Laerskool Jan van Riebeeck glo in ‘n goeie balans tussen akademie, kultuur, sport en sosiale aktiwiteite. Ons moedig leerders aan om hul volle potensiaal te bereik deur die geleenthede wat aan hulle gebied word aan te gryp. Binne hierdie breë raamwerk geniet elke klasonderwyser ‘n groot mate van vryheid met betrekking tot organisasie van sy/haar klasaanbieding.

Leerders Programmeer Hul Pad deur Kultuur en Erfenis

Op 28 Mei 2026 het 145 leerders aan 'n opwindende Robotikadag deelgeneem waar hulle die vaardighede wat gedurende kwartaal 1 en 2 aangeleer is, in 'n praktiese en uitdagende omgewing toegepas het. Die dag se uitdaging was gebaseer op die internasionale tema van die World Robot Olympiad (WRO) 2026, naamlik "Robots Meet Culture". Die uitdagingsmat het 'n erfenisgebied uitgebeeld waar robotte verskillende missies moes voltooi om kulturele en historiese elemente te verken en te beskerm. Leerders het in spanne gewerk om hul robotte te programmeer om 'n reeks missies suksesvol uit te voer. Elke missie het 'n spesifieke puntwaarde gehad en spanne is volgens die amptelike WRO-puntestelsel beoordeel. Die span wat die meeste missies suksesvol voltooi het, het die hoogste puntetelling behaal. Hierdie wenners van elke graad sal tydens ons laaste saalbyeenkoms aangekondig word. Die uitdaging het veel meer as net programmering behels. Leerders moes hul wiskundige kennis voortdurend toepas deur afstande te skat, metings te doen en meetkundige beginsels te gebruik om die robot se bewegings akkuraat te beplan. Selfs die kleinste fout in afstand of hoek kon veroorsaak dat 'n missie onsuksesvol was, wat noukeurigheid en kritiese denke vereis het. Een van die mees opwindende aspekte van die dag was die probleemoplossing wat plaasgevind het wanneer robotte nie soos beplan beweeg het nie. Spanne moes saamwerk, hul programme aanpas, oplossings toets en weer probeer totdat die gewenste resultate bereik is. Hierdie proses het deursettingsvermoë, kreatiwiteit en spanwerk bevorder. Die Robotikadag het aan leerders die geleentheid gebied om die vaardighede van die toekoms in 'n praktiese konteks te ontwikkel. Benewens kodering en robotika het hulle ook kommunikasie-, spanwerk-...

Robotikadag: 28 Mei 2026

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Laerskool Jan van Riebeeck op 28 Mei 2026 ons eerste JvR Robotikadag gaan aanbied. Die dag bestaan uit: 'n robotika kompetisie, spanuitdagings en beoordeling wat in die skoolsaal plaasvind asook koderingsaktiwiteite en praktiese STEM-aktiwiteite vir leerders tydens klastyd.  Die robotika-kompetisie sal slegs vir ons Intersenfase leerders (Graad 4–7) aangebied word. Hierdie dag bied aan ons leerders die geleentheid om die vaardighede wat hulle gedurende robotika- en koderingsklasse ontwikkel het, in ’n prettige en opwindende omgewing toe te pas en te vier. Robotika help leerders om belangrike vaardighede soos: probleemoplossing, kreatiewe denke, spanwerk, logiese redenasie en effektiewe  kommunikasie vaardighede te ontwikkel - vaardighede wat noodsaaklik is vir die toekoms. Ouers is ook welkom om die robotika-kompetisie wat gedurende die dag in die saal plaasvind, te kom ondersteun. Loer gerus na die sessie-indelings om te sien of jou kind deelneem en wanneer jy kan kom kyk. Ons sien uit  om ons leerders se kreatiwiteit, innovasie en harde werk saam met julle te vier! [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/05/JvR-Robotika-Spanlede-Sessies-1.pdf" title="JvR Robotika Spanlede & Sessies...

