Category: Nuus

Voorlopige datums vir musiekkonserte hierdie kwartaal:
Dinsdag, 21 April 9:00 Gr.1 & 2
Dinsdag, 21 April 11:00 Gr.3
Slegs 2 volwassenes per deelnemer sal toegelaat word. Geen klasse sal kom kyk nie.
Voorlopige datums vir musiekkonserte kwartaal 2:
Maandag, 5 Julie 9:00 Gr.4 & 5
Maandag, 5 Julie 11:00 Gr.6 & 7
Slegs 2 volwassenes per deelnemer.
Jannies Talent:
Voorlopige datum vir Jannies Talent: Woensdag 7 Julie
As jy ‘n spesiale talent het, kom skryf in! Dans, sing, toneelspeel, musiekmaak, toorkuns……dink solank en oefen!
Ons wil graag vir Zandile Salimani, Gr.00 klasassistent by Huppelland, baie geluk wens met haar groot prestasie. Zandile het na 20 jaar besluit om haar matriek te voltooi en wil graag verder studeer om ‘n onderwyseres te word. Die Opvoedingstrust het haar in 2019 by College of Cape Town ingeskryf en sy het gedurende 2019 en 2020 aand- en naweekklas geloop. Sy het baie hard gewerk en ons is baie trots op haar. Baie geluk Zandile! Ons bedank ook graag die Opvoedingstrust wat hierdie fantastiese geleentheid moontlik gemaak het.
So breek week 3 van die aangepaste kwartaalkalender aan met die goeie nuus van ons president, Mnr. Cyril Ramaphosa, dat die land se grendelstatus tot vlak 1 aangepas word.
Dit is goeie nuus vir alle Suid-Afrikaners en bring groot verligting vir ons land se kwesbare ekonomie. Die aandklokreël wat tot middernag verleng is, verskaf meer tyd om ons behoefte aan sosiale interaksie op ‘n verantwoordelike wyse te geniet. Baie dankie vir al die Graad 1-ouers wat op Woensdag, 3 Maart 2021, vir die oueraand en piekniek opgedaag het. Ek waardeer julle teenwoordigheid en verwelkom jul betrokkenheid by die skool. Wanneer ouers betrokke by die skool is, ontmoet hulle die opvoeders asook ander ouers om sodoende die gemeenskaplike belang net verder te vergroot. Vir my is die ouers en die skool in ‘n kardinale vennootskap en met jul aktiewe betrokkenheid word die lojaliteit teenoor die skool en sy personeel verstewig. Jane D. Hull het die volgende stelling gemaak: “At the day, the most overwhelming key to a child’s success is the positive involvement of parents’’.
Verder is ek baie opgewonde en sien ek daarna uit om julle en jul gesinne vanaand by die piekniekfunksie te ontvang. Ek is op diens by die Conradieveld, maar sal beslis kom inloer by die skool. Ek glo en vertrou dat ons almal die samesyn sal geniet en nuwe kennisse sal maak. Baie dankie by voorbaat dat julle die Covid-19 protokol tydens die funksie sal eerbiedig.
Neem asseblief kennis van die volgende:
1. Verkiesing van die 2021 Beheerraad (BR):
Neem asseblief kennis van die volgende belangrike inligting:
● Termyn: 2021 – 2024 (3 jaar).
● Ouerverkiesing geskied virtueel d.m.v. VotingCrowd op Dinsdag, 30 Maart 2021. Verdere reëlings en tydsgleuf om aanlyn te stem sal spoedig volg.
● Die ouerkomponent van die BR bestaan uit 5 posisies.
● Die volgende ouers wat die vorige BR verteenwoordig het, het hulsef weer verkiesbaar gestel:
⮚ Merwe Scholtz (Voorsitter)
⮚ Izelle Venter (Onder-voorsitter)
⮚ Esri Marais
● Benoeming/nominasie begin reeds (vandag) Vrydag, 5 Maart 2021, en sluit Dinsdag, 16 Maart 2021, om 10:00.
● Benoeming/nominasie moet met ‘n kort CV en foto vergesel word.
● Voltooide benoemings/nominasies moet by Adri (ontvangs) ingehandig word.
