Skrywer: Megan Zondagh

Geagte Ouers / Voogde – 11 September 2026

Vandag presies 25 jaar gelede was die wêreld in skok gedompel met die grusame aanvalle van 11 September waar duisende onskuldige mense gesterf het. In die volksmond staan dit nog vandag as 9/11 bekend. Ek weet dat daar heelwat samesweringsteorieë oor die voorval nog steeds die rondte doen, maar dit was ‘n gekoördineerde reeks selfmoordaanvalle wat in 2001 deur die Islamitiese terroriste-organisasie al-Kaïda teen die Verenigde State uitgevoer is. Altesaam 19 terroriste het vier passasiersvliegtuie gekaap en twee daarvan het in een van die Tweelingtorings-geboue (”Twin Towers”) van die Wêreldhandelsentrum in New York-stad vasgevlieg. Die derde vliegtuig het teen die Pentagon – die hoofkwartier van die Amerikaanse Departement van Verdediging in Arlington County, Virginië – gebots. Die vierde vliegtuig het gelukkig in ‘n landelike area in Pennsilvanië neergestort, maar daar was onskuldige mense aan boord. Mag die wêreld nooit weer so ‘n traumatiese gebeurtenis ervaar nie. Die rede dat hierdie insident my altyd sal bybly, is dat ek twee weke na die 9/11-insident met redelike angs en onsekerheid op ‘n vliegtuig vanaf Kaapstad na Berlyn (Duitsland) geklim het vir opleiding wat deur die WKOD geïnisieer was. Ek dink baie mense het vir ‘n geruime tyd na afloop van 9/11 verkies om eerder nie te vlieg nie. Ek hoop en vertrou dat almal die heerlike sonskynweer van die afgelope tyd geniet, veral na die stormwinde wat op baie plekke groot...

Lees Verder

Skaakuitslae: 5 & 6 September 2026

Baie geluk aan ons skaakspan met hul uitstekende prestasies! Tydens die skaakkompetisie op 5 en 6 September het ons o.9-span ’n uitstekende 5de plek in die Wes-Kaap behaal, terwyl die o.11 span ’n 12de plek in die Wes-Kaap behaal het. Ons is baie trots op ons skaakspelers en hul harde werk, fokus en...

Lees Verder

Bella Malan verwerf WP-kleure in gimnastiek

Baie geluk aan Bella Malan (Graad 6) wat onlangs haar WP-kleure in gimnastiek (WAG) verwerf het! Bella sal die Wes-Kaap by die 2026 Nasionale Gimnastiekkampioenskappe in Pretoria verteenwoordig, wat van 24 tot 27 September 2026 plaasvind. Ons is ongelooflik trots op Bella en wens haar alle sterkte toe met hierdie besondere...

Lees Verder

Junior Koor Oudisies

Die Junior Koor verwelkom nuwe lede om aan die begin van kwartaal 4 by die junior koor aan te sluit! Daar lê opwindende geleenthede in kwartaal 4 vir die Junior Koor voor, soos ’n “Choir Mingle” saam met St Cyprian’s en die Kerskonsert wat jaarliks ’n hoogtepunt op ons kalender is.   Juf Bea doen oudisies vanaf Maandag, 14 September, tot Vrydag, 18 September. Ons sal deur die loop van die week by die klasse om gaan en belangstellende leerders uitnooi vir die oudisie!   Kontak gerus vir juf Bea met enige verdere vrae....

Lees Verder

Emma as Speler van Toernooi aangewys!

Baie geluk aan Emma Snijders (huidige graad 9-leerder) wat tydens die Marius Schoeman-netbaltoernooi aangewys is as die o.15 Speler van die Toernooi! Emma se passie, toewyding en liefde vir die spel is ’n ware inspirasie. Ons is ongelooflik trots op jou en hierdie besondere prestasie, Emma! Baie geluk – ons is trots op...

