Die skool stel jaarliks ‘n volledige ouerhandleiding saam wat gratis aan elke gesin in die eerste weke van die eerste kwartaal van elke skooljaar verskaf word. Die ouerhandleiding word in ‘n handige en aantreklike kleurformaat gedruk en bevat relevante inligting met betrekking tot die skool se akademiese-, sport- en kultuuraanbieding asook ‘n samevatting van die skool se kleredrag en dissiplinêre reëls en die heersende skoolbeleide. Dit verskaf verder alle kontakbesonderhede en ‘n uiteensetting van die belangrikste gebeure wat vir die nuwe jaar beplan word.

Ouerhandleiding

2023