Laerskool Jan van Riebeeck spog met 'n nuwe swembad. Swem is 'n somersport en vind tydens die eerste en vierde kwartaal plaas.
Ons hoogtepunt is ons jaarlikse kleuregala waar ons fokus op massadeelname. Dit vind in die eerste kwartaal gedurende skoolure by ons skoolswembad plaas. Leerders wat kan swem, neem hieraan deel. Hierdie gala asook die oefeninge word gebruik om ons swemspan te identifiseer wat gedurende die res van die seisoen aan ander galas deelneem.
Ons maak gebruik van professionele afrigters om net die beste te verseker. Ons swembad word ook tydens LO periodes gebruik.