Lees Verder

Ella Fischer blink uit in rotsklim

Baie geluk aan Ella met haar uitstekende prestasie in hierdie jaar se Wes-Kaap- en Gauteng-streekskampioenskappe vir rotsklim! Ella het ’n silwermedalje in Bouldering tydens die Gauteng-kampioenskappe verower en daarna goud in Bouldering tydens die Wes-Kaap-kampioenskappe behaal. Ella is as die Wes-Kaap-kampioen in haar ouderdomsgroep bekroon! Ons is ongelooflik trots op jou, Ella! Baie geluk met hierdie besonderse...

Lees Verder

BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL

Uitslae van assessering – Sondag, 30 Augustus 2026 Baie geluk aan al ons dansers met hul pragtige uitslae tydens die assessering op Sondag, 30 Augustus! 🌟 Die dansers het besonders mooi gelyk in hul leotards, rompies en kleurvolle danskostuums en het hulself met groot selfvertroue van hul beste kant gewys. Graad 1–3 Die volgende dansers het elk ’n pragtige sertifikaat en verslag met opbouende kommentaar ontvang: Emily Botha Amelie Johnson Charlie de Klerk Ferdi Titley Heike Louw Ada Uys Emilie Theron Emma-Jane Wilke Mila Maree Cornelia Opperman Graad 5–11 Die volgende dansers het sertifikate en opbouende kommentaar ontvang, met gradering op versoek: Christa-Bella Swart – A+ Mika van der Walt – A+ Hanna Louw – B++ Anabel Brink – A Heidi van Heerden – A+ Ella Nel – B Solange Stevens – A+ Kerala Allewel – A+ Karlien van der Walt – A+ Lara Basson – A+ Die beoordelaar was baie beïndruk met ons dansers se mooi gepunte voete, pragtige gesigsuitdrukkings en meelewing. Sy het ook die hoë standaard en gehalte van die choreografie beklemtoon en aangedui dat die dansers baie talentvol is en oor groot potensiaal beskik. Gereelde klasbywoning en die bywoning van repetisies is belangrik om hierdie potensiaal ten volle te ontwikkel. Dit is ook belangrik dat dansers hul liggame soepel en sterk hou. Die beoordelaar was veral beïndruk met die dansers se pragtige spronge (jetés) en...

Lees Verder

JUNIOR KOOR: Kaapse Afrikaanse Eisteddfod

Die Junior Koor neem volgende week vir die eerste keer aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod se Koorsang afdeling deel. Ons kan nie wag nie!   Hier volg die reëlings:   Datum: Dinsdag, 8 September Plek: Laerskool Simon van der Stel Vervoer:  * Die bus vertrek stiptelik om 14h30 vanaf die agterste parkeerarea van die skool. Wees reeds 14h15 daar, asb. * Die koor neem 16h00 deel, en ons kom direk daarna terug skool toe. * Ons behoort op die laatste weer 17h15 terug by die skool te wees. Ons sal ’n WA op die Junior Koor WA-groep stuur sodra ons by Simon van der Stel vertrek. Kleredrag: Skoolsweetpak (top met die oranje strepies), skoolhemp, wit tekkies en sokkies. Kos: Pak gerus gesonde peuselhappies en water in vir die busrit.   Kontak vir juf Rolene met enige...

Lees Verder

Orkeswerkswinkel saam met Somerset House

Ons stryk- en houtblaasensembles gaan Saterdag, 12 September, aan ’n orkeswerkswinkel saam met leerders van Somerset House deelneem. Daar sal ook van ons senior musiekleerders by marimbagroepe vir die oggend inskakel. Dit beloof om ’n heerlike oggend van saam musiek maak te wees!    Hier volg meer spesifieke reëlings:   09h30 – 10h15: Sessie 1 10h30 – 11h15: Sessie 2  12h00 – 13h00: Konsert   Datum: Saterdag, 12 September Tyd: 09h30 – 13h00 Plek: Somerset House Preparatory School   Ouers, familie, en vriende is BAIE welkom om die konsert by te woon, 12h00 – 13h00.    Daar sal busvervoer wees. Die bus vertrek stiptelik om 08h15 vanaf die skool en sal na afloop van die konsert weer terug kom skool toe.   Kontak gerus vir juf. Rolene met enige verdere vrae....

