Kategorie: Landloop

Gedurende die tweede en derde kwartaal is daar landloopoefeninge op Dinsdae. Ons moedig steeds atlete aan om by ons ander sportkodes betrokke te raak.

Inskrywings vir landloopwedlope is oop vir almal, hou die nuusbrief dop vir meer inligting. Die liga se wedlope vind oor tien Vrydae in die tweede en derde kwartaal plaas. By hierdie wedlope kompeteer atlete van verskeie skole in verskeie afstande teen mekaar. Die beste 10 leerders (per ouderdomsgroep) kan uiteindelik deurdring tot WP-Proewe.

Landloop Dagboek

No Events