2025

Aansoeke vir 2025 is reeds deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD) se aanlyn aansoekstelsel gefinaliseer. Indien jou familie aan die einde van 2024 na die stadskom trek en julle plek benodig, sal hierdie laataansoek op ‘n ad-hoc basis oorweeg word afhangend van beskikbare plek. Voltooi gerus ‘n laataansoekvorm om vir volgende jaar aansoek te doen.

2026

Aansoeke vir Graad R en Graad 1 vir 2026 word deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD) behartig. Aansoeke moet aanlyn, by die WKOD Aanlyn Aansoekstelsel, ingedien word.  Aansoeke vir Graad R en Graad 1 open op Dinsdag, 11 Maart 2025 en sluit op Dinsdag, 15 April 2025. 

Aansoeke vir Graad 2-7 en oorplasings open op Maandag, 4 Augustus 2025 en sluit op Maandag, 18 Augustus 2025.

Ouers moet asseblief ook die skool se beleide dokument voltooi.  Hoewel dokumentasie by die WKOD se stelsel opgelaai kan word, moet die WKOD se aansoekvorm tesame met die skool se beleide dokument en ondersteunende dokumentasie, steeds by die skool in harde kopië ingedien word.

Alle dokumentasie moet teen Dinsdag, 29 April 2025, by die skool ingedien word.


****  Om interne administrasie te verlig, versoek ons vriendelik dat voornemende ouers, ook Laerskool Jan van Riebeeck se adminvorm sal voltooi.

Kontak gerus die skool indien jy hulp benodig om die aanlyn aansoekvorm te voltooi, of om die voltooide vorm te druk.

 

 

**** For those who require assistance in English, please contact Jodene at admin@jvrprim.co.za or 021 423 4209.

Indien jy dit benodig: Vrystellingsvorm

Vergewis jouself ook van die skool se Gedragskode en Toelatingsbeleid.

Indien jy ‘n kind in Gr.OO – Gr.R wil inskryf, volg asb. hierdie skakel na LJvR se Pre-primêr, Huppelland.