Krieketuitslae: 26-29 Januarie 2026
Sien die week se krieketuitslae hier onder:
Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck
Die gevoel van ’n plattelandse skool in die middel van ’n bedrywige wêreldstad – aan die voet van die ikoniese Tafelberg. Dis Laerskool Jan van Riebeeck – al vir 100 jaar die plek waar Afrikaanse kinders hulself kan uitleef. Hier word diversiteit gevier en elkeen se uniekheid en kindwees omarm.
Ons onderwysers, ouers en leerders – oftewel Jannies – is trots op ons gemeenskap. Ons skool en land se mense lê ons na aan die hart. Ons mik om elke dag ons waardes in ons gemeenskap uit te leef: Respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee.
Ons leuse, wees jouself, is ons padwyser – ook vir die volgende 100 jaar. Só kan ons Jannies, Kapenaars en Suid-Afrikaners wees wat ’n positiewe bydrae in die land en ons wêreld bly maak.
Respek
Eerlikheid
Omgee
Verantwoordelikheid
Sien die week se krieketuitslae hier onder:
Hier is hoe jy hierdie kwartaal ‘n verskil kan maak:
Ons is opgewonde om aan te kondig dat ’n nuwe boekklub, Die Boekbende, by ons skool begin! Die boekklub vind elke eerste Woensdagoggend van die maand, voor skool vanaf 07:15 tot 07:45 in die mediasentrum plaas. Leerders in Graad 4–7 wat lief is vir lees en stories, is welkom om aan te sluit. Vir meer inligting kan leerders gerus met...
Dit is weer daardie tyd van die jaar en die senior koor se jaarlikse koorkamp is om die draai! SKEDULE Vrydag, 6 Februarie: * Middagete voorsien deur die skool: 14h00-14h20 * Oefen: 14h20 – 17h45 * Piekniek op die skoolveld vir alle koorlede en -ouers: 18h00 – 19h00 Saterdag, 7 Februarie: * Oefen: 09h00 – 14h00 * Ons voorsien: * Waatlemoen vir peuselhappie * Boereworsrolle vir middagete * Leerders pak genoeg water en peuselhappies in. * Kampkonsert vir ouers: 14h15 – 14h30 Kom kuier saam by ons senior koorpiekniek op Vrydag, 6 Februarie, vanaf 18h00 – 19h00. Ons nooi ook alle ouers uit om Saterdagmiddag, 7 Februarie, ’n kort kampkonsert in die skoolsaal by te woon. Die koorkamp is verpligtend vir alle senior koorlede. Indien iemand nie die koorkamp kan bywoon nie, moet juf. Rolene asb in kennis gestel word. Groete, Rolene ...
Sien die week se krieketuitslae hier onder: