Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck

Die gevoel van ’n plattelandse skool in die middel van ’n bedrywige wêreldstad – aan die voet van die ikoniese Tafelberg. Dis Laerskool Jan van Riebeeck – al vir 100 jaar die plek waar Afrikaanse kinders hulself kan uitleef. Hier word diversiteit gevier en elkeen se uniekheid en kindwees omarm.

Ons onderwysers, ouers en leerders – oftewel Jannies – is trots op ons gemeenskap. Ons skool en land se mense lê ons na aan die hart. Ons mik om elke dag ons waardes in ons gemeenskap uit te leef: Respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee.

Ons leuse, wees jouself, is ons padwyser – ook vir die volgende 100 jaar. Só kan ons Jannies, Kapenaars en Suid-Afrikaners wees wat ’n positiewe bydrae in die land en ons wêreld bly maak.

Ons Waardes

Respek

Eerlikheid

Omgee

Verantwoordelikheid

  • Nuus
  • Algemeen
  • Akademie
  • Kuns en Kultuur
  • Sport

Ella van der Walt presteer in “Touchies”

Ella is gekies vir die SA Nasionale Jeuggroep vir Touch Rugby. Sy sal gedurende Desember en Januarie aan twee oefenkampe deelneem, waarna die finale Suid-Afrikaanse span gekies word om volgende jaar in Ierland deel te neem. Ons wens haar alle sterkte toe en is trots op hierdie besondere...

JVR-LEERDERS MAAK ’N VERSKIL MET SMART FIND

Ses Graad 6-leerders van Laerskool Jan van Riebeeck het as deel van die Standard Bank STEAM-projek ’n uitdaging aangepak wat ’n verskil in ons skoolgemeenskap kan maak. Tussen 18 deelnemende skole in Kaapstad het ons leerders gewys hoe tegnologie gebruik kan word om werklike probleme op te los. Hul projek, ‘Smart Find’ fokus op ’n probleem waarmee ons almal kan identifiseer: verlore eiendom. Van waterbottels en kosblikke tot skoolklere, ons ken almal die frustrasie wanneer goed wegraak. Met die ondersteuning en leiding van Juffrou Suné het die leerders ’n slim stelsel ontwikkel wat RFID-tegnologie en ’n Raspberry Pi gebruik om verlore items makliker te identifiseer en met hul eienaars te herenig. Die leerders het self navorsing gedoen, gekodeer, elektroniese komponente gekoppel en saamgewerk om hul idee in ’n werkende oplossing te omskep. Ons harde werk het vrugte afgewerp. JVR het deurgedring na die top vyf skole en die span het uiteindelik ’n fantastiese prys gewen: ’n 3D-drukker. Dit is ’n ongelooflike prestasie en ’n bewys van wat leerders met kreatiwiteit, spanwerk en deursettingsvermoë kan bereik. Ons is ongelooflik trots op hierdie ses leerders en hul harde werk. Julle het JVR behoorlik trots gemaak. Baie geluk aan ons Smart Find-span, Julle is ware jong innoveerders.  Ons span: Stef Nel, Gert van der Linde, Kent Chimukuyu, Heleen de Kock, Antjie Samuel en Mia...

Bestel van Konsertfoto’s en -video’s

  Bestellings vir ons konsertfoto’s en -video’s op Karri sluit Maandag, 12 Oktober, om 17:00.   Alle besonderhede oor die foto’s en video’s is op Karri beskikbaar.   BELANGRIK: Geen laat bestellings sal aanvaar of hanteer word nie. Maak dus asseblief seker dat jy jou bestelling betyds...

  Nuusbrief Argief

Dagboek

Kortpad