Category: Liewe Aarde


Ons herwinningsprojek staan as die "Liewe Aarde"-projek bekend. Ons leerders bring hul huishoudings se herwinbare artikels skool toe. Raadpleeg die onderafdelings oor die sortering van herwinningsartikels. Lewer dit by die herwinningsdepot op die agterste parkeerterrein af.

Kantoorpapier
Enige kantoorpapier (al is dit reeds gebruik) – gooi in die wit wieldromme. Indien die papier skoon is aan een kant en geen betroubare inligting bevat nie, gee dit gerus vir jou kind se registeronderwyser.

Gladde Karton
Word nie tans by ons skool herwin nie.

Ander Papier
Papier, koerante, tydskrifte, pamflette - gooi in die heldergroen igloes

Dik Geriffelde Karton
Gooi in die groot sakke in die lang houer vir karton - plat getrap asseblief.

Glas
Gooi in die donkergroen igloes.

Tetrapakke
Gooi in gemerkte wieldromme - plat getrap asseblief.

Plastiekbottel Doppies
Gooi in die gemerkte wieldrom.

Metaal
Blikkies, metaal proppe, foeliebakkies - Gooi in die gemerkte houer vir metaal.

1 PET
Polyethylene terephthalate
Deursigtige bottels bv. koeldrank- en waterbottels.

2 HDPE OF PEHD
High density polyethylene
Ondersigtige bottels bv. wit melkbottels

4 LDPE OF PE-LD
Low density polyethylene
Plastiek inkopiesakke, maar nie aartappelskyfiepakkies, hondekos- of waspoeierpakke nie.

6 PS
Polystyrene
Gooi in die groot blou houer.