Kategorie: Nuusbrief

Geagte Ouers / Voogde – 13 November 2026

Die eerste week van die eksamen vir die graad 7’s is agter die rug terwyl die graad 4 – 6-leerders op Woensdag, 11 November, met hulle eksamens afgeskop het. Ons besef dat eksamenstres ‘n realiteit vir ons leerders is. Sommige hanteer dit makliker as ander, terwyl die meeste leerders ‘n groot vrees vir teleurstellende resultate het. Ek weet ook dat die eksamentydperk vir julle as ouers ook stresvol is, maar dit is belangrik dat julle jul kind(ers) sal aanmoedig om net hulle beste te probeer. Baie dankie dat julle nie hul waarde aan punte sal koppel nie, maar eerder aan die poging wat jou kind(ers) aanwend. Baie dankie dat julle saam met ons as onderwysers ons leerders sal ondersteun sodat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen hoef te stap nie. Ek weet ook dat sommige van julle bekommerd is dat jou kind(ers) nie goed in die komende eksamens sal vaar nie. Daarom wil ek graag uitwys dat dit net ‘n laerskooleksamen is en nie ‘n kompetisie nie! Indien jou kind(ers) spogpunte behaal, is dit wonderlik en julle as ouer(s) is baie geseënd, maar ongelukkig is dit nie vir almal beskore nie. Maak gerus seker dat jou kind(ers) verstaan dat dit belangrik is om vir die eksamen voor te berei, maar ook dat die uitslae nie hul as ‘n leerder definieer of bepaal watter tipe persoon hy/sy is...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 06 November 2026

November-maand het amper ongesiens sy verskyning gemaak en skielik besef ‘n mens dat Kersfees om die draai is, terwyl daar nog so baie take en/of projekte afgehandel moet word. Ek glo ook dat almal hul burgerlike reg op Woensdag, 04 November, uitgeoefen het deur hul kruisie tydens die plaaslike verkiesing te maak. Ons skool het ook as ‘n stemlokaal gedien en verrigtinge het op die dag goed afgeloop met rye wat darem nie te lank was nie. Dit gaan klopdisselboom met die grondslagfase se finale assesserings en dit kom vandag tot ‘n einde. Op Maandag, 09 November, begin die finale eksamen vir die gr. 7’s en op Woensdag, 11 November, vir die gr. 4- tot 6-leerders. My beste wense vergesel hulle en baie dankie dat julle as ouers ons gaan help om jul kind(ers) aan te moedig om net hul beste te gee sonder om te veel druk oor resultate op hulle te plaas. Verduidelik gerus vir hulle dat dit die heel laaste bietjie harde werk vir die jaar is om af te handel voor ‘n welverdiende somervakansie aanbreek en dit is belangrik om nie nou slap te lê nie. Graag deel ek die volgende wonderlike nuus rakende die kodering- en robotikaprogram wat die skool aanbied. Vanaf 28–29 Oktober het juf. Suné en ses graad 6-leerders (Stef Nel, Helené de Kock, Antjie Samuel, Gert van der Linde, Kent Chimukuyu...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 30 Oktober 2026

Vandag is die laaste Vrydag van Oktober-maand en ons maak gereed vir November-maand wat leerders en onderwysers ongelukkig met eksamens en assesserings assosieer waartydens uitslae en prestasie dikwels onnodig onder die vergrootglas geplaas word. Vanaf Maandag, 02 November, het die grondslagfaseleerders (gr. 1 – 3) reeds met hul finale assesserings vir die jaar begin. Ons grondslagfaseonderwysers hanteer die finale assesserings op ‘n deurlopende basis, m.a.w. ‘n klein gedeelte elke dag oor ‘n verlengde tydperk wat beslis help om die assesseringsangs by hulle te verminder. Op Maandag, 09 November, begin die finale eksamen vir die gr. 7’s. Soos julle weet, mag ek mos nie eintlik die ‘E-woord’ gebruik nie, maar op Woensdag, 11 November, begin die gr. 4 tot 6-leerders ook met hul finale eksamen en wens ek al ons leerders, ouers/voogde, tutors, fasiliteerders en personeel voorspoed toe. Eksamens is inderdaad deel van die opvoedingstelsel en ongelukkig verhoog dit stres- en angsvlakke by leerders en dit filter ook dikwels deur na die huisgesin. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons as onderwysers te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen/assessering te help bestuur sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres as gevolg van enige eksamen laat selfs volwassenes snak na hul asem, maar dit is ‘n natuurlike reaksie en as dit reg bestuur word, kan dit ook voordelig wees om ons leerders vir hul hoërskoolloopbaan asook...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 23 Oktober 2026 

