Category: Nuus

/ Algemeen, Nuus

Met dagbreek vanoggend besef ek met ‘n skok dat dit vandag die eerste dag van Desembermaand is en dit beteken dat Kersfees om die draai is! Waar het die kosbare tyd so vinnig heen gevlieg? In terme van die skool is die antwoord voor die hand liggend: dit was ‘n besondere jaar, ‘n besige jaar propvol opwindende akademiese-, kulturele- en sportaktiwiteite, en wanneer daar ook pret betrokke is, dan vlieg tyd behoorlik verby!

Gister het die finale eksamens vir die gr. 4 – 7-leerders uiteindelik tot ‘n einde gekom en ek glo ons huisgesinne het ‘n sug van verligting gegee, want huishoudings kan weer ‘normaal’ en stresvry funksioneer. Alhoewel die rapporte nog nie gefinaliseer is nie, wil ek graag vir julle die versekering gee dat ons leerders puik tydens hul finale eksamens gevaar het. Ek was so bevoorreg om self die afgelope week aktief by die modereringsproses betrokke te wees. Baie dankie aan ons onderwysers wat so deeglik die antwoordstelle merk om seker te maak die leerders ontvang hul regmatige punte. Laat my ook toe om die modereringspan hartlik te bedank vir die belangrike rol wat hulle speel om seker te maak dat die eksamenpunte volledig en akkuraat is wat ons benodig vir die prysuitdelings vir gr. 4 en 5 wat op Dinsdag, 05 Desember, en vir gr. 6 en 7 op Donderdag, 07 Desember, plaasvind.

Ek het begrip dat prysuitdelings altyd kontroversieël sal wees, maar wees verseker dat die skool prysuitdelings met die grootste respek en omsigtigheid hanteer. Net soos ons weekliks erkenning aan sport- en kultuurprestasie in die saal en nuusbrief gee, wil ons ook graag erkenning vir leerders wat akademies hard werk en presteer gee, want akademie is darem ons kernbesigheid. Ons neem deurdagte besluite rakende die proses van erkenning aan presteerders gee sonder om die ander leerders te na te kom. Ons fokus beslis nie net op ons presteerders nie en wil graag ons leerders te alle tye beskerm, maar ons besef ook dat dit ons plig as laerskool is om ons leerders te bemagtig vir die hoërskool asook die grootmenswêreld wat voorlê.

Op Sondagaand, 26 November, om 19:00 het beide ons junior- en senior koor in die pragtige NG Tamboerskloof Kerk tydens die jaarlikse kerssangdiens opgetree. Beide kore het hul puik van hul taak gekwyt en al die kerkgangers betower met hulle pragtige kersliedere. Dit was nog een van daardie trotse oomblikke wat ek die afgelope jaar ervaar en weereens besef het wat ‘n wonderlike voorreg ek het om as skoolhoof van dié merkwaardige skool op te tree. Ons sien baie uit na nog ‘n kerssangdiens, die keer by die Drieankerbaai, NG Kerk wat op Sondagaand, 03 Desember, om 19:00 plaasvind. Indien jy die eerste kerssangdiens uitgemis het, dan is dit nou jou kans om dit eersterangs te ervaar. Sien julle Sondagaand.

Op Dinsdag, 28 November, het die gr. 4-leerders Engels geskryf en kon hulle soos hul gunsteling karakter uit hul letterkundeboek (The Foolish King) skool toe aantrek. die gr. 4-leerders het pragtig gelyk en spoggerig in hul kostuums rondgeloop. Baie dankie juf. Marianne vir die wonderlike inisiatief! Dit maak eksamen pret en help sommer ook om in die proses eksamenangs te verminder.

Ons skoolgemeenskap het werklik so baie om voor dankbaar te wees, dus sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Antonia Montoya oor dankbaarheid. Mag julle ‘n wonderlike naweek sonder enige eksamenstres saam met jul gesin, vriende en/of familie geniet.

“Find gratitude in little things
and your well of gratitude will never run dry.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Biblioteek, Nuus

Dit is weer tyd vir ons kwartaallikse boekverkope!

