
- Kliek op die klerebank blokkie vir stappe om bestellings vir skoolklere te plaas.
- Alle skoolklere moet gemerk wees. Verlore goedere word vir ’n kwartaal gehou en dan in die klerebank geplaas om verkoop te word. Leerders mag slegs effekleurige, wit onderhemde wat onder geen omstandighede sigbaar mag wees nie, dra.
- Die skool se kleredragbeleid strook met ons waardes van respek en verantwoordelikheid – so wil ons die goeie reputasie van ons skool beskerm. Dit is ‘n absolute vereiste dat leerders te alle tye netjies en korrek geklee moet wees. Die voorgeskrewe skooldrag moet gedurende skoolure én ander skoolaktiwiteite soos wat die beheerliggaam bepaal, gedra word. Indien daar uitsonderings gemaak word op die kleredragbeleid, moet ouers skriftelike toestemming van die skoolhoof verkry.
Skooldrag: Warm dae / Somer

Grondslagfase
Dogters
- Wit en donkerblou hempie – met of sonder moue
- Donkerblou rompie-broekie (skort) OF donkerblou sportbroek
- Wit sokkies met tekkies (oorwegend wit) OF donkerblou plakkies OF kaalvoete
- Donkerblou sonhoed of JvR-pet (soos by klerebank te koop)
Seuns
- Wit en donkerblou hempie – met moue
- Donkerblou sportbroek
- Wit sokkies met tekkies (oorwegend wit) OF donkerblou plakkies OF kaalvoete
- Donkerblou JvR-sonhoed of JvR-pet (soos by klerebank te koop)

Seniorfase
Dogters
- Wit en donkerblou hempie – met of sonder moue
- Geruite rompie / donkerblou rompie OF donkerblou kortbroek
- Wit sokkies met skoolskoene OF donkerblou plakkies OF kaalvoete
- Donkerblou JvR-sonhoed of JvR-pet (soos by klerebank te koop)
Seuns
- Wit en donkerblou hempie – met moue
- Donkerblou kortbroek
- Donkerblou lang sokkies met twee wit strepies saam met swart skoolskoene OF donkerblou plakkies OF kaalvoete
- Donkerblou JvR-sonhoed of JvR-pet (soos by klerebank te koop)
Skooldrag: Koue dae / Winter
Grondslagfase
Dogters
- Langmou wit en donkerblou hemp
- Sweetpak (top en broek)
- Wit sokkies en tekkies OF kaalvoete OF donkerblou plakkies
- “Soft Shell” baadjie (vir addisionele hitte)
Seuns
- Langmou wit en donkerblou hemp
- Sweetpak (top en broek)
- Wit sokkies en tekkies OF kaalvoete OF donkerblou plakkies
- “Soft Shell” baadjie (vir addisionele hitte)

Seniorfase
Dogters
- Langmou wit en donkerblou hemp
- “Soft Shell” baadjie
- Geruite rompie / donkerblou rompie OF donkerblou langbroek
- Swart sykouse OF donkerblou lang sokkies met wit strepies
- Swart skoolskoene OF donkerblou plakkies OF kaalvoete
Seuns
- Langmou wit en donkerblou hemp
- “Soft Shell” baadjie
- Khaki langbroek OF donkerblou kortbroek
- Donkerblou lang sokkies met twee wit strepies
- Swart skoolskoene OF donkerblou plakkies OF kaalvoete
Sportdrag: Somersport
Krieket
Krieket o.7 – o.11
- Oranje hempie en donkerblou sportbroek
- Lang blou kouse met oranje streep
- Wit tekkies
- Wit breërandhoed
Krieket o.13
- Oranje hempie (skool sal voorsien)
- Wit langbroek
- Lang blou kouse met oranje streep
- Wit tekkies
Atletiek | Tweekamp
- Blou atletiekhempie (skool voorsien)
- Donkerblou sportbroek
- ‘Spikes’ of kaalvoet
Tennis
- Oranje hempie (dogters – geen moue; seuns – met moue)
- Seuns – donkerblou sportbroek; Dogters – donkerblou skort
- Wit JvR-sokkies en tekkies
- Die eerste spanne sal hempies (seuns) of rokkies (dogters) ontvang.
Swem | Tweekamp
- Skoolswembroek
- Oranje skool swempet
- Swembril
- Handdoek
- Wit en blou golfer met donkerblou sportbroek word bo-oor die swembroeke aangetrek.
Sportdrag: Wintersport
Rugby
- Rugbytrui (skool voorsien)
- Donkerblou sportbroek
- Kaalvoet
Hokkie (Meisie)
- Oranje hemp (sonder moue)
- Donkerblou skort
- Lang blou kouse met oranje streep
- Tekkies
*Die o.13-spelers ontvang rokkies by die skool.
Landloop
- Blou atletiekhempie (skool voorsien)
- Donkerblou sportbroek
- Tekkies en wit JvR-sokkies
Netbal
- Oranje hemp (sonder moue)
- Donkerblou skort
- Wit JvR-sokkies en tekkies
*Die o.13-spelers ontvang rokkies by die skool.
Hokkie (Seuns)
- Oranje hemp (met moue)
- Donkerblou sportbroek
- Lang blou kouse met oranje streep
- Tekkies
*Die o.13-spelers ontvang klere by die skool
Skaak
- Winter skooluniform