Jannies@dapperstappers is 'n stapklub wat in 2011 gestig is. Die hoofdoel van die stapklub is om ons graad ses en sewe leerders bloot te stel aan die pragtige natuurlewe in en om die Kaapse skiereiland, maar die klub bied ook 'n goeie geleentheid vir ons leerders en hulle gesinne, om op 'n ontspanne manier, 'n aktiewe dag in die buitelug te spandeer.
Ons stap een keer per kwartaal op 'n Saterdagoggend 'n bepaalde staproete en die afstand-en moeilikheidsgraad wissel, maar daar is 'n groot verskeidenheid wonderlike staproetes in die Kaap waarvan gebruik gemaak kan word.