetisiedatums asook inligtingsessie se datum wat in die eerste week van skool plaasvind. Dagboek asseblief hierdie datum! [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/11/Redenaars-kompetisie-inligting-2026.pdf" title="Redenaars -kompetisie inligting...

Digitale Geletterdheid: Wat het ons in kwartaal 1 geleer?

Hierdie kwartaal in Digitale Geletterdheid het ons oor 'n paar interessante aspekte van rekenaars en digitale toestelle gepraat. Een van die temas wat die meeste uitgestaan het, was die Graad 5's se gebruike van die internet. Hier het die leerders geleer wat die voordele van die internet is, hoe om veilig te wees wanneer jy aanlyn werk en ook wat die gevare van aanlyn speletjies en toepassings is. Ons het nie net teorie geleer nie, maar ook prakties op die tablette gewerk. Een van die lesse wat uitgestaan het, was toe die Graad 3's 'n tikvaardigheid-aktiwiteit gedoen het. Dit was so mooi om te sien hoe hulle mekaar gehelp het, as een sukkel om 'n spesifieke letter te vind. Hulle het baie hard gekonsentreer om op die sleutelbord te tik en seker te maak hul tik met die regte vingers op die regte knoppies. Ons sien uit na nog 'n klomp lekker temas vir Kwartaal 2 in Digitale Geletterdheid....

Nuwe elektronika vir Kodering en Robotika

Opgewondenheid gons in die Kodering en Robotikaklas! Ons het gister ‘n pakkie vanuit Nederland ontvang wat aan Laerskool Jan van Riebeeck deur Plumpot Academy met JP Potgieter as kontakpersoon geborg is. Die pakkie bevat eerste-in-sy-soort elektronika wat spesiaal vir ons skool ontwerp is. Die ontwerp gaan leerders help om die toepassingsvaardighede beter te verstaan. Die skool se wapen is selfs op elke PCB (Printed circuit boards) aangebring! Dit dra by tot ‘n positiewe ingesteldheid teenoor die leerarea. Kodering en Robotika het vyf verskillende fokusareas en een van hulle is robotika. Elektronika vorm deel van hierdie toepassingsvaardighede. Elke graad het ‘n projek wat spesifiek op die KABV (kurrikulum) gebaseer is.   Ons is die eerste skool in Suid-Afrika wat hierdie spesifieke hulpbronne gaan gebruik. Ons sien uit na die verdere ontwikkeling van hierdie leerarea onder leiding van juf. Suné...

Navorsing in Rekenaarlokaal

Ons rekenaarlokaal is in die middae vanaf 14:15 tot 15:00 vir leerders beskikbaar om navorsing vir take te doen, prente te soek of om take te voltooi. Maak van hierdie diens gebruik indien julle nie / nie genoeg rekenaars by die huis het nie of as jou kind(ers) beter gaan werk in 'n klaskamer opset. Suzaan Burger hou toesig. Laat weet ook gerus indien julle 'n spesiale reëling wil tref, bv. as 'n leerder langer wil bly om 'n taak klaar te maak:...

Kodering by JvR

Die onderwysers het verlede week 'n koderingsessie bygewoon waartydens hulle vir 'n uur lank (hour of code) op Code.org d.m.v. "block coding" basiese koderingkonsepte geleer het. Dit was die eerste van nog vele sessies en ons beoog om te begin om hierdie koderingkonsepte te integreer in ons klasse. Ons sal van volgende jaar af ook Robotika as deel van die rekenaarkurrikulum aanbied. Vir meer inligting rondom kodering vir kinders, kliek HIER. Indien jy self wil gaan loer na Code.org, kliek HIER. Scratch is nog 'n gratis aanlynprogram waarin leerders hul eie koderingprojekte kan aanpak: Kliek HIER. Om te sien wat ons tans in die rekenaarklas doen, kliek HIER. Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan...

Rekenaarklasse 2019

Ons het 'n dokument (Google Form) saamgestel om jou as ouer in te lig oor wat ons tans in die rekenaarklas doen. Aan die einde van die dokument is daar 'n gedeelte waar jy as ouer kommentaar kan lewer of voorstelle kan maak. Lees asb. eers deur die dokument voordat jy die kommentaar gedeelte invul. Kliek HIER vir die...

Belangrike vaardighede wat aangeleer word, sluit in:

  • Probleemoplossing
  • Beplanning
  • Analitiese en kritiese denke
  • Kreatiwiteit
  • Spanwerk en sosiale vaardighede
  • Redeneringsvermoë
  • Begrip vir deeglikheid en beoefening van geduld
  • Selfvertroue en leierseienskappe
  • Alledaagse genot met die gebruik van moderne tegnologie.