  • Dit sal eerskomende Maandag en Dinsdag (op 4 en 5 Desember) in die biblioteek plaasvind.
  • Stuur asseblief ‘n geldjie saam indien leerders belangstel om ‘n boek te koop.
  • Beide kontant en kaartbetalings, sowel as SnapScan word aanvaar.
  • Die tye is as volg:
    • Maandag, 4 Desember, 09:30-14:00
    • Dinsdag, 5 Desember, 07:00-14:00.

Ons sien baie uit!

/ Algemeen, Nuus

Liewe Ouer/Voog

Neem asseblief kennis van die onderstaande boodskap van die “Friends of Tamboerskloof Association” (FOTA)

FOTA wil graag belanghebbendes in die area bewus maak van die voorgestelde ses verdieping woonstelblok-ontwikkeling “The Aloe” bo die “Swiss Tennisclub” op die hoek van Leeukop en Quarry Hill. Julle kan meer inligting oor die projek en die beswaarproses kry by https://tinyurl.com/fotadocs.

Neem asseblief kennis dat alle besware teen 11 Desember aangeteken moet word.

Baie dankie vir julle dringende aandag.

/ Koor, Kuns en Kultuur, Nuus

Onthou asb. van ons laaste kooroptrede hierdie Sondagaand, 3 Desember, om 19:00 by Drieankerbaai NG Kerk (Hoofweg, Drieankerbaai).

  • Albei kore tree op.
  • Wees so 18:45 daar.
  • Koorlede dra weer WIT en sit by hul ouers.

Verlede week was pragtig, kom ons maak weer so!

Dit is my laaste kooroptrede by Laerskool Jan van Riebeeck na 41 jaar, nogal ‘n hartseer gedagte vir my! Dankie vir julle getroue ondersteuning al die jare.

Helecia Groenewald

/ Nuus, Sportuitslae

Louis Hofmeyr en John Gillmer het Saterdag die Hamiltons Rugbyklub se toekenningseremonie bygewoon. Louis is as die o.8 speler van die jaar aangewys en John die beste o.13 agterlynspeler van die jaar.

Baie geluk, manne! Ons is trots op hierdie wonderlike prestasies van julle!

/ Nuus, Sportuitslae

Delmar Benecke het die naweek van 25-26 November aan die Cape Town Aquatics (CTA) se WP-kampioenskap as lid van die Vineyard Swemklub deelgeneem.

Delmar het baie goed gevaar en wen die volgende:

100m rugslag – goud seuns o.12
100m vryslag – silwer seuns o.12

Hy swem persoonlike beste tye vir albei sy items. Baie geluk, Delmar! Dis ‘n wonderlike prestasie.

/ Algemeen, Nuus

Ons gr. 4 – 6-leerders het die afgelope week op Dinsdag, 21 November, ook met hul finale eksamens begin en dit eindig op Donderdag, 30 November. Die grondslagfase se finale assesserings vir die jaar is gedurende die afgelope twee weke afgehandel, gemodereer en punte is verwerk. Hiermee wil ek ons toegewyde grondslagfase opvoeders en hul klasassistente hartlik bedank vir hul leeue-aandeel in die suksesvolle afhandeling van die akademiese jaar.

Die jaarlikse prysuitdelings vir die Grondslagfase het op Donderdag, 23 November, plaasgevind. Baie geluk aan al ons wonderlike grondslagfase leerders wat op die dag die nodige erkenning vir hul harde werk, toewyding en puik prestasies ontvang het. Julle is almal presteerders wat ons baie trots maak! Baie dankie aan al die ouers/voogde wat in groot getalle die onderskeie prysuitdelings bygewoon het en in die proses dit baie spesiaal vir hul kind/ers gemaak het. Prysuitdelings vir gr. 4 en 5 geskied op Dinsdag, 05 Desember, en vir gr. 6 en 7 op Donderdag, 07 Desember.

Op Donderdagaand, 16 November, om 18:00 het die inligtingsaand vir gr. 7-ouers van 2024 in die saal plaasgevind. Graag wil ek juf. Charlene (gr. 7-Graadhoof) en haar span hartlik bedank vir die puik aanbieding waartydens die onderskeie vakonderwysers aan die ouers voorgestel is, die gr. 7-kurrikulum met nuwe vakke is verduidelik, besprekings rakende kampe, sokkies, roomysverkope, fondsinsamelingsprojekte, konsert, afskeid aan die einde van die jaar, ens. is in detail hanteer. Ons ouers/voogde het die sessie baie insiggewend ervaar en met geruste harte uit die saal gestap met die wete dat hul kinders volgende jaar vir hul laaste laerskooljaar weer in goeie hande sal wees.

