Sinchroniseer Gr 4 Kalender

Kopieer die ical skakel deur hier onder te klik en volg dan die stappe vir jou kalender:

Voeg by my Google Kalender

Op jou rekenaar:

  1. Maak jou Google kalender op jou rekenaar oop.
  2. By Other calendars, kliek op “+ Add other calendars”.
  3. Kliek op “From URL”.
  4. Paste die skakel wat jy vroeër gekopieer het onder “URL of Calendar”.
  5. Kliek op “Add Calendar”.

Die Graad 4 taak- en toetsrooster sal nou op jou rekenaar se Google kalender verskyn onder “Other Calendars”.

Op jou slimfoon:

Indien jy reeds die Graad 4-kalender op jou rekenaar met jou eie gesinchroniseer het, kan jy direk na die stappe hieronder gaan.

Om die Graad 4-kalender van jou selfoon af met jou kalender te sinchroniseer, kliek op die blou blokkie met die wit plus onderaan die kalender hierbo se raam. Kies “add”.

Maak nou jou Google Calendar App op jou foon oop:

  1. Maak die App se menu oop en kies “Settings”.
  2. Kies “Show more”.
  3. Kies “Graad 4”.
  4. Skakel “Sync” aan.
Voeg by my iPhone/iPad Kalender
  1. Maak jou iPhone / iPad se Settings app oop.
  2. Kies Accounts & Passwords of Mail, Contacts, Calendars, afhangende van die model. Jy kan ook net “Accounts” soek met die soekfunksie.
  3. Kies Add Account.
  4. Kies Other.
  5. Kies Add Subscribed Calendar.
  6. ‘Paste’ die gekopieerde skakel in die Server dataveld.
  7. Indien die ‘paste’ opsie nie werk op jou Apple toestel nie, gaan ‘paste’ eers die skakel êrens anders op jou selfoon en kopieër dit dan van daar af.
  8. Kies Next.
  9. Kies Save.
Voeg by my Outlook Kalender
  1. Maak jou Outlook e-pos oop.
  2. Maak nou jou Outlook Kalender oop.
  3. Kies die Home tab.
  4. Kliek / Regskliek op Open Calendar.
  5. Kies From Internet.
  6. ‘Paste’ die gekopieerde skakel in die Enter the location of the internet calendar dataveld.
  7. Kies OK.
  8. Kies Yes.