● Ons skool se verkiesingsbeampte is mnr. Chris Storey, skoolhoof van Laerskool Kampsbaai. Ek is die verkeisingsbeampte vir Hoërskool Jan van Riebeeck. Skoolhoofde mag nie hul eie skool se BR-verkiesings hanteer nie.
● Benoeming/nominasievorms is ook beskikbaar by Adri (ontvangs) of jul kan die onderstaande skakel volg.
Volg asseblief die skakel vir toegang tot die volgende:
⮚ AANHANGSEL A: Kennisgewing van benoemingsbekragtigingsvergadering en verkiesing wat die proses en sperdatums bevat; en
⮚ AANHANGSEL B: Benoemings/nominasievorm vir verkiesing van ouers tot die Beheerraad.
2. Swemgala
Weens die groot belangstelling het ons besluit om die swemgala eerder oor 2 dae aan te bied:
● Grondslagfase: Do., 18 Maart
● Intersenfase: Vr., 19 Maart
Razelle sal binnekort die nodige inligting voorsien. Ongelukkig sal ouers nie die geleentheid kan bywoon a.g.v. Covid-protokol nie.
Woensdag, 10 Maart, is fotodag. A.g.v. COVID gaan ons individuele foto’s neem en ‘n collage vir elke klas maak om ‘n klasfoto te skep (sien voorbeeld onderaan). Daar sal dus geen klasfoto’s geneem word nie. Slegs die volgende foto’s word geneem:
* Individuele foto’s
* Boetie- en sussiefoto
* Beheerliggaamfoto 2020
*Suidoosterredaksie 2021
*OOV
Kleredrag:
Leerders dra hul blou feeshempies. Indien leerders nog nie ‘n feeshempie het nie, moet hulle in skoolklere skool toe kom. Daar sal nie LO op daardie dag wees nie. Maak asb. seker dat jou kind(ers) netjies lyk.
Hoe werk die bestelling van foto’s:
Stap 1: Die fotograaf sal eers na ongeveer 3 weke die foto’s terug skool toe stuur.
Stap 2: Daarna word die foto’s huis toe gestuur en ouers kan dan op die koeverte of op die webtuiste van die fotograaf bestel.
Stap 3: Wag geduldig totdat foto’s terug kom skool toe.
NB: Fotogeld gaan NIE deur die Karri-toep nie!
Laaste dag vir fotobestellings is 21 April 2021
Ons beplan ‘n atletiekbyeekoms en geskied soos volg:
• Slegs naellope
• Grondslagfase geskied op Ma, 19 April 2021.
• Intersenfase geskied op Di, 20 April 2021.
• Volledige inligting en reëlings volg.
• Ongelukkig sal ouers dit nie kan bywoon nie.
Ons het nog geen finale datums of inligting ontvang oor hoe die pad vorentoe lyk vir netbal in 2021 en of ons wel enige wedstryde gaan speel nie. Ons moet egter al ons vorms vir Netbal Suid-Afrika en Wes-Kaap Netbal invul om nou al te registreer.
Die Wêreldbeker Netbal Toernooi word in 2023 in Suid-Afrika aangebied. Netbal Suid-Afrika moet sekere inligting aan die Internasionale federasie inhandig en benodig die inligting wat ouers in die vorm moet invul.
Volg asb. die skakel om jou kind vir die 2021 seisoen te registreer sodat ons gereed kan wees as ons die groenlig kry om met oefening te begin. Voltooi asb. ‘n nuwe vorm vir elke kind.

Die kwartaalkonsert geskied op Woensdag, 21 April 2021. Juf. Helecia sal met die spesifieke leerders se ouers kommunikeer.
Jannies Talent word uitgestel na kwartaal 2 a.g.v. die grendelstatus.
Baie geluk aan die volgende leerders:
- Stella Pansegrouw – Vlak 1
- Jeanne van Heerden – Vlak 1
- Daxton Liversage – Vlak 2
- Emily Roff – Vlak 2
- Kai Allewell – Vlak 2
- Conrad Bezuidenhout – Vlak 2
- Izak Bezuidenhout – Vlak 3
Hier is ‘n foto van Kai Allewell in aksie.
