Category: Krieket

Daar word dikwels na krieket verwys as die gentleman’s game en dit is die tipe krieketspeler wat ons by Laerskool Jan van Riebeeck wil ontwikkel.

Die krieketveld is ‘n plek waar die leerders die skool se waardes van respek, dissipline en selfstandigheid kan reflekteer. Ons streef daarna om altyd ons beste te doen op die krieketveld met die doel om ons spelers te ontwikkel en vir hulle ‘n liefde vir sport aan te leer. Ons strategie is om spelers se basiese vaardighede te ontwikkel en om toe te laat om ‘n gebalanseerde speler te word wat altyd by die reëls van krieket sal bly.

Dogters en seuns is welkom om krieket te speel. Die O/9's speel Dinsdae mini-krieketwedstryde wat meestal by Groenpunt krieketklub plaasvind. Die O/11 en O/13 spanne is deel van 'n liga wat onderskeidelik op Woensdae en Donderdae wedstryde speel.

Krieketnuus

o/9 se eerste krieketwedstryde vir die seisoen

Die O/9 A en B-spanne het op Dinsdag, 16 November, albei twee wedstryde gespeel. Elke span het teen Reddam House ASB en Herzlia gespeel. Dit was ons eerste wedstryde vir die seisoen en die kinders het dit baie geniet. Dit was...

Krieket Dagboek

februarie 2022

25febHeeldagKrieket: Hugo Rust Mini-Kriekettoernooi (WEG)

oktober 2022

22okt00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi (WEG)