Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck

Die gevoel van ’n plattelandse skool in die middel van ’n bedrywige wêreldstad – aan die voet van die ikoniese Tafelberg. Dis Laerskool Jan van Riebeeck – al vir 100 jaar die plek waar Afrikaanse kinders hulself kan uitleef. Hier word diversiteit gevier en elkeen se uniekheid en kindwees omarm.

Ons onderwysers, ouers en leerders – oftewel Jannies – is trots op ons gemeenskap. Ons skool en land se mense lê ons na aan die hart. Ons mik om elke dag ons waardes in ons gemeenskap uit te leef: Respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee.

Ons leuse, wees jouself, is ons padwyser – ook vir die volgende 100 jaar. Só kan ons Jannies, Kapenaars en Suid-Afrikaners wees wat ’n positiewe bydrae in die land en ons wêreld bly maak.

Ons Waardes

Respek

Eerlikheid

Omgee

Verantwoordelikheid

  • Nuus
  • Algemeen
  • Akademie
  • Kuns en Kultuur
  • Sport

VAKANSIESORG: VAKANSIE HANDJIES

Dit is vir ons baie lekker om aan te kondig dat me. Felicity Beerwinkel, wat tans by die skool se nasorg werk en reeds sedert 2016 by die vakansiesorg betrokke is, die vakansiesorg van nou af gaan bestuur. Die vakansiesorg was vir die afgelope paar jaar in Loraine van Vuuren se bekwame hande. Die vakansiemaats sal haar baie mis, maar ons weet dat die vakansiesorg, soos voorheen, sommer baie goed bestuur sal word. Datums: Maandag, 29 Junie, tot Maandag, 20 Julie. Tye en koste: Halfdag: 07:30 – 13:00 vir R100; en voldag: 07:30 – 17:00 vir R200. Kos: Maats bring hul eie kos. Daar is wel elke dag bak-en-brou en ’n kreatiewe aktiwiteit. Spanlede: Hierdie bekende gesigte neem net so oor by Loraine van Vuuren. As jy wil inskryf, VOLTOOI HIERDIE VORM en WhatsApp dit teen Vrydag, 19 Junie 2026, terug aan Felicity met die datums wat jou kind/ers vakansiesorg gaan bywoon, na 073 856 6537....

Leerders Programmeer Hul Pad deur Kultuur en Erfenis

Op 28 Mei 2026 het 145 leerders aan ‘n opwindende Robotikadag deelgeneem waar hulle die vaardighede wat gedurende kwartaal 1 en 2 aangeleer is, in ‘n praktiese en uitdagende omgewing toegepas het. Die dag se uitdaging was gebaseer op die internasionale tema van die World Robot Olympiad (WRO) 2026, naamlik “Robots Meet Culture”. Die uitdagingsmat het ‘n erfenisgebied uitgebeeld waar robotte verskillende missies moes voltooi om kulturele en historiese elemente te verken en te beskerm. Leerders het in spanne gewerk om hul robotte te programmeer om ‘n reeks missies suksesvol uit te voer. Elke missie het ‘n spesifieke puntwaarde gehad en spanne is volgens die amptelike WRO-puntestelsel beoordeel. Die span wat die meeste missies suksesvol voltooi het, het die hoogste puntetelling behaal. Hierdie wenners van elke graad sal tydens ons laaste saalbyeenkoms aangekondig word. Die uitdaging het veel meer as net programmering behels. Leerders moes hul wiskundige kennis voortdurend toepas deur afstande te skat, metings te doen en meetkundige beginsels te gebruik om die robot se bewegings akkuraat te beplan. Selfs die kleinste fout in afstand of hoek kon veroorsaak dat ‘n missie onsuksesvol was, wat noukeurigheid en kritiese denke vereis het. Een van die mees opwindende aspekte van die dag was die probleemoplossing wat plaasgevind het wanneer robotte nie soos beplan beweeg het nie. Spanne moes saamwerk, hul programme aanpas, oplossings toets en weer probeer totdat die gewenste...

Koffie-en-Beskuit Konsert: Donderdag, 11 Junie 2026

Ons volgende oggendkonsert vind Donderdagoggend, 11 Junie, in die GROOT MUSIEKKLAS plaas.    Die volgende leerders tree op:   Floris Muller – Klavier Frannie Samuel – Klavier Sebastian Scott – Klavier Elsie Janse van Rensburg – Klavier Emma Wilke – Viool Joshua du Toit – Kitaar Eduard Hoogendyk – Klavier Cornelia Opperman – Blokfluit Mila Maree – Klavier Cara Scholtz – Klavier Francois Maree – Klavier Pierre du Toit – Klavier Izak Steyn – Klavier Emma Kuys – Klavier Daar word ook kunswerke van hierdie leerders uitgestal, waarna julle gerus voor óf na die konsert kan kyk.   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h30 in die groot musiekklas met hul instrument aan. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek: Groot...

  Nuusbrief Argief

Dagboek

Kortpad