Ons wil graag ‘n behoeftebepaling vir die gewysigde swemgala (18 & 19 Maart) doen voordat ons die program finaliseer om te bepaal wat die balangstelling per groep vir die onderskeie swemslae is.
Geen inskrywings sal vooraf aanvaar word nie. Alle inskrywings vind op die dag plaas. Indien jou kind/ers besluit om nie meer aan iets deel te neem nie, hoef jy ons nie in kennis te stel of jou inligting vir hierdie vorm te verander nie.
Ongelukkig mag daar steeds geen toeskouers by hierdie geleentheid wees nie. Ons sal baie foto’s neem en dit met ouers d.m.v. die nuusbrief deel.
Volg die korrekte skakel en voltooi asb. die vorm om aan te dui waaraan jou kind/ers wil deelneem. Maak asb. seker dat hulle die onderskeie slae (vryslag , borsslag, rugslag of vlinderslag) kan swem.
O/7 – O/9 Swemslae
O/10 – O/13 swemslae
Meer inligting sal in die volgende nuusbrief beskikbaar wees.
Kliek op die volgende skakels om te sien waar jou kind ingedeel is vir die buitemuurse program:
Graad 1
Graad 2
Graad 3
Graad 4 & 5
Graad 6 & 7
Kan julle glo, vandag is dit reeds die 2de week nadat die skool sy deure geopen het. Tyd vlieg ongelooflik vinnig verby. Roetine word stadig maar seker weer deel van ons leerders se daaglikse lewe en dit is verblydend om die stralende gesiggies te sien wat soggens by die skool opdaag. Ek glo julle as ouers is ook bly om nie meer die rol van ‘huisonderwyser’ te vertolk nie.
Leerders het dit die afgelope week geniet om weer aan skoolsport saam met hul klasmaats deel te neem aangesien die buitemuurse program op Maandag, 22 Februarie 2021, afgeskop het. Kooroefeninge het ook begin wat bydra tot ons skool se gebalanseerde, holistiese benadering. Ek glo dat buitemuurse aktiwiteite fiksheid, konsentrasie, deursettingsvermoë, dissipline, spierontwikkeling en samehorigheid ontwikkel.
Vir ‘n kind om ‘n ontwikkelingsvoordeel uit aktiwiteite te trek, moet hy/sy dit in die eerste plek geniet. Help dus jou kind om die regte sport of aktiwiteit vir hom/haar te vind. Wees egter versigtig om nie te veel druk om te presteer op hulle te plaas nie. Die fokus moet op deelname en karakterontwikkeling wees. Die pandemie het bygedra dat kinders te veel tyd voor die skerms deurbring en daarom is dit belangrik dat ons kinders aanmoedig om te beweeg en aktief te wees. Die beste manier om kinders aan te moedig om meer aktief te wees, is deur self die voorbeeld te stel. Dit kan gedoen word deur eerder te gaan stap of draf as om self voor die TV te gaan lê. Ons moet altyd onthou wat die waardes en prioriteite is wat ons onbewustelik aan ons kinders kommunikeer. ‘n Leefstyl en ingesteldheid van aktief wees vanaf ‘n vroeë ouderdom kan ook help om leerprobleme aan te spreek en geestelike/emosionele gesondheid te verseker wat deur die pandemie onder geweldige druk geplaas is. Ons eie Madiba het die volgende rakende gesondheid gesê: “Exercise is the key not only to physical health but to peace of mind’’. Skep dus geleenthede waartydens julle as ‘n gesin saam iets aktief kan doen.
Neem asseblief kennis van die volgende:
1. Verkiesing van die 2021 Beheerraad:
Die amptelike datum vir die BR-verkiesing is Dinsdag, 30 Maart 2021. Maak asseblief ‘n aantekening in jul dagboeke. Ons het toestemming ontvang om die BR-verkiesing virtueel d.m.v. VotingCrowd af te handel. Inligting en dokumentasie rakende die nominasieproses sal so spoedig moontlik aan julle voorsien word.
2. Buitemuurse program:
Graag herinner ons julle om asseblief die Covid-protokol te handhaaf deur sover moontlik nie julle voertuie te verlaat wanneer julle die skoolperseel of sportgronde betree nie.
