Kunsonderrig by Laerskool Jan van Riebeeck is daarop gemik om kreatiewe denke by ons leerders te kweek. Leerders word blootgestel aan verskillende mediums, tegnieke, en kleurteorie in konteks van kunsgeskiedenis en ander kulture. Hierdie benadering ontwikkel kritiese denke en besluitnemingsvermoë en bou selfvertroue en 'n waardering vir verskillende perspektiewe. Terselfdertyd leer die kinders 'n visuele taal aan om uiting te gee aan 'n innerlike belewenswêreld.
Kuns word ook as privaat- buitemuurse aktiwiteit aangebied. Kontak vir Rentia by: emmarentia8@gmail.com