Ons skool beskik oor ‘n moderne snoepie wat verskeie eetgoed verkoop.

Die snoepie is elke dag van die week gedurende eerste en tweede pouse oop.

Ons het vier verskillende spyskaarte met maaltye wat weekliks afgewissel word. Bestellings vir die maaltye moet vooraf op die Karri-toep gemaak word. Bestellings vir die daaropvolgende week sluit Sondae om 17:00.

Broodjies kan gedurende pouse of na skool by die snoepie bestel word asook verskeie lekkernye en drinkgoed.

BESTELLINGS VIR MAALTYE:

  1. Die week se spyskaart word op Woensdae / Donderdae gelaai en aan alle ouers in die Laerskool uitgestuur.
  2. Bestellings kan dan vir elke leerder onder hul naam gemaak word.
  3. Bestellings wat op Karri gedoen word, word dadelik betaal en dit is nie nodig om ‘n rekening te vereffen nie.
  4. Gr. 1-3-leerders se maaltye word by hul klas voor 1ste pouse afgelewer. Gr. 4-7-leerders kom haal hul maaltye by die snoepie.
  5. Indien jou kind afwesig gaan wees, stel asb. die oggend die snoepie per e-pos in kennis. Indien die snoepie nie in kennis gestel is nie, neem ons geen verantwoordelikheid vir die leerder se kos nie.
  6. Indien ‘n leerder dink hulle moet iets kry wat hul nie ontvang het nie, moet hulle dit asb. by die snoepie meld.
  7. Indien jy nie die maaltye se kennisgewing op die Karri toep ontvang nie of vir enige ander navrae, kontak asb. die snoepie: snoepie@jvrprim.co.za