Kategorie: Klerebank

Klere kan in die winkel aangekoop word of kan aanlyn bestel word.

Winkel:

  • Die klerewinkel se tye is as volg:
    • Maandae: 07:00 – 08:30
    • Dinsdae: 13:00 – 14:30
    • Woensdae: 07:00 – 08:30
    • Donderdae: 13:00 – 14:30
  • Die klerewinkel sal nie buite hierdie ure oopmaak nie, ook nie op spesiale versoek nie. Respekteer asb. hierdie tye.
  • Indien jy nie by die winkel kan uitkom nie en onseker is van ‘n grootte, stuur jou kind tydens die ure wat die winkel oop is om iets te kom aanpas.

Aanlyn:

  • Aanlyn Klerewinkel: Jan Kas
  • Om die items in jou “mandjie” te koop, moet jy inteken. Ons het reeds alle ouers geregistreer. Teken in met dieselfde wagwoord as jou myJvR en JvR Kiek wagwoord. Jy kan ook die “wagwoord verloor” opsie kies om ‘n nuwe wagwoord op te stel. Neem kennis dat jou myJvR en JvR Kiek wagwoord nie ook sal verander indien jy jou Jan Kas-wagwoord verander nie.
  • Jy sal slegs kan bestel indien daar voorraad is.
  • Indien ‘n item uit voorraad is, kan jy die opsie kies om ‘n kennisgewing te kry sodra die item weer in voorraad is.
  • Bestellings sal binne 2-3 dae aan jou kind gegee word.
  • Sodra jou kind die bestelling gekry het, sal jy ‘n e-poskennisgewing ontvang om te sê dat dit afgelewer is.
  • Jy kan geld in jou Jan Kas-beursie laai vir maklike transaksies in die toekoms. Neem kennis dat daar ‘n 3.4% transaksiefooi is wanneer jy geld in jou beursie laai. Indien daar geld in jou beursie lê, kan jy ook jou kind tydens winkelure stuur om iets aan te pas en uit jou Jan Kas-beursie te koop.

Algemene reëlings:

  • Indien jy iets wil omruil wat jy bestel het, moet jy dit asb. binne 7 dae doen of ten minste met Jan Kas kontak maak indien jy nie binne 7 dae by die winkel gaan uitkom nie.
  • Indien jy iets omruil waarvan die nuwe item duurder is, sal jy die verskil in die winkel moet betaal.
  • Indien jy iets omruil waarvan die nuwe item goedkoper is, sal die verskil in jou Jan Kas-beursie gaan lê.
  • Enige bestellings wat voorheen by Eda geplaas is, moet steeds deur Eda aan jou gelewer word. Jan Kas hanteer slegs bestellings wat vanaf 30 Oktober geplaas is.
  • Indien jy enige vrae het, stuur ‘n e-pos aan jankas@jvrprim.co.za. Daar is nie ‘n telefoonnommer vir Jan Kas nie, kommunikasie sal slegs per e-pos geskied.

Klerebank Nuus

Jan Kas: Winkelure 19 Maart 2024

Neem kennis dat Jan Kas op 19 Maart van 12:30 – 13:20 gaan oop wees. Die tyd is effens aagepas aangesien leerders Dinsdag vroeër verdaag.