Skoolhoof: Mnr Naas Beets

Groete en welkom by die Laerskool Jan van Riebeeck, geleë in die hartjie van die Moederstad. Dit is my voorreg en plesier om jou op ons skool se webwerf te verwelkom en te bedank dat jy die tyd geneem het om dit te besoek. Ons hoop om jou van nuttige inligting rakende ons skool, die leerders, personeel, ons waardes en die programme wat ons aanbied, te voorsien.

Ek glo vas dat elke leerder waardeer, gerespekteer en toegelaat moet word om te groei in ‘n veilige, kreatiewe en holistiese omgewing om aan hul behoeftes te voldoen. Elke leerder kry dus die kans om ons skool se leuse uit te leef: Wees Uself.

Ons het toegewyde opvoeders en personeel wat daartoe verbind is om ons leerders ‘n afgeronde opvoedkundige ervaring te bied. Ons stel groot verwagtinge aan leerders om uitnemend in akademiese, kulturele, sport- en gemeenskapspogings te wees. Alhoewel die kernkurrikulum (KABV) aan alle leerders voorsien word, is ons van mening dat dit van kritieke belang is om ook leierskapsgeleenthede, karakterbou en blootstelling aan tegnologie te bied om hul sodoende te betrek by die wêreld van die toekoms.

Ons waardeer positiewe verhoudings met ons gemeenskap. Ons omhels diversiteit, ons moedig ons leerders aan om respekvolle verhoudings met hul eweknieë, personeel en die breër gemeenskap te ontwikkel. Ek wil ook die lede van die Skool se Beheerliggaam bedank dat hulle instrumenteel is in die skep van ‘n effektiewe leerkultuur om aan die behoeftes van die leerder van die 21ste eeu te voldoen.

Naas Beets matrikuleer aan Hoërskool Oudtshoorn in 1984. Hy studeer aan die Oudtshoorn Onderwyserskollege en Universiteit van Stellenbosch.

Hy begin sy onderwysloopbaan in 1991 by Oudtshoorn Kollege in die Suidkaap, waar hy lektor, senior lektor, programbestuurder en kampushoof was tot 2008. Daarna verhuis hy en sy vrou, Sanelda, en hul seun Naas jnr. na Calgary, Kanada waar hy verder studeer het in besigheidstudies asook deeltyds klas gegee het. Naas het ook die voorreg gehad om onderrig in Duitsland en Namibië te gee. Die Beets-gesin keer einde November 2011 terug na Suid-Afrika en hy aanvaar vanaf 01 Januarie 2012 ‘n pos as Adjunkhoof by Laerskool Eversdal. Hy word toe bevorder tot Skoolhoof van Laerskool Fanie Theron vanaf 01 Oktober 2018 tot 31 Desember 2020.

Kontakbesonderhede:

skoolhoof@jvrprim.co.za | 021 423 4209