Dit is verstommend hoe vinnig die weke teen die einde van die jaar verby snel, met die derde week van die laaste kwartaal wat vandag tot ‘n einde kom. Daar het reeds heelwat sportwedstryde en -byeenkomste die afgelope twee weke plaasgevind. Graag deel ek die volgende puik somersportuitslae en wens die volgende leerders geluk met hul pragtige sportprestasies: Atletiek: Op Vrydag, 16 Oktober, het ons aan die Laerskool De Hoop Prestige Atletiekbyeenkoms te Somerset-Wes deelgeneem en ons atlete het soos volg puik gevaar: Louis Hofmeyer (o.11) behaal ‘n 1ste plek in verspring (ontvang goue medalje); Christiaan Roux (o.9) behaal twee 2de plekke vir 60 m en 100 m (ontvang twee silwer medaljes); Stef Nel (o.12) behaal ‘n 2de plek in hoogspring (ontvang silwer medalje); Ilan van den Berg (o.10) wen brons vir die 300 m; Jacques du Toit (o.13) wen brons vir die 300 m; en Ilan van den Berg, Nicolaas Boshoff, Stef Nel en Jacques du Toit behaal ‘n 3de plek vir die 300 m-wisselaflos (almal ontvang bronsmedaljes). Verder sluit ons die aand op ‘n hoogtepunt af met ‘n puik vertoning deur ons dogters – Leah Jacobsz, Anna Rabie, Elise Theron en Octavia Ackermann wen goud in die wisselaflos. Die item bestaan uit ‘n 600 m, 300 m, 200 m en 100 m. In totaal het ons 8 medaljes tydens die byeenkoms verower (2 x goud; 3 x...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 16 Oktober 2026

Die tweede week van die laaste kwartaal het goed afgeskop en het ’n opwindende matrieksaal ingesluit. Op Dinsdag, 13 Oktober, het ons jaarlikse en gewilde matrieksaal plaasgevind. Dit is al ‘n jarelange tradisie dat ons jaarliks al die matrikulante wat by ons graad 7 voltooi het, uitnooi na ’n spesiale matrieksaal. Dus het ons vanjaar weer al die 2026-matrikulante wat in 2021 graad 7 by ons voltooi het, uitgenooi om die spesiale geleentheid saam met hul ouers, ons leerders en personeel by te woon om vir hulle sterkte vir die komende matriekeksamen toe te wens. Ons nooi nie net die matrikulante van Hoërskool Jan van Riebeeck wat by ons in die laerskool was nie, maar alle matrikulante wat in graad 7 by ons voltooi het. Matrieksaal is altyd ‘n hoogtepunt, maar vanjaar se matrieksaal is vir my spesiaal, aangesien die matrikulante in 2021 in graad sewe was, en dit ook in dieselfde jaar wat ek as skoolhoof by Laerskool Jan van Riebeeck aangestel is. Verder was 2021 ook ‘n spesiale jaar vir ons skool, aangesien die skool sy honderdste bestaansjaar gevier het. Ons was baie bevoorreg dat die 2021-hoofdogter en -hoofseun, Heloïse Strauss en Danny Newton, asook Luca Zulch (2026-hoofleier by Hoërskool Jan van Riebeeck), Fredrich Erasmus (2026-hoofseun by Hoërskool Jan van Riebeeck) en Taniel Weber (2026-hoofseun by Rondebosch Seunskool) uitstekende en inspirerende toesprake gelewer het. Ek is so...