3. Terugvoering: Sosiale byeenkoms
Soos verwag was die reaksie van ouers oorweldigend. Die vrywillige sosiale funksie geskied dus op Vrydag, 5 Maart 2021, vanaf 18:00 tot 22:00 en soos volg:
Formaat en reëlings:
● Slegs piekniekmandjies, geen braaidromme word voorsien nie.
● Weens die getalle gaan die funksie by twee plekke moet plaasvind, nl. die Conradieveld en agter op die skoolveld met ingang vanaf Nuwe Kerkstraat.
● Oranje-kleurgroep woon die funksie te Conradieveld by.
● Blou-kleurgroep woon die funksie by die skoolveld (toegang Nuwe Kerkstraat) by.
● Graag versoek ons dat julle van Uber gebruik maak, aangesien parkering ‘n groot probleem is. Geen voertuig mag op enige van die twee velde parkeer nie.
● Hierdie funksie is nie die gewone klas- of graadbraai nie.
● Ons sal streng Covid-protokol moet handhaaf. Bring dus maskers en handsaniteringsmiddels saam. Sosiale afstand sal sover moontlik gehandhaaf moet word.
● Indien die funksie suksesvol verloop, sal ons dit weer vir kwartaal 2 beplan en dan sal die plekke vir die onderskeie kleurgroepe omruil.
4. Verlore goedere
Graag versoek ons jul om asseblief jul kinders se skoolklere en persoonlike items duidelik te merk aangesien ons ‘n magdom verlore goedere het met geen naam daarop nie. Baie dankie aan een van ons ouers, Colitha Janse van Rensburg, wat bereid is om vir ons die verlore goedere te bestuur. Sy kort egter hulp en indien jy sou belangstel om vir haar te help, kontak haar gerus op 082 868 0906.
5. Swemgala
Ons beplan ‘n swemgala wat op Vrydag, 12 Maart 2021, in graadverband sal plaasvind. Reëlings sal binnekort voorsien word. Ongelukkig sal ouers a.g.v. Covid-protokol nie die geleentheid kan bywoon nie
6. Toesig van leerders na skoolure
Soos julle bewus is, het ons buitemuurse program op 22 Februarie 2021 afgeskop. Opvallend is dat daar na skoolure meer leerders sonder toesig hulself op die skoolperseel bevind totdat ouers hulle kom afhaal. Sommige leerders word eers na 17:00 afgehaal. Ek verstaan dat ons ‘n stadskool is en dit moeilik vir ouers is om hul kinders heen en weer te vervoer, maar ek hoop dat julle sal verstaan dat ons nie personeel net vir die toesigdoeleindes kan aanwys nie, aangesien hulle by die buitemuurse program betrokke is. Daarom wil ek julle aanmoedig om van die nasorgfasilitei gebruik te maak en in die proses ons leerders se veiligheid te verseker. Baie dankie vir jul samewerking in die verband.
7. Verwelkoming van mnr. Pieter Rademeyer
Graag wens ons mnr. Rademeyer, wat op Maandag, 1 Maart, sy pos as die nuwe skoolhoof van Hoërskool Jan van Riebeeck inneem, die beste toe. Mag hy en sy gesin die nuwe hoofstuk in hul lewe terdeë geniet. Ons sien uit daarna om goeie bande te smee.
Kliek HIER om die ouerhandleiding vir 2021 te sien en/of af te laai. Alle jongste en enigste leerders sou ook ‘n gedrukte kopie ontvang het wat hierdie week aan hulle uitgedeel is.
Daar is heelwat ouers wat nog nie die handboekbrief vir 2021 ingevul het nie. Indien julle nog nie het nie, voltooi asb. hierdie Google Form om aan te dui watter handboeke jou kind(ers) aan die begin van die kwartaal ontvang het. Vul ‘n aparte vorm vir elke leerder in.
Belangrike Datums
maart 2021
april 2021
mei 2021
junie 2021
julie 2021
augustus 2021
september 2021
oktober 2021
november 2021
desember 2021
januarie 2022
februarie 2022