ATKV-Redenaaars terugvoer

Baie geluk aan die volgende Jannies wat deurdring na ATKV-Redenaaars se semi-finale ronde!   Izak Steyn Henry Jordaan Antjie Samuel Alida Loubser   Hulle neem die 27ste/28ste Mei deel, ons hou styf duimvas en is reeds baie trots op elkeen van julle. 

Boekverkope in die Mediasentrum!

📚 Ons nooi alle leerders en ouers hartlik uit na ons boekverkope wat van Maandag, 4 Mei, tot Woensdag, 6 Mei, in die Mediasentrum plaasvind. Daar sal ’n wye verskeidenheid opwindende boeke beskikbaar wees – iets vir elke leser! 📖✨ Kontant én kaart word aanvaar. 💳 Moenie hierdie geleentheid misloop om jou boekrak aan te vul en jou liefde vir lees verder aan te wakker nie! 📚💛...

Junie-eksamen 2026

Sien belangrike inligting rakende die Junie-eksamen asook die rooster hier onder:

Ouerbesoeke: 13 & 14 April 2026

Ons ouerbesoeke vir die eerste kwartaal vind op Maandag, 13 April, en Dinsdag, 14 April 2025, plaas. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning. Volg hierdie skakel om 'n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER Hoe maak ek 'n bespreking nadat ek op die skakel geklik het? 1. Kies jou kind se graad 2. Kies die datum  3. Kies 'n onderwyser (Select Staff) 4. Kies 'n gepaste tydgleuf Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur 'n e-pos aan...

Studiekursus: Kwartaal 2, 2026

Sien meer inligting oor kwartaal 2 se studiekursus hier onder: Indien jou kind deel is van die studiekursus, sluit gerus by die WhatsApp-groep aan: Studiekursus (Ls JvR)

Redenaars: ATKV eerste rondte

Die afgelope twee weke was daar behoorlik geredeneer! Ons Graad 3 - 7-leerders het met groot entoesiasme aan ons jaarlikse interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons oortuig met uiteenlopende en prikkelende onderwerpe – van huiswerk wat dalk eerder die pad moet vat, tot KI wat té veel in sport inmeng, Afrikaanse lirieke wat ons soms in die steek laat en selfs die stelling dat skaak ’n beter opsie as ander buitemuurse aktiwiteite is. Dit was ’n voorreg om ons leerders se deurdagte menings te hoor en hul selfvertroue en spreekvaardighede op die verhoog te beleef. Hulle het nie net sterk argumente gelewer nie, maar ook gewys dat hulle met respek kan verskil en hul standpunte met oortuiging kan verdedig. Baie geluk aan die volgende deelnemers wat ons skool met trots tydens die ATKV se eerste rondte in April gaan verteenwoordig: Pieter-Steph Bothma  Izak Steyn  Lua Groenewald  Pieter Derksen  Henry Jordaan  Christina du Toit  Amalie Janse van Rensburg  Mia Bothma  Stef Nel  Antjie Samuel  Nina Bremer  Chris Derksen  Ella van der Walt   Alida Loubser  Pieter Rademeyer  Bella Naylor  Ons is baie trots op...

Die Boekbende: Nuwe Boekklub!

Ons is opgewonde om aan te kondig dat ’n nuwe boekklub, Die Boekbende, by ons skool begin! Die boekklub vind elke eerste Woensdagoggend van die maand, voor skool vanaf 07:15 tot 07:45 in die mediasentrum plaas.  Leerders in Graad 4–7 wat lief is vir lees en stories, is welkom om aan te sluit. Vir meer inligting kan leerders gerus met...

STUDIEKURSUS: Kwartaal 1, 2026

Leerders word volgens hulle grade in groepe ingedeel. Die groepe bestaan uit 8–10 leerders per groep en kom een keer per week vir 45 minute bymekaar. Leerders gaan vir 7 weke gratis studie-ontwikkeling ontvang. U kan ’n e-pos aan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) stuur om vir u kind ’n plek te bespreek. Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende: Beplanning vir die kwartaal en doelwitstelling Hersiening van verskillende opsommings Luister- en konsentrasievaardighede Geheue-oefeninge Beantwoording van toetse en eksamens Die kursus begin die week van 26 Januarie. Hier is die tye en datums vir die onderskeie...

