
Laerskool Jan van Riebeeck glo in ‘n goeie balans tussen akademie, kultuur, sport en sosiale aktiwiteite.
Ons moedig leerders aan om hul volle potensiaal te bereik deur die geleenthede wat aan hulle gebied word aan te gryp. Binne hierdie breë raamwerk geniet elke klasonderwyser ‘n groot mate van vryheid met betrekking tot organisasie van sy/haar klasaanbieding.
Vind gerus meer uit oor ons kurrikulum en verrykende akademiese aktiwiteite, asook die skryfbehoeftelyste vir Grade 4-7.
Jongste Akademiese Nuus
januarie, 2021
Geen Inskrywings
Skryfbehoeftelyste

Vorderingsverslae
Leerders ontvang kwartaalliks ‘n vorderings verslag wat hul vordering met behulp van kodes/persentasies gedurende die betrokke kwartaal aandui. Slegs tydens die vierde kwartaal word ‘n deurlopende punt op die vorderingsverslag aangedui.

Eksamen
Slegs leerders in graad 4-7 skryf eksamen. Dit vind tydens Junie en November plaas. Deur die loop van die jaar is daar ook toetsreekse in alle grade.

Prysuitdeling
Die prysuitdeling vind aan die einde van die jaar plaas. AL vier kwartale se punte word dus in berekening gebring om die onderskeie pryse toe te ken. Die drie toppresteerders van elke klas sal bekend gemaak word nadat elke leerder ‘n sertifikaat ontvang het. Elke leerder in ons skool ontvang ‘n sertifikaat wat ‘n holistiese indruk gee van die kind.
Kurrikulum Besonderhede
Grondslagfase
(Graad 1-3)
Intermediêre Fase
(Graad 4-6)

Biblioteek
Leerders neem weekliks tydens skoolure boeke by die skool se biblioteek uit. Vind uit watter dag van die week u kind se biblioteekdag is en onthou om die boeke weer op daardie dag terug te stuur skool toe, anders loop u kind vir weke met dieselfde swaar boeke in sy/haar tas rond.

Rekenaarvaardigheid
Die rekenaarsentrum word gebruik om elke kind rekenaarvaardig te maak. Die vaardighede word gebruik om die rekenaar met klaswerk te integreer. Die Internet en toepaslike sagteware is vir navorsing beskikbaar. Omdat die klasse klein is, kry elke kind individuele aandag. Leerders leer meer oor GOOGLE Tools en Apps en kodering.
Smiddae is die sentrum beskikbaar vir leerders wat hul klastake wil voltooi. Hulle mag ook teen ’n minimale fooi van die drukker gebruik maak.
Op ‘n Woensdagmiddag direk na skool, word privaat 3D ontwerp en drukwerk klasse aangebied in die sentrum. Indien jou kind hierby betrokke wil raak, vul gerus hierdie VORM in.

Wiskunde Aktiwiteite
Laerskool Jan van Riebeeck heg groot waarde aan syferkundigheid en bied ook Wiskundeklub, Mathletics, Living Maths en addisionele ad hoc programme aan. Ons leerders vaar jaarliks uitstekend in Living Maths, Wiskunde in Aksie se olimpiades en die WKOD se wiskunde kompetisies.
Graad 6 en 7 wiskunde klasse het toegang tot rekenaars vir ekstra wiskunde aktiwiteite.
Kumon word ook by die skool aangebied.

Xhosa-klasse
Graad 1 tot 6 leerders het weekliks ’n Xhosa-periode gedurende skoolure.

Franse-klasse
Wo (16:15 – 16:45): Gr. 1 – 3
Do (14:10 – 15:00): Gr. 4 – 7
Gr. 4 – 7 : Die doel is om die taal te verstaan en selfvertroue te kry om dit te praat, lees en skryf. R90 per les.
Gr. 1 – 3 : Die doel is om ‘n basiese gesprek te kan voer en vertroud te raak met die uitspraak. R60 per les.
Kontakbesonderhede: Suzaan Burger
suzaan@jvrprim.co.za

Kunsklasse
Kunsonderrig by Laerskool Jan van Riebeeck, is daarop gemik om kreatiewe denke by ons leerders te kweek. Leerders ontvang tweeweekliks kunsonderrig in die kunsklas en hul kunswerke word op deurlopende basis in die skoolgange uitgestal.
Kuns word ook as privaat-buitemuurse aktiwiteit aangebied. Kontak vir Rentia by: emmarentia8@gmail.com

Uitstappies
Opvoedkundige uitstappies word gereeld vir leerders aangebied, in welke geval deelname verpligtend is, aangesien dit deel vorm van die skoolkurrikulum. In die beplanning van hierdie uitstappies word oorweging geskenk aan die veiligheid van leerders en toereikende toesig word verskaf. Weens die ligging van die skool word soms gebruik gemaak van die bus en busbestuurder van ons skool. U sal versoek word om skriftelik toe te stem tot u kind se deelname aan en/of busvervoer tydens voorgenome uitstappies. U word versoek om sodanige verlofbriefies te teken en dadelik terug te stuur. Geen leerder sal toegelaat word om sonder verlof op ’n uitstappie te gaan nie.