Een van Kaapstad se geselligste bymekaarkomplekke, die klubhuis van die Laerskool Jan van Riebeeck, aan die voet van Tafelberg, is vir algemene gebruik oopgestel. Die klubhuis in Tamboerskloof, met sy asemrowende uitsig op Tafelberg en op Tafelbaai, is veral geskik vir partytjies, seminare en slypskole. Voeg by die aantreklikheid van die opgeknapte klubhuis ook die sekerheid van die rustige sportterrein, en jy het ‘n wenresep vir ‘n uitsonderlike byeenkoms.

Die klubhuis is geskik vir:

  • Seminare / slypskole
  • Partytjies en braaie ( geen tiener of 21ste partytjies nie)
  • Opvoerings
  • Huweliksonthale / huweliksherdenkings
  • (Werks) Onthale vir tot 80 mense
  • A.g.v. Covid-19, is die klubhuis tans vir slegs 40 mense geskik (sosiale afstand van 1 meter)

Fasiliteite:

  • Binnebraaigeriewe
  • Tafels en stoele (genoeg vir 80 mense)
  • Eetgerei en glase
  • Yskaste
  • Oond / mikrogolfoond
  • Kookwaterkan (urn)
  • Kroegtoonbank
  • Ysmasjien

Besprekings: Roxanne Kika | huppelland@jvrprim.co.za | 021 423 6056

Deposito: ‘n Deposito van R3,500 is betaalbaar by bespreking van huurooreenkoms. Bespreking word met betaal van deposito bevestig

Bankbesonderhede:
Laerskool Jan van Riebeeck
ABSA Bank, Adderleystraat
Rekeningnommer: 0360490025
Takkode: 312109
Internetkode: 632005
Tjekrekening
Verwysing: KLUBHUIS en jou naam

Parkering: Parkering is slegs op die geplaveide area en/of afgemerkte gebied.

HUURBEDRAG VIR GROOT KLUBHUIS (vooraf ten volle betaalbaar)

wdt_ID Besonderhede Bedrag
1 Deposito (terugbetaalbaar) R3,500.00
2 Conradieveld R1,500.00
3 Klubhuis/Perseel (tafels & stoele ingesluit) R3,000
5 Klubhuis & Conradieveld combo R4,000
6 Breekware (opsioneel) Individueel geprys
7 Tafeldoeke (opsioneel) Individueel geprys
8 Ekstras (Glase, borde, vurke, messe, koppies, ens.) Individueel geprys

Geen harde geraas na 22:00.

Enige skade sal agterna verhaal word van gebruiker.

AANWYSINGS:

Draai uit Kloofnekweg regs in St. Michaelsweg, daarna links in Varsityweg.

Draai regs in by die sportgronde se hek. Die klubhuis lê in hierdie gronde.