Baie geluk aan Louise en haar Huppellandspan met die uitstekende jaarlikse konsert wat op Vrydagaand, 17 November, in die skoolsaal plaasgevind het. Dit is beslis ‘n hoogtepunt op die Huppellandkalender en is so goed deur die ouers/voogde en familie ondersteun. Die leerders en hul onderskeie opvoeders het die afgelope twee weke baie hard geoefen om die sukses van die aand te verseker.

Ons is verder ook trots op Jan Kas met sy merkwaardige aanlyn aankope platform wat sedert die amptelike opening ongelooflik deur ons ouers/voogde ondersteun word. Ons is nou in ‘n posisie om ons nuwe gemaklike skooldrag onmiddellik aan ons leerders te voorsien. Suzaan kan amper nie voorbly met die bestellings nie en ons moes noodgedwonge nog voorraad bestel om ons ouers/voogde te bedien. Ek glo julle het ook die nuwe aanwysingsborde vir Jan Kas gesien wat beslis sal help sodat almal maklik hul pad na die ligging van ons nuwe klerewinkel sal vind.

Ons innige meegevoel gaan aan die familie van Charl Theron, voormalige voorsitter van ons Beheerraad, wat onverwags die week afgesterwe het. Mag ons gebede die familie tydens die moeilike tyd dra. Ons dink ook aan mnr. Oosthuizen in hierdie tyd, aangesien hy en Charl vir ‘n baie lang tyd ‘n hegte vriendskap gedeel het.

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Mandy Hale oor die belangrikheid van ‘n positiewe gesindheid. Mag julle ‘n wonderlike naweek saam met jul gesin, vriende en/of familie geniet.

“A great attitude becomes a great day,
which becomes a great month,
which becomes a great year,
which becomes a great life.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Prysuitdelings is ‘n kontroversiële onderwerp wat ons met die grootste respek by ons skool probeer hanteer. Ons neem dit baie ernstig op om vir elke leerder in die skool erkenning d.m.v. ‘n sertifikaat te gee. Ons poog om wel deurdagte besluite te neem deur leerders aan te moedig terwyl ons ook toekennings wil gee. Net soos by Sport en Kultuur wil ons ook graag spesiale erkenning aan ons leerders gee wat daagliks hul bes doen om ons skool se kernbesigheid, Akademie, ernstig op te neem en op hierdie gebied te presteer. Dis vir leerders belangrik dat ouers hulle ondersteun afgesien van jou eie ervaring van prysuitdelings, daarom nooi ons alle ouers uit om die onderskeie gr. 4 – 7-prysuitdelingsgeleenthede soos hier onder uiteengesit, by te woon. Tydens hierdie geleenthede word die Top 10 Akademiese prestasies per graad aangekondig saam met die eerste drie plekke in Tale en Wiskunde. Hiermee probeer ons motiveer en aanmoedig. Ons weet ook dat dit uiters belangrik is dat die leerders in klasverband aanwys wie hulle dink die maat was wat die jaar hul deel gedoen het, daarom dat daar drie baie spesiale, geliefde toekennings toegeken word nl.

  • Klasburger van die jaar – klas stem
  • Mees vasberade leerder – klas stem
  • Onderwyserstoekenning – onderwyserskeuse

Prysuitdelings:

  • Graad 4 – Dinsdag, 5 Des., 9:00
  • Graad 5 – Dinsdag, 5 Des., 11:00
  • Graad 6 – Donderdag, 7 Des., 9:00
  • Graad 7 – Donderdagaand, 7 Des., 18:00

Dankie vir die ondersteuning. Ons sien uit om jou by hierdie spoggeleentheid te sien.

/ Nuus, Sportuitslae

Hierdie jaar se Nippers-seisoen het in Oktober begin en daar is ‘n hele paar Jannies wat vir die eerste keer by Clifton Surf Lifesaving Club aangesluit het.

Sondag was die seisoen se eerste geleentheid om vir kompetisies te kwalifiseer. Kwalifikasie sluit ‘n swembad swemtoets, asook ‘n mondelinge eksamen oor waterveiligheid en noodhulp in en daarna ‘n hardloop/swem/hardloop aktiwiteit (tye en afstand volgens vlak).