Lees Verder

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 8 September

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 8 September, in die NASORG plaas.    Die volgende leerders tree op:   Floris Müller – klavier Jude Murray – kitaar Natalie Lawson – saksofoon Benjie Ntloko en Aiden Cronje – klarinetduet Clara Wiese – sang Clara Wiese en Lua Groenewald – sangduet Alida Loubser – sang Joris le Roux – klavier Liliana Hartman – klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h30 in die Nasorg met hul instrument aan. Juf. Bea en/of mnr. Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon.  * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek: Nasorg...

Lees Verder

STOP ALLES EN LEES! 08 September 2026

Op Internasionale Geletterdheidsdag (Dinsdag, 08 September) sit ons alles vir ’n rukkie opsy en maak tyd vir die wonderlike wêreld van boeke! 📖✨ Leerders word aangemoedig om hul gunstelingboek skool toe te bring en gedurende die dag ’n spesiale leestyd te geniet. Kom ons maak saam tyd om te lees, te droom en nuwe wêrelde te ontdek!...

Lees Verder

Skaakuitslae van 25-28 Augustus

Op Dinsdag, 25 Augustus, het ons skaakspanne teen Courtrai meegeding. Ons leerders het goed gevaar en die volgende uitslae behaal: o.9 A-span: Wen 5½–½ o.9 B-span: Wen 4–2 o.11 A-span: Verloor 2–4 o.11 B-span: Wen 5–1 o.13 A-span: Gelykop 3–3 o.13 B-span: Gelykop 3–3 Die o.11- en o.13-spanne het teen Courtrai se gekombineerde A- en B-spanne meegeding. Interskole teen Welgemoed Op Vrydag, 28 Augustus, het ons skaakspanne tydens Interskole teen Welgemoed meegeding. Die o.9 span het uitstekend gevaar met ’n indrukwekkende 7–0 oorwinning. o.9: Wen 7–0 o.11: Verloor ½–6½ o.13: Verloor ½–6½ Baie geluk aan al ons Jannies wat met trots en goeie sportmangees aan die wedstryde deelgeneem het!...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 04 September 2026

Die seisoene is besig om te draai en Septembermaand het die afgelope week haar welkome verskyning gemaak. Dit beteken ook dat daar meer sonnige dae na die lang winter op pad is. Die lentegeure van vars bloeisel is alreeds in die lug. Die lente is ‘n ontwakende seisoen en vir my is dit wonderlik om te sien hoe mense, diere en insekte die ontploffing van lentegeure aangryp om die koue van winter af te skud – almal is meer vrolik! Ek weet ook dat Moeder Natuur beslis nie haastig is om die lenteseisoen en warmer dae sonder enige teenstand aan die Moederstad te oorhandig nie. Lentedag word tradisioneel oral in Suid-Afrika op 01 September gevier, maar hier in die Moederstad kan die permanente lenteweer ons heel moontlik op ‘n latere stadium beskore wees. Ek weet dat ons almal sonnige dae sal verwelkom, maar Kaapstad en omgewing soek beslis nog reënweer aangesien ‘n groen droogte veral die Swartland en Overberg in die gesig staar. Ons leerders het vrolik gelyk met hul lentedrag en dit het beslis almal se dag opgehelder. Baie geluk aan die tweeling Hannah en Sarah in Graad 4 wat op 01 September verjaar het met die mooiste blommerangskikkingkolwyntjie. Ek was bevoorreg om een van die ‘kunswerke’ te ontvang. Die afgelope naweek het ons ook amptelik van ons wintersportseisoen met ‘n interskole-naweek tuis teen Laerskool Welgemoed op ‘n...

Lees Verder