Kurrikulum Besonderhede

Grondslagfase vakke

Graad 1 – 3

  • Wiskunde
  • Geletterdheid
  • Liggaamlike Opvoeding
  • Lewensvaardigheid
  • Geletterdheid (Digitaal & Biblioteek)
  • isiXhosa
  • STEM (Kodering & Robotika)

Intermediêre fase vakke

Graad 4 – 6

  • Afrikaans
  • Engels (Eerste Addisionele Taal en Huistaal)
  • Wiskunde
  • Sosiale Wetenskappe – SW (Geskiedenis en Aardrykskunde)
  • Natuurwetenskap & Tegnologie
  • Persoonlike en Sosiale Wetenskappe – PSW (Lewensvaardigheid, Skeppende Kunste, LO)
  • Geletterdheid (Digitaal & Biblioteek)
  • isiXhosa
  • STEM (Kodering & Robotika)

Seniorfase vakke

Graad 7

  • Afrikaans
  • Engels (Eerste Addisionele Taal en Huistaal)
  • Wiskunde
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe – EBW
  • Sosiale Wetenskappe – SW (Aardrykskunde en Geskiedenis)
  • Natuurwetenskappe
  • Tegnologie
  • Lewensoriëntering
  • Skeppende Kunste
  • STEM (Kodering & Robotika)

Uitslae en Prestasies

Vorderingsverslae

Leerders ontvang kwartaalliks ‘n vorderingsverslag wat hul vordering met behulp van kodes/persentasies gedurende die betrokke kwartaal aandui. Slegs tydens die vierde kwartaal word ‘n deurlopende punt op die vorderingsverslag aangedui.

Eksamen

Slegs leerders in graad 4-7 skryf eksamen. Dit vind tydens Junie en November plaas. Deur die loop van die jaar is daar ook toetsreekse in alle grade.

Prysuitdeling

Die prysuitdeling vind aan die einde van die jaar plaas. Al vier kwartale se punte word dus in berekening gebring om die onderskeie pryse toe te ken. Elke leerder in ons skool ontvang ‘n sertifikaat wat ‘n holistiese indruk gee van die kind.

Addisionele vakke

Verrykende Akademiese Aktiwiteite

Rekenaarlokaal

Die rekenaarsentrum is smiddae beskikbaar vir leerders wat hul klastake wil voltooi of navorsing wil doen. Hulle mag ook teen ’n minimale fooi van die drukker gebruik maak.

Wiskunde Aktiwiteite

Ons heg groot waarde aan syferkundigheid en bied ‘n verskeidenheid ad hoc programme aan. Ons leerders neem jaarliks aan die Horizon wiskundekompetisie, SAMF-olimpiade (Amesa) en Melkbos Wiskundekompetisie deel. Verder is daar verrykingsklassse vir graad 6 en 7. Stuur ‘n e-pos aan leon@jvrprim.co.za vir meer inligting.

Uitstappies

Opvoedkundige uitstappies word kwartaalliks vir leerders aangebied. Deelname is verpligtend aangesien dit deel vorm van die skoolkurrikulum. Ouers sal versoek word om skriftelik toe te stem tot leerders se deelname. Geen leerder sal toegelaat word sonder ‘n toestemmingsbriefie nie.

Leerderontwikkeling

Leerontwikkeling

Marietjie de Kock

Spelterapie

Tina Fourie

Arbeidsterapie

Annet Wilke

Taal- en Spraakterapie

Lilan Starker

Opvoedkundige Sielkundige

Marike Badenhorst

Privaat Buitemuurse Akademiese Aktiwiteite

Aktiwiteit Tye Kontakpersoon Kontakbesonderhede
Robotika Maandae 15:00 - 16:00 & 16:00 - 17:00; Dinsdae 15:30 - 16:30 Suné Swanepoel sune.swanepoel@jvrprim.co.za
Young Engineers Kontak vir tye Bridget Molokomme infoctc@youngengineers.co.za
Eksperimaats Kontak vir tye Susy www.experi.co.za