Kategorie: Koor

Die skool het ’n senior en ’n junior koor wat onder leiding van Ben Reynecke en Rolene van Zyl staan.

Oudisies vind aan die begin van elke jaar in skooltyd plaas. Optredes is gewoonlik op aanvraag tydens ’n erediens, by koorfeeste en by skoolgeleenthede.

Oefentye vir die Junior en Senior koor is tydens skooltyd.

Koornuus

JUNIOR KOOR: Kwartaal 3 Belangrike Datums

4 Augustus: Reddam Sings (Reddam Constantia) @ 18h00. Daar sal busvervoer en genoeg toesig wees. Leerders vertrek 16h00 met die bus na Reddam, en ons beveel sterk aan dat alle koorlede van busvervoer gebruik maak. Dit is altyd lekker vir die gees en luim van die groep!   2 September: Koorkonsert saam met Jiřičiky Jeugkoor (Tsjeggië), Hoërskool Jan van Riebbeeck en Laerskool Jan van Riebeeck Junior en Senior kore (LS JvR Skoolsaal) @ tbc   8 September: Kaapse Afrikaanse Eisteddfod. Die spesifieke tyd en venue is nog nie deur die Eisteddfod bevestig nie.    Teken hierdie belangrike datums asseblief aan. Dit is opwindende geleenthede om na uit te sien, en ons wil graag met ’n volledige koor optree! Hou die Junior Koor WA-groep dop vir meer inligting rakende die onderskeie konserte. Kontak gerus vir Juf Bea indien daar enige vrae...

Koor Dagboek

junie 2026

No Events

julie 2026

No Events