Dit behels ‘n 300m swemtoets (onder 8 min) vir vlak 1 (onder 9 en 10), ‘n 400m swemtoets (onder 10 min) vir vlak 2 en ‘n 400m swemtoets (onder 9 min) vir vlak 3.

Die volgende leerders het Sondag nuut gekwalifiseer op nuwe vlakke (Lea en Lukas vir die eerste keer):
Vlak 1: Lukas Loubser
Vlak 2: Lea Loubser
Vlak 3: Dax Liversage, Delmar Benecke en Bailey Thomson.

Daar is ander Jannies wat ook steeds deelneem/oefen wat nog nie vir kompetisies gekwalifiseer het nie. Ons is baie trots om die uithouvermoë en spangees te sien wat alreeds met hierdie maand se betrokkenheid by hulle gekweek het. Sondag is die seisoen se eerste kompetisie teen ander klubs.

Nippers fokus ook op gemeenskapdiens (strandskoonmaak en lewensreddingvaardighede).

Sterkte aan al die Jannies wat deelneem!

/ Nuus, Sportuitslae

Vrydag, 17 November, het ons deelgeneem aan ‘n individuele swemgala te Laerskool Kampsbaai.

Dit was ‘n wonderlike manier om die somerseisoen af te sluit en ons swemmers het fantasties gevaar. Daar was 6 skole wat teen mekaar deelgeneem het in 49 items. Die uitslae was as volg:

1ste: 14
2de: 14
3de: 16
4de: 2
5de: 3
6de: 0

Ons seunspan het vir die eerste keer die leeraflos gewen waar een swemmer per ouderdomsgroep vanaf o.7 – o.13 deelgeneem het. Ons het op die dag algeheel tweede geeïndig , slegs 11 punte agter Kampsbaai. Ons is trots op al ons swemmers!

/ Atletiek, Nuus, Sport

Volgende week, 6 en 8 Desember, vind ons jaarlikse kleure-atletiek op Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaas.

Sien alle inligting rakende die twee dae in die program.

Opgewondenheid heers aangesien die blou- en oranjespan reeds vir twee weke hul verskeie liedjies oefen om die ander span lekker gas te gee.

Ouers/voogde, julle word uitgenooi om solank aflosspanne bymekaar te maak sodat die middag op ‘n lekker hoë noot kan afsluit.

Kom geniet twee fantastiese atletiekbyeenkomstes saam met ons.

FINAL PROGRAM - 2023 Kleure-atletiek (1)
/ Kuns en Kultuur, Moderne Dans, Nuus

Op Sondag, 12 Nov 2023, het ons dansers hul AAB Ballet met oorgawe gedans. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het. Die twee beoordelaars was baie beïndruk. Elke danser ontvang ‘n pragtige sertifikaat en medalje.

Gradering:
Bronze Recognition of Participation
Bronze Distinction Recognition of Achievement
Bronze Double Distinction Very Satisvactory
Silver Good
Silver Distinction Very Good
Silver Double Distinction Almost Excellent
Gold Excellent (From Level 3 and higher)

Gr. 1
Iris Caldeira: Silver Double Distinction
Klara Pfeiffer: Silver Double Distinction
Sienna Kruger: Silver Double Distinction
Elia Zwane: Silver Double Distinction
Mika Ohloff: Silver Double Distinction
Gr. 2
Christa-Bella Swart: Silver Double Distinction
Mika vd Walt: Silver Double Distinction
Isla Jooste: Silver Double Distinction
Gr. 3
Natalie Lawson: Silver Double Distinction
Heidi v Heerden: Gold
Gr. 4
Solange Stevens: Gold
Jana v Gijsen: Silver Double Distinction
Gr. 5
Ella Grey: Silver Distinction
Gabriella Buckenham: Gold
Danielle Fourie: Silver Distinction
Gr. 6
Larah Opperman: Silver Distinction
Jessica Schincariol: Silver Double Distinction
Michaan Naylor: Silver Distinction
Isabella Marais: Silver
Daniella Boshoff: Silver Distinction
Gr. 7
Kerala Allewell: Gold
Karlien v d Walt: Gold
Gr. 8/9
Emma Liebenberg: Silver Double Distinction
Lara Basson: Silver Double Distinction
Lumarie Fourie: Silver Double Distinction

/ Algemeen, Nuus

Neem asseblief kennis dat die skool op Dinsdag, 12 Desember, sluit en nie soos beplan op Woensdag, 13 Desember, nie. Die amptelike vakansiedag wat op 15 Desember is, veroorsaak dat skole genoodsaak word om een dag vroeër te sluit aangesien daar van onderwyspersoneel verwag word om twee dae nadat die skool gesluit het, admin te voltooi. Nasorg sal soos normaal tot op 17:15 plaasvind. Geen skool of nasorg op/vanaf Woensdag, 13 Des. nie.

