Category: Projekte

As ‘n laerskool in die stadskom het ons ’n verantwoordelikheid en behoefte om betrokke te wees by projekte in die groter Kaapstad omgewing. Ons oogmerk met gemeenskapsbetrokkenheid is om elke JvR leerder die kans te gee om ‘n bydrae tot ‘n projek te maak gedurende ‘n skooljaar. So ‘n bydrae is nie net die bring van ‘n fisiese item of geld nie, maar om self te werk en/of uit te reik na mense. Die projekte wat tans deel uitmaak van ons portefeulje is só beplan om aktiwiteite te skep wat gepas is vir kinders van verskillende ouderdomme en wat meesal binne skoolure afgehandel kan word. Leerders kry die geleentheid om nood in ’n gemeenskap te identifiseer en te help om die probleem op te los of tydelik te verlig.

Die betrokkenheid by Gemeenskapsprojekte is gesetel in verskeie waardes wat al vier van die waardes van ons skool insluit. Ons gemeenskapsprojekte bied vele geleenthede vir gesprekke rondom waardes en om sulke waardes prakties uit te leef.

Gemeenskapsprojekte Nuus

Welwillendheidsprojek vir 1ste kwartaal 2024

Die skool gaan volgende kwartaal skryfbehoeftes aan minderbevoorregte skole skenk. Kan julle asb. alle bruikbare ou skryfbehoeftes na die eksamen na juffrou Marietjie se klas toe stuur. Baie dankie!