Lees Verder
Loading

Ander Nuus

Geagte Ouers / Voogde – 13 November 2026

Die eerste week van die eksamen vir die graad 7’s is agter die rug terwyl die graad 4 – 6-leerders op Woensdag, 11 November, met hulle eksamens afgeskop het. Ons besef dat eksamenstres ‘n realiteit vir ons leerders is. Sommige hanteer dit makliker as ander, terwyl die meeste leerders ‘n groot vrees vir teleurstellende resultate het. Ek weet ook dat die eksamentydperk vir julle as ouers ook stresvol is, maar dit is belangrik dat julle jul kind(ers) sal aanmoedig om net hulle beste te probeer. Baie dankie dat julle nie hul waarde aan punte sal koppel nie, maar eerder aan die poging wat jou kind(ers) aanwend. Baie dankie dat julle saam met ons as onderwysers ons leerders sal ondersteun sodat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen hoef te stap nie. Ek weet ook dat sommige van julle bekommerd is dat jou kind(ers) nie goed in die komende eksamens sal vaar nie. Daarom wil ek graag uitwys dat dit net ‘n laerskooleksamen is en nie ‘n kompetisie nie! Indien jou kind(ers) spogpunte behaal, is dit wonderlik en julle as ouer(s) is baie geseënd, maar ongelukkig is dit nie vir almal beskore nie. Maak gerus seker dat jou kind(ers) verstaan dat dit belangrik is om vir die eksamen voor te berei, maar ook dat die uitslae nie hul as ‘n leerder definieer of bepaal watter tipe persoon hy/sy is...

november

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

17nov08:0008:30Koffie en Beskuit Konsert (slegs Grade 1-3)

19nov00:0023:59Krieket: Tableview (WEG) o.7 - o.9

19nov18:0018:00Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Megan Zondagh (Kommunikasie) verjaar

20nov00:0023:59Raché Turner (Onderwyser) verjaar

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1 (08:30)

24nov10:0010:00Prysuitdeling: Gr.2 (10:00)

24nov11:3011:30Prysuitdeling: Gr.3 (11:30)

Wys Meer

desember

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

01des11:3011:30Prysuitdeling: Gr.5 (11:30)

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

03des18:0018:00Prysuitdeling: Gr.7 (18:00)

04des00:0023:59Atletiek

07des08:0008:30Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

08des18:0020:00Drama-afsluiting: Gr.1-7

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

Wys Meer

januarie

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

Wys Meer

februarie

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

06feb00:0023:59Skaak: Paarl Gim toernooi

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

Wys Meer

maart

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

10mrt(mrt 10)00:0011(mrt 11)23:59Boekverkope: The Book Box

11mrt08:0008:30Gr3-7 Skrywersbesoek - Marion Ernskine

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

Wys Meer

april

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Netbal: o.9B & C Toernooi by Sun Valley

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

Wys Meer

mei

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

Wys Meer

junie

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

Wys Meer

julie

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

Wys Meer

augustus

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

Wys Meer

september

01sep08:0008:30GEEN SPORT

01sep08:0008:30Sivvies: Lentedag

02sep00:0023:59o.12 - 7's toernooi in Paarl

02sep08:0008:30GEEN SPORT

03sep08:0008:30GEEN SPORT

03sep08:0008:30FINKOM-vergadering

03sep10:0010:00EBW: Markdag

04sep08:0008:30GEEN SPORT

06sep08:0008:30Somersport Begin

10sep08:0008:30Akademiese- en Kultuurweek Begin

13sep08:0008:30Akademiese- en Kultuurweek Begin

13sep08:0008:30Robotikakompetisie ISF

Wys Meer

oktober

23sep(sep 23)00:0004okt(okt 4)23:59Skoolvakansie

05okt08:0008:30Skool verdaag vroeër

05okt08:0008:30Geen Buitemuurs

05okt08:0008:30Onderwysersdag

05okt08:0008:30Skool Heropen

08okt(okt 8)00:0009(okt 9)23:59Dapper Stappers

08okt08:0008:00Lead4Life - Gr.6

08okt08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

08okt08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

09okt00:0023:59Tennis: 13A toernooi by Brackenfell (S & D)

12okt12:4513:15Matrieksaal

14okt07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

Wys Meer