Skrywer: Marinda Brink

Hoërskooltutors – Huiswerkklasse

Vanaf volgende week (15 Julie) sal die hoërskooltutors weer op ‘n Maandag, Woensdag en Donderdag direk na skool (14:15) ekstra huiswerkklasse aan ons leerders gratis voorsien. Indien jou kind weer van die diens gebruik wil maak of indien sy/hy nou wil begin, moet jy asseblief vir Marinda Brink marinda@jvrprim.co.za daaroor kontak. Leerders meld by Marinda se kantoor aan. Hierdie diens is ‘n voorreg en ekstra geleentheid, so dit sal gaaf wees indien ons leerders van hul klas sal onthou en betyds...

Lees Verder

Huiswerkklasse van hoërskoolleerders (tutuors)

Die program wat ons vir twee weke op die proef gestel het, het goed gewerk. Die klasse het vir die kwartaal eers tot ‘n einde gekom, aangesien die hoërskooltutors vir hul eie eksamen moet voorberei. Ongelukkig is ons op hul privaattyd aangewese. Alle huiswerkklasse sal in kwartaal drie weer...

Lees Verder

Addisionele huiswerkklasse Gr.4-7

Leerders leer die beste by ander leerders … Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck vat hande en bou bande deur van die akademiese presteerders (Gr.10 – 12-leerders) te gebruik om akademiese intervensie aan ons graad 4 – 7-leerders te voorsien. Hierdie intervensie is om enige leerder nog meer te versterk sodat Laerskool Jan van Riebeeck kan voortbou en selfs nog beter akademiese resultate kan behaal. Baie van hierdie hoërskoolleerders is oud-leerders van die laerskool en verskriklik oulik, betroubaar en gefokus op hul skoolwerk. Op hierdie manier trek ons leerders voordeel om op ‘n gemaklike manier hulp met huiswerk, opsomwerk en selfs voorbereiding vir toetse by ouer leerders te ontvang. Die huiswerkklasse sal op ‘n Maandag / Woensdag / Donderdag vanaf 14:30 – 15:15 plaasvind. Die idee is dat elke leerder een keer per week huiswerkklasse ontvang. Die klasse is vir enige leerder in graad 4 – 7 beskikbaar. Graad 3 leerders is ook welkom. Hierdie projek gee ons ouers ook die geleentheid om te verseker dat huiswerk reeds by die skool op ‘n gestruktureerde manier gedoen word terwyl die kinders wag om by die skool gehaal te word. Laat weet vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien jou kind by hierdie huiswerkklasse kan inskakel. Die lesse is gratis en ons wil genoeg geleentheid aan ons leerders bied om hul akademiese potensiaal te...

Lees Verder

Verryking en blootstelling

Ons het die jaar entoesiasties en geesdriftig met nog ‘n doel voor oë aangepak: Om die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck bloot te stel aan meer diverse mense, kulture, ervarings, ens. Ons het die jaar begin deur te fokus op Mense van Kaapstad wat op hul unieke manier ‘n verskil in hul eie lewe, maar ook die lewens van ander mense maak. Mense wat hul uniekheid in die rede vir hul sukses omskep het. Hierdeur wil ons ons leerders bemagtig deur die nodige toerusting aan hulle te gee sodat ons goed gemanierde, sterk individue vorm wat eendag as volwassenes vir Suid-Afrika en die wêreld iets kan terug gee. Tydens kwartaal 1 het die aktrise Quanita Adams en entrepreneur Vusi Vokwana ons tydens saalbyeenkomste kom toespreek. Die iMadiba-gespreksruimte wat deur Erhardt Thiel ontwerp is en deur Zelda la Grange en Tom Moses geopen is, vorm nou ‘n perfekte plek waar heelparty konfliksituasies en sienings reeds tussen leerders aangespreek is. Leerders moet geleer en gelei word om verskille te leer hanteer, want dit is tog ‘n proses wat lewenslank neem om te bemeester. Verder het ons pasklaar programme deur ervare sielkundiges laat saamstel om aan ons graad 6 & 7-leerders tydens verskeie sessies aan te bied om verdere verryking en bemagtiging te verseker. Hierdie onderskeie programme strek vanaf kwartaal 1 tot kwartaal 3. Dit sluit perfek by die PSW/Lewensoriëntering-kurrikulum aan....

