Muzkanda Kids begin volgende kwartaal by Laerskool Jan van Riebeeck as ‘n buitemuurse aktiwiteit en ons kan nie wag om hulle by ons te verwelkom nie!

Muzkanda Kids is ‘n unieke opvoedkundige musiekwaarderingsprogram wat fokus op die ontwikkeling van musikale vaardighede by jong kinders. Die program is spesifiek vir die moderne Suid-Afrikaanse musikale omgewing geskep met liedjies, stories, en speletjies wat by die wêreld pas waarin ons kinders grootword.

Die program is ‘n wonderlike manier om jou kind aan musiek bloot te stel en dit is ‘n uitstekende grondslag vir die ontwikkeling van basiese musikale vaardighede. Kinders word ook bekendgestel aan al die verskillende musiekinstrumente, wat ‘n ideale inleiding is vir jou kind om later met gefokusde individuele musieklesse te begin.

Vir meer inligting, besoek hul webblad: muzkanda.co.za of kontak gerus vir Rina by rinsch@rgjs.org.za.

Koste: R900 per kwartaal

Lesse: Donderdae, 14:30 (in groot musiekkamer)