/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se netbaluitslae:

/ Nuus, Rugby, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se rugbyuitslae:

/ Hokkie, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se hokkie-uitslae:






 

/ Hokkie, Netbal, Nuus, Rugby, Skaak, Sport, Sport


Volgende week hou ons Geesweek ter voorbereiding vir Interskole! Leerders mag volgens die daaglikse temas aantrek en hul Jannie-gees behoorlik wys.

Neem asseblief kennis dat leerders Maandag en Vrydag hul gewone skooldrag moet dra.

Daar sal elke dag ’n prys wees vir die beste Grondslagfase- en Intersenfase-leerder.

Bring hope gees saam en kom ons maak hierdie Interskole een om te onthou! 💚💛

/ Algemeen, Nuus

Neem asseblief kennis dat alle snoepie-kosbestellings voortaan slegs deur die Karri-toep geplaas moet word. Om die bestelproses glad en doeltreffend te laat verloop, sal geen laat bestellings of versoeke meer aanvaar word nie.

Onthou ook dat geen kos die snoepie mag verlaat voordat dit betaal is nie.

Leerders wat op die dag self ‘n broodjie wil koop, is welkom om dit met kontant of ‘n bankkaart by die snoepie te betaal.

Indien jy probleme met bestellings op Karri ervaar, kontak vir Megan op WhatsApp by  082 794 8430.

Dankie vir u samewerking.

/ Algemeen, Nuus
Baie geluk aan oud-Jannie Chrystal, wat die rol van Young Emma vertolk in Deon Meyer se nuwe reeks Invisible. Welgedaan, Chrystal!
 
/ Algemeen, Nuus

Baie geluk aan Gerhard Conradie en Luna Coetzer, wat saam in die kykNET-reeks Beter as Gister speel. Ons is trots op julle puik prestasie!

/ Algemeen, Nuus

Baie geluk aan Luna Coetzer, wat in die film Silas en die Ysbeer op Tafelberg speel. Die film het op die eerste dag van die SilwerSkerm Filmfees gedebuteer. Ons is trots op hierdie besondere prestasie!

/ Algemeen, Nuus
Plakkers is op die Karri-toep beskikbaar teen R20 elk.
Die fondse wat ingesamel word, gaan aan Die Paarl Skool vir Ontwikkeling.
 
/ Koor, Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Nuus

Ons nooi almal hartlik uit na ‘n besonderse koorkonsert op Woensdag, 2 September, waar ons Junior- en Senior Koor die verhoog met die Jiřičky Jeugkoor van Praag (Tsjeggië) en die Hoërskool Jan van Riebeeck koor deel.

Die konsert vind om 18:00 by die NG Kerk Tamboerskloof plaas. Toegang is gratis, en dit beloof om ‘n aand van uitsonderlike koormusiek en internasionale samewerking te wees. Kom ondersteun ons Jannies en geniet hierdie unieke musikale ervaring saam met ons.

/ Algemeen
Gedurende die wintervakansie het Elliott Coetzee die Westelike Provinsie by die interprovinsiale yshokkietoernooi in Pretoria verteenwoordig. Sy het vir drie verskillende spanne gespeel en uitstekend gevaar.
Elliott het ’n goue medalje saam met die o.12A-span, ’n silwermedalje saam met die o.18-meisiespan en ’n bronsmedalje saam met die o.14B-span verower.

Baie geluk, Elliott, met hierdie besonderse prestasie!

Foto’s: Krediet aan die fotograaf /SAIHF IPT Photos Facebook-blad
 
/ Nuus, Skaak, Sport, Sport, Sportuitslae

Ons 1ste skaakspan van agt leerders het Vrydag teen Laerskool Dirkie Uys meegeding. Dit was ‘n spannende wedstryd wat met ‘n gelykopuitslag van 4–4 geëindig het. Baie geluk aan ons spelers met hul puik spanpoging!

/ Algemeen
✨ PAGEBOUND ✨
 
Stap in ’n wêreld waar stories lewendig word!
Livia-Mae Liebenberg vertolk die hoofrol in die Saterdagvertoning van PAGEBOUND op 24 Oktober om 11:00 by die Baxter-teater! 🌟.

Barbara Schreuder Dansskool nooi almal hartlik uit om ons talentvolle dansers te kom ondersteun tydens die CSA Cape Studio Assessment op Sondag, 30 Augustus 2026 by JvR Laerskool.

Dansers sal ongeveer ses moderne en kontemporêre danse en bewegingsreekse uitvoer wat spesiaal vir hul ouderdom en vlak gechoreografeer is. Hierdie informele geleentheid bied ouers, familie en vriende die geleentheid om die dansers se harde werk en pragtige optredes te geniet.

Program A: 10:00
Program B: 14:15

Parkering is agter die skool beskikbaar.

Toegang:

  • Volwassenes: R70
  • Skoolgaande kinders: R40

Betaling kan kontant by die deur of via EFT na die FNB Studio-rekening geskied.

Aan die einde van die assessering ontvang alle dansers ‘n sertifikaat en ‘n verslag met opbouende kommentaar. Dansers van Graad 4 tot 11 kan ook, op versoek, ‘n amptelike gradering ontvang.

Vir meer inligting, kontak Barbie by 072 454 9353.