Lees Verder

GRAAD 4 – 7 OUERGESPREKSGELEENTHEID EN INLIGTINGSESSIE

Portefeuljedag/Ouergespreksgeleentheid: Graad 4 -7-ouers word aangemoedig om afsprake van 15 minute elk op Maandag, 8 April 2019, tussen 15:00 – 19:00 by Adri Marais (skoolsekretaresse) te maak, indien jy met ‘n spesifieke onderwyser wil gesels. Inligtingsessie: Op Donderdag, 11 April 2019, om 18:00 sal dr. Joan Campbell die graad 4-7-ouers rakende seksuele gedrag by kinders van hierdie ouderdomsgroep toespreek. Dit sal in die skoolsaal...

Lees Verder

Trots om ‘n Kapenaar te wees

Ons poog om hierdie jaar die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck te verryk deur blootstelling aan ‘n verskeidenheid Kapenaars wat sukses op een op ander manier behaal het, te gee. Ons wil spog met die Mense van Kaapstad en ons leerders inspireer en motiveer om hulself te wees en om sukses op hul eie manier te behaal deur te fokus op die proses eerder as ‘n spesifieke eindproduk. Hierdie sprekers sal regdeur die jaar tydens saalbyeenkomste optree. Ons is trots om Kapenaars genoem te word, om deel te wees van ‘n diverse gemeenskap en daarom dat ons besluit het om hierdie jaar klem op isiXhosa te plaas. Ons sal weekliks nuwe woorde aan leerders en ouers op ‘n verskeidenheid maniere bekend maak. Ons vertel in ‘n volgende nuusbrief meer...

Lees Verder

Ekstra huiswerkklasse

Laat weet asseblief vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien u beskikbaar is om gedurende die jaar op een of ander manier met ekstra huiswerkklasse te help. Dankie aan diegene wat reeds betrokke is.

Lees Verder

ATKV – Junior Olimpiade (Graad 7 – 9) Uitslae

Baie geluk aan elf graad 7’s wat die ATKV se Junior Olimpiade (Graad 7 – 9 Afrikaanse vraestel) geskryf het. Ons was een van drie laerskole wat teen ‘n hele paar groot hoërskole in die Wes-Kaap deelgeneem het. Ons is baie trots op hierdie leerders wat bewys het dat ons met graad 8 en 9-leerders kan meeding: Annabel de Jager, Benke Grobler, Daniël Grutter, Adrian Huysamen, Johann Jordaan, Lili Louw, Stef Mostert, Jan Murray, Benjamin Pienaar, Henry Potgieter en Chris Scott.Baie geluk aan julle almal...