Organisasie van laaste twee weke van skool:

  • Dinsdag, 5 Desember
    • Gr. 4-Prysuitdeling 09:00
    • Gr. 5-Prysuitdeling 11:00
    • Skool verdaag 13:00 (Gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7)
  • Woensdag, 6 Desember
    • Atletiek o.10 – Ope (Velditems) 07:45 – 14:00
      • Bus sal beskikbaar wees om leerders na veld te vervoer
      • Bus sal leerders weer terugbring
      • Sien atletiekprogram in Vrydag, 24 Nov., se nuusbrief
  • Donderdag, 7 Desember
    • Gr. 6-Prysuitdeling 11:00
    • Skool verdaag 13:00 (gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7)
    • Gr. 7-Prysuitdeling 18:00
  • Vrydag, 8 Desember
    • Atletiek gr. 1-7 (Baanitems) 06:45 – 15:00
      • Sien atletiekprogram in Vrydag, 24 Nov., se nuusbrief
      • Geen formele skooldag nie
  • Maandag, 11 Desember
    • Gr. 7-afskeidsaal 07:45 – 09:00
      • Gr. 7-ouers welkom
      • Gr. 2-7 woon saal by
      • Gr. 7-rapporte uitdeel
      • Gr. 7’s versier saal vir sokkie 11:00
    • Skool verdaag 13:00 (gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7)
    • Gr. 7-sokkie 18:00 – 21:00
  • Dinsdag, 12 Desember
    • Gr. 1 – 7-saalbyeenkoms – laaste saal vir jaar 08:30 – 10:00
      • Sertifikate uitdeel, Dansoptredes
      • Leerderraad aankondig
      • Afskeid: Helecia Groenewald, Liezel Theron en Suné Alberts
      • Gr. 1-6-rapporte uitdeel
    • Gr. 7-afskeid (nie by skool nie) 10:00 – 12:00
    • Skool sluit vir vakansie: vir almal 10:30
      • As gevolg van vakansiedag, 15 Des., moet skool een dag vroeër sluit sodat onderwysers admin kan afhandel
    • Privaat Dramakonsert 18:00
/ Algemeen, Nuus

Prysuitdeling vir graad 1-3-leerders vind Donderdag, 23 November 2023, in die skoolsaal plaas.

Graad 1 – 08:30
Graad 2 – 10:00
Graad 3 – 12:00

Netjiese skooldrag is ‘n vereiste. Ouers is baie welkom om die spesiale geleenthede by te woon.

/ Algemeen, Nuus

So kom week 6 van die laaste kwartaal tot ‘n einde met die gr. 7’s wat vandag met hul finale eksamen by die laerskool afskop met die skryf van Wiskunde. Die jaar het besonders vinnig verby gesnel en as ‘n mens vinnig daaroor wil reflekteer, wonder ek dadelik hoe is dit moontlik dat dit al amper weer Kersfees kan wees. Die jaar was besonders besig, maar tog was dit ‘n suksesvolle jaar met hope opwinding en sukses. Die somersportbuitemuurse program maak ook vandag klaar met die aflosgala wat by Laerskool Kampsbaai plaasvind. Gedurende die eksamen gaan ons voort met sportoefeninge, maar dit geskied in skooltyd. Ons leerders geniet dit terdeë om tydens die eksamen en veral na afloop van die skryf van ‘n vraestel ‘n bietjie uit die klas te kom om aan ‘n sportaktiwtiteit deel te neem. Dit help ongelooflik baie vir die leerders om die onnodige eksamenangs dikwels onbewustelik onder beheer te kry asook om die eksamenervaring in ‘n positiewe lig te sien.

