Category: Atletiek

Atletiek vind in die eerste en vierde kwartaal plaas. Leerders kry die geleentheid om baie vaardighede te leer en atletiek is ‘n heerlike sport om aan deel te neem. Oefen tye vir atletiek is Maandae en Woensdae vanaf 14:30 tot 16:00. Hierdie oefening vind by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaas.

Ons kleure-byeenkoms vind aan die einde van elke jaar plaas. Hier moedig ons massa-deelname aan en almal vanaf Graad R - 7 mag deelneem. Dit is egter nie verpligtend nie. Hier word ons atlete wat die volgende jaar aan interskole byeenkomste deelneem, geïdentifiseer.

TWEEKAMP
Deelnemers neem in twee afdelings deel, nl. swem en hardloop. Hul ouderdom bepaal die afstande waaraan hulle deelneem. Dit werk op ‘n puntesisteem. Die hardloopafdeling oefeninge vind plaas saam met die atletiek: Maandae en Woensdae. Die swemoefening vind by die skool plaas in verskillende oefensessies of by privaatafrigters. Dogters en seuns van alle ouderdomme is welkom om deel te neem. Byeenkomste vind ongeveer een keer 'n maand op Saterdae plaas. Die seisoen begin September en eindig Maart die volgende jaar.

Kleurindeling volgens leerders se vanne:

Atletieknuus

Jannies presteer by HSH Aflosbyeenkoms, 28 Oktober

Op Donderdag, 28 Oktober, is 32 van ons atlete deur mnr. Leon Hanekom en mnr. André Lourens vergesel wat aan Hopefield se aflosbyeenkoms deelgeneem het. Ons spanne het oor die algemeen uitstekend gevaar en elke keer onder die...

Atletiek Dagboek

desember 2021

08desHeeldagAtletiek: Intersenfase (veld items)

10desHeeldagAtletiek: Baanitems O/6 - O/13 vir 2022