Lees Verder

Prysuitdeling: Verandering van datums en formaat

PRYSUITDELING 2018: Datums: GRAAD 1 – 3: Woensdagoggend, 28 November 2018 Graad 1 – 8:30 Graad 2 – 10:00 Graad 3 – 11:30 AS GEVOLG VAN KOOROPTREDE WAT GEKANSELLEER IS: LET OP VERANDERING GRAAD 4 – 5: Dinsdagaand, 4 Desember 2018 LET OP VERANDERING GRAAD 6 – 7: Donderdagaand, 6 Desember 2018 ALGEMEEN GRAAD 4 – 7: Ons is in die proses om die formaat van die prysuitdeling te hersien. Die volgende aanpassings is reeds beplan vir die jaar se prysuitdeling nadat ons die graad 6 en 7-leerders se mening rakende die huidige formaat, gevra het : 1. Sertifikate: Elke leerder in die skool ontvang steeds ‘n sertifikaat. Hierdeur wil ons steeds aan elke kind spesiale erkenning gee. Dit blyk duidelik belangrik vir ons leerders te wees. Ons poog om op vordering, deelname, 100% skoolbywoning, spesiale karaktereienskappe en waardes te fokus. Slegs leerders wat ‘n gemiddeld van 80% en meer het, sal erkenning op die sertifikaat ontvang nl. Uitsonderlike prestasie. Leerders voel dat hulle geëtiketteer word indien daar onderskeid op die sertifikaat gemaak/getref word bv. Goeie prestasie, ens. en dit voor almal gelees word. 2. Toesprake: Ons poog om die jaar se toesprake aansienlik te verkort. 3. Spesiale toekennings: Alle toekennings wat gedurende die jaar reeds in die skoolsaal en/of by ‘n sport- of kultuurbyeenkoms, waartydens ons skoolgemeenskap (leerders en/of ouers) betrokke was, oorhandig is, sal nie gedurende die...

Lees Verder

Finale rooster van Akademiese Spele week: 17 – 21 September 2018

Die Akademiese Spele wat eerskomende Maandag (17 – 21 September 2018) afskop, beloof om heelwat verryking, integrasie en pret rondom die tema Sportwetenskappe vir leerders, onderwysers en ouers in te hou. ‘n Google Form is gestuur om die alternatiewe buitemuurse program vir die week uiteen te sit. Die laaste dag om hierop te reageer is Donderdag, 13 September 2018, om 19:00. Let asseblief daarop dat ons ‘n spesiale oueraand (Woensdag, 19 September 2018, om 19:00 in die skoolsaal) aanbied waartydens Heleen Meyer (voedselkonsultant) oor gesonde kos en eetgewoontes sal gesels en daarna sal Rob Buck (fisioterapeut en sportdirekteur van Pinehurst) ons toespreek- Maak jy ‘n kind of sportheld groot: Die verhouding tussen ouer, kind en sport? Die week sluit af met ‘n kaskarresies wat baie pret inhou. Elke graad trek volgens ‘n bepaalde tema aan: Graad 1 – skaatsplankryers Graad 2 – verkeersligte Graad 3 – sportsoorte Graad 4 – 80’s baanatlete Graad 5 – 80’s aerobics Graad 6 – rugbylande Graad 7 – formule 1-renjaers Onthou om R50 per leerder deur middel van Karri / kontant / EFT te betaal. Sien FINALE rooster. U betrokkenheid en ondersteuning word opreg...

Lees Verder

Koste van Akademiese Spele

Die kostes van die AKADEMIESE SPELE week (17 – 21 September 2018) wat op Sportwetenskappe fokus, beloop R50 per leerder. Allerhande aktiwiteite word gedurende hierdie week aangebied wat nader aan die tyd in die nuusbrief gekommunikeer sal word. Ons wil geen leerders uitsluit nie. Betaling kan deur middel van kontant, per EFT (verwysing: AK-spele + u kind se naam; stuur bewys na registeronderwyser) of per Karri-app gemaak word. ‘n Boodskap sal aan u gestuur word om Karri-app te bevestig. Datum van betaling: 24 Augustus – 17 September...

Lees Verder

Vrywilligers vir huiswerkklasse

Kontak vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien u (ouer/grootouer/student) graag as ‘n vrywilliger betrokke wil raak om gratis huiswerkklasse aan leerders (op individuele basis) te bied wat ekstra ondersteuning...