Ons leerders se merkwaardige deelname en prestasie op kulturele- en sportgebied hierdie afgelope jaar staan uit soos ‘n paal bo water en dit terwyl hul ‘arme’ ouers/voogde onder druk was om al die logistieke reëlings uit te werk en seker te maak hul kinders daag betyds by al die verskillende geleenthede op. Daarvoor salueer ek julle as ouers/voogde asook al die personeel en afrigters wat instrumenteel was tot die suksesvolle skepping van ‘n gesonde sportkultuur by ons skool binne ‘n relatiewe kort tydjie. Daardeur sê ek nie dat ons nou ‘n sportskool wil word nie, maar eerder dat ons onderneem om in die toekoms voort te bou om geleenthede vir ons leerders te skep om te ontwikkel. Graag gebruik ek die voorbeeld van die aflosgalas wat die afgelope kwartaal vir die eerste keer plaasgevind het. Dit was so lekker om verlede Vrydag te sien hoe ons swemmers die aflosgala by die Duitse Skool geniet het. Opvallend vir my was die kameraderie tussen al ons swemmers, selfs tussen seuns en dogters. Dit was werklik ‘n trotste oomblik vir my as skoolhoof om te ervaar hoe die Jannies vir mekaar omgee en vir mekaar uitkyk.

Die lading van al die ‘einde van die jaar’-departementele administrasie beperk ongelukkig my tyd om al die somersportwedstryde by te woon. Gelukkig kon ek op Woensdag, 15 November, ‘n draai by die tennis tuis maak waar ons dogters o.13A teen LS Kenridge o.13A 4 – 2 gewen het asook by die o.11A-kriektspan wat hul laaste wedstryd teen LS Kampsbaai o.11A in ‘n spannende stryd gewen het. Baie geluk aan ons o.13A-dogterspan met die puik oorwinning asook aan juf. Iscké en haar o.11A-krieketspan wat die seisoen onoorwonne afgesluit het.

My dankbaarheidsbeker loop verder oor as ek sien hoe die vierkant weekliks esteties ‘mooier’ en ‘mooier’ word. Ek wonder nog of julle kan onthou hoe die ‘ou’ vierkant gelyk het? Kom loer gerus en aanskou hoe die voorheen slegs beton-, steen- en ‘harde’-omgewing binnekort in ‘n pragtige lushof gaan verander. Verder probeer ons orals die skoolterrein estieties mooier maak. Graag deel ek dan ook die goeie nuus dat ons hierdie afgelope week begin het om die ablusieareas vir ons inwonende terreinpersoneel op te gradeer. Ek sal julle op hoogte hou soos die projek vorder. Ons wil juis met die opgradering verseker dat ons lojale terreinpersoneel met die nodige respek behandel word deur vir hulle en hul gesinne die nodige ablusie- en wasgeriewe te skep.

Ek word daagliks deur die verjaardag-leerders tot in die afgrond bederf met heerlike soet- en/of eetgoed. Ek maak dan altyd ‘n ophef van die geleentheid om hul verjaardae vir hulle ekstra spesiaal te maak deur vir ‘n spesiale verjaarsagplakker en ‘n klein lekkertjie te gee. Op Vrydag, 10 November, is ek deur die gr. 7-tweeling, Jana en Klare Maree, saam met hul ma met ‘n smaaklike ‘doughnut’ bederf om hul dertiende verjaardag te vier. My beste wense vergesel hulle vir hul nuwe lewensjaar.

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Roy. T. Bennet oor positiewe denke. Mag julle ‘n wonderlike naweek saam met jul gesin, vriende of familie geniet.

“Don’t be pushed around by the fears in your mind.
be led by the dreams in your heart.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Belangrike Datums

desember 2023

03des19:0020:00Kore tree op by Drieankerbaai NG Kerk Kerssangdiens

05des09:0010:00Prysuitdeling: Graad 4

05des11:0012:00Prysuitdeling: Graad 5

06des07:4514:00Kleure-atletiek - velditems (gr. 3 - 7)

07des09:0010:00Prysuitdeling: Graad 6

07des18:0019:00Prysuitdeling: Graad 7

07des21:0021:00Jan Kas sluit vir voorraadopname

08des06:4515:00Kleure-atletiek - baanitems (almal)

