2026

Aansoeke vir 2026 is reeds deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD) se aanlyn aansoekstelsel gefinaliseer. Indien jou familie gedurende 2026 na die stadskom trek en julle plek benodig, sal hierdie laataansoek op ‘n ad-hoc basis oorweeg word afhangend van beskikbare plek. Voltooi gerus ‘n laataansoekvorm om vir volgende jaar aansoek te doen.

2027

Aansoeke vir Graad R en Graad 1 vir 2027 word deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD) behartig. Aansoeke moet aanlyn, by die WKOD Aanlyn Aansoekstelsel, ingedien word.  Aansoeke vir Graad R en Graad 1 open op Dinsdag, 10 Maart 2026.

Aansoeke vir Graad 2-7 en oorplasings open later in die jaar en die datum vir hierdie aansoeke moet nog deur die WKOD vasgestel word.

Ouers moet asseblief ook die skool se beleide dokument voltooi. Hoewel dokumentasie by die WKOD se stelsel opgelaai kan word, moet die WKOD se aansoekvorm, tesame met die skool se beleide dokument en ondersteunende dokumentasie, steeds by die skool in harde kopië ingedien word.

Alle dokumentasie moet teen Vrydag, 25 April 2026, by die skool ingedien word.

Om interne administrasie te verlig, versoek ons vriendelik dat voornemende ouers, ook Laerskool Jan van Riebeeck se adminvorm sal voltooi.

Vir enige ander navrae kontak asseblief vir Jodene by admin@jvrprim.co.za of 021 423 4209.

Vergewis jouself ook van die skool se Gedragskode en Toelatingsbeleid.

Indien jy ‘n kind in Gr.OO – Gr.R wil inskryf, volg asb. hierdie skakel na LJvR se Pre-primêr, Huppelland.