Lees Verder

Akademiese Spele: 17 – 21 September 2018

Die Akademiese Spele beloof om hierdie jaar groot pret te verseker aangesien ons gedurende die week (17 – 21 September 2018) – oor alle grade (gr. 1 – 7) en so ver moontlik alle vakke – akademie en sport gaan integreer. Vandaar die tema: Sportwetenskappe. Ons beoog om verskillende aspekte van sport in die klaskamer te bespreek om leer op ‘n lekker en interessante manier aan te bied. Algemene skoolaktiwiteite waarby die hele skool betrokke sal wees – om solank na uit te sien: Elke klas sal ‘n skaakles ontvang; Sports Hub kom bied ander sportsoorte aan gedurende LO-periodes sowel as sporttoernooie smiddae na skool; Op Vrydag, 21 September, sal die onderskeie klasse in graadverband meeding in ‘n kaskarresies en daar sal verskeie motiveringsprekers optree. Indien u graag betrokke wil raak ,bv. om met ‘n sekere graad of selfs ‘n sekere klas te gesels oor ‘n spesifieke onderwerp, bv. gesonde eetgewoontes, ‘n gesonde liggaam/postuur, ens. wat by sport/akademie aansluit, moet u asseblief vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Enige ander betrokkenheid sal waardeer word. ‘n Finale program sal nader aan die tyd bekendgemaak...

Lees Verder

Mullers oogtoetse graad 1, 3 en 6

‘n Groot dankie aan Die Mullers oogkundiges-span onderleiding van Yolandé Scott, wat Maandag en Dinsdag die hele dag spandeer het om leerders in graad 1, 3 en 6 se oë te toets. Indien die oogkundiges agtergekom het dat dit nodig is vir ‘n meer volledige oogtoets, sal daar ‘n briefie saam met u kind se vorderingsverslag (rapport) huis toe gestuur...

Lees Verder

ATKV-Redenaars Eerste ronde uitslae

Op Vrydag, 20 April 2018, het 10 van ons leerders aan die ATKV-redenaarskompetisie se eerste ronde deelgeneem te Laerskool De Kuilen. Ons is baie trots op elkeen van die volgende deelnemers: Gr. 3: Susan Burger, Markus de Ridder en Francois Joubert Gr. 4-5: Stella Malan, Cayle Stoltz, Heloïse Strauss en Luca Zulch Gr. 6-7: Annabel de Jager, Henri Malan en Liezel Snijders. Ongelukkig was Cara (gr. 3) en Mari (gr. 6) Swanepoel afwesig en moes hulle op die nippertjie onttrek. Baie geluk aan Francois Joubert wat ons by die semi-finale ronde sal verteenwoordig! Dit sal op 25 Mei 2018 te Hoërskool Bellville...

Lees Verder

Omgee-Jannies

Ons vereer graag Jan van Riebeeck-leerders wat ons Omgee-waarde uitleef deur aan die spesifieke leerder ‘n Wefit SA-horlosie te gee. Hieronder is die leerders (in datum volgorde) wat vanaf verlede kwartaal ‘n horlosie ontvang het: 1) Christiaan Stimie 2) Leyla Crouse 3) Sofia Goosen 4) Petrus Bosman 5) Chloe Schmidt   Wefit Reward vir Karakter Tel Die “Wefit Reward” vir “Karakter Tel” is ‘n borgskapprogram wat Wefit SA begin het met die doel om jong leerders te motiveer om meer entoesiasties op te tree teenoor die reëls en waardes van hul skool en dit na te streef. Ons glo vas dat eerbare karakter net soveel erkenning verdien as bv. sportprestasies. Vir hierdie doeleinde wy ons onsself by Wefit SA toe deur twee Wefit horlosies per maand aan Laerskool Jan van Riebeeck vir ‘n termyn van 1 jaar as deel van die “Wefit Rewards” te skenk vir die “Karakter Tel” program. Wefit SA laat die kriteria van die oorhandiging van die pryse en diskresie vir die keuse van die leerder wat beloon word, totaal aan die Laerskool Jan van Riebeeck Personeel oor en vertrou dat beide leerders en ouers dit sal respekteer. Dit is voorwaar ‘n voorreg vir Wefit SA om hande met Laerskool Jan van Riebeeck te vat met die implementering van die “Wefit Reward vir Karakter Tel” program en vertrou dat dit vir groot opwinding onder leerders gaan...

Lees Verder
  • 1
  • 2