09des00:0023:59Barbara Schreuder Dans Prysuitdeling

11des18:0021:00Graad 7-sokkie

12des00:0023:59Sivvies

12des10:0012:00Gr. 7-afskeid

12des10:3010:30Skool sluit vir leerders

12des18:0019:00Dramakonsert

15des00:0023:59Skool sluit vir onderwysers

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersdag

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2024

15jan07:0011:30Jan Kas open

17jan00:0023:59Skool open vir leerders

17jan13:0013:00Nasorg begin

20jan00:0023:59Leerderraad Lead4Life

22jan00:0023:59Somer buitemuurs begin

23jan00:0023:59Ouerinligtingsaand

25jan07:1508:45Jannies vir Jesus

26jan07:4509:10Toets: Engels (gr. 4 en 6), Afrikaans (gr. 5 en 7)

26jan07:4514:00Sivvies

27jan00:0023:59Ouer-kind Sportdag

29jan18:0019:00Beheerraadvergadering

31jan00:0023:59Skool verjaar (103 jaar oud)

Wys Meer

februarie 2024

02feb07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7)

03feb00:0023:59Redenaarsinligtingsessie

06feb00:0023:59Atletiek: Interskole

08feb18:3019:30Wintersport-inligtingsaand

09feb00:0023:59Senior Swemgala

09feb07:4509:10Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7)

16feb07:4509:10Toets: NWT (gr. 4 - 6), NW (gr. 7)

17feb00:0023:59Senior koorkamp

23feb00:0023:59Klasbraai - Conradieveld

23feb07:4514:00Sivvies

23feb07:4509:10Toets: SW Aardr. (gr. 4 - 7)

26feb18:0019:00Beheerraadvergadering

27feb07:4509:10Toets: SW Gesk (gr. 5)

28feb01mrtGraad 7-Kamp

28feb01mrtGraad 5 SOS-kamp

Wys Meer

maart 2024

28feb01mrtGraad 7-Kamp

28feb01mrtGraad 5 SOS-kamp

01mrt00:0023:59Junior Swemgala

01mrt07:4509:10Toets: SW Gesk (gr. 4, 6, 7)

02mrt00:0023:59Rugby: o.13A Hopefield

04mrt(mrt 4)00:0006(mrt 6)23:59Graad 6-Kamp

05mrt00:0023:59Verkiesing van opvoeders en nie-opvoeders tot nuwe Beheerraad

08mrt00:0023:59Somer buitemuurs eindig

08mrt00:0023:59Porterville Bulfees

08mrt07:4509:10Toets: EBW (gr. 7)

11mrt00:0023:59Winter buitemuurs begin

13mrt00:0023:59Rugby: o.7 - o.11 Pinehurst

13mrt07:4509:10Toets: Tegnologie (gr. 7)

14mrt00:0023:59Gholfdag

14mrt00:0023:59Somersokkie

18mrt00:0023:59Verkiesing van nuwe ouers tot Beheerraad

18mrt07:4514:10Gr. 6 Lead4Life

19mrt00:0023:59Markdag

19mrt07:4509:10Algemene Kennis-toets

19mrt07:4514:10Sivvies

20mrt07:4511:00Sivvies

20mrt10:3010:45Skool Sluit

21mrt00:0023:59Menseregtedag

21mrt(mrt 21)00:0026(mrt 26)23:59Oranjerivierroei

Wys Meer

april 2024

03apr00:0023:59Sportdag

03apr00:0023:59Winter buitemuurs begin

03apr00:0023:59Skool heropen

08apr00:0023:59Ouerbesoeke

08apr18:0019:00Beheerraadvergadering

09apr00:0023:59Ouerbesoeke

12apr07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7)

13apr00:0023:59Rugby & Netbal Sportdag: o.7 - o.13 Sunningdale (WEG)

19apr00:0023:59Rugby: o.7 - o.13 Curro Durbanville (TUIS)

19apr07:4509:10Toets: Engels (gr. 4 en 6), Afrikaans (gr. 5 en 7)

20apr00:0023:59Kaperjolle

26apr07:4509:10Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7)

26apr07:4514:00Sivvies

Wys Meer

mei 2024

01mei00:0023:59Werkersdag

03mei00:0023:59Hokkie: Edgemead

03mei07:4509:10Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 7)

04mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

10mei00:0023:59Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis)

10mei07:4509:10Toets: NW / NWT (gr. 4 - 7)

11mei00:0023:59Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS)

17mei07:4509:10Toets: Gesk. ass. (gr. 4 tot 7)

18mei00:0023:59Rugby: Porterville

20mei00:0023:59Grondslagfase Assesserings begin

20mei18:0019:00Beheerraadvergadering

21mei00:0023:59Winter Buitemuurs eindig

22mei00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

24mei00:0023:59Eksamen begin vir gr. 4 - 6

27mei00:0023:59Interne sport begin

31mei07:4514:00Sivvies

Wys Meer

junie 2024

01jun00:0023:59Veiling

05jun00:0023:59Interne sport eindig

05jun00:0023:59Eksamen eindig

10jun(jun 10)00:0013(jun 13)23:59Sporttoer

14jun00:0023:59Sivvies

14jun00:0023:59Skool sluit

Wys Meer

julie 2024

09jul00:0023:59Winter Buitemuurs begin

09jul00:0023:59Skool heropen

10jul07:4514:10Graad 4 Lead4Life

11jul07:4514:10Graad 5 Lead4Life

12jul00:0023:59Hokkie: Stellenbosch hokkiedag o.7 - o.9

12jul07:4514:00Graad 6 Lead4Life

13jul00:0023:59Hokkie: Stellenbosch hokkiedag o.10 - o.13

15jul00:0023:59Ouerbesoeke

16jul00:0023:59Ouerbesoeke

17jul00:0023:59Rugby & Netbal: Kenridge (WEG)

19jul00:0023:59Netbal: B & C toernooi o.10 - o.13

19jul07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 5 en 7), Engels (gr. 4 en 6)

24jul00:0023:59Netbal: Table View (TUIS)

24jul00:0023:59Rugby: Koos Sadie (TUIS)

26jul00:0023:59Hokkie: Curro Langebaan (WEG)

26jul07:4509:15Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7)

26jul07:4514:00Sivvies

27jul00:0023:59Rugby & Netbal: Langebaan (WEG)

31jul00:0023:59Rugby: Goodwood (TUIS)

Wys Meer

augustus 2024

02aug07:4509:10Toets: Wiskunde

03aug00:0023:59Mini Netbal- en Rugbydag: o.7 - o.9

07aug00:0023:59Netbal: Brackenfell (WEG)

07aug00:0023:59Rugby: Brackenfell (TUIS)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

16aug(aug 16)00:0017(aug 17)23:59Interskole

19aug18:0019:00Beheerraadvergadering

30aug00:0023:59Welgemoed naweek

30aug(aug 30)00:0031(aug 31)23:59Winter buitemuurs eindig

30aug07:4514:00Sivvies

Wys Meer

september 2024

02sep00:0023:59Somer Buitemuurs begin

06sep00:0023:59Somer Buitemuurs eindig

09sep(sep 9)00:0013(sep 13)23:59Konsertweek

16sep18:0020:00Beheerraad Begrotingsvergadering

19sep00:0023:59Markdag

19sep07:4514:00Sivvies

20sep00:0023:59Sivvies

20sep00:0023:59Heidre Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Skool Sluit

Wys Meer

oktober 2024

01okt00:0023:59Somer buitemuurs begin

01okt00:0023:59Skool heropen

03okt07:4514:10Graad 6 Lead4Life

04okt00:0023:59Ouma- en Oupadag

05okt00:0023:59Liesel Hammond (Finansies) verjaar

06okt00:0023:59Marinda Brink (Onderwyser) verjaar

09okt00:0023:59Christopher Banda (Terrein) verjaar

11okt07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7)

18okt07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 5 en 7), Engels (gr. 4 en 6)

21okt18:0019:00Beheerraadvergadering

25okt07:4514:00Sivvies

25okt07:4509:10Toets: Wiskunde (gr. 4-7)

Wys Meer

november 2024

01nov00:0023:59Atletiek: Velditems

01nov00:0023:59Graad 1 Piekniek

02nov00:0023:59Atletiek: Baanitems

04nov18:0019:00Begrotingsvergadering met ouers

11nov18:0019:00Beheerraadvergadering

14nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

18nov00:0023:59Eksamen begin vir graad 4 - 7

27nov00:0023:59Eksamen eindig

29nov07:4514:00Sivvies

Wys Meer