Kategorie: Nuusbrief

Geagte Ouers / Voogde – 10 Desember 2025

Vandag sluit al die openbare skole in die land vir ‘n welverdiende vakansie vir die leerders, personeel en ouers na ‘n besige en suksesvolle skooljaar. Verlede week is die onderskeie prysuitdelings vir elke graad suksesvol afgehandel om erkenning aan ons leerders vir hul harde werk en toewyding te gee. Ons unieke wyse van erkenning gee, veral vir die akademie, maak my gerus dat ons die regte aanslag het en dat daar ‘n plek vir akademiese erkenning en uitnemendheid is. Ons poog as personeel om vir ons leerders altyd ‘n voorbeeld te stel deur alles wat ons as skool aanpak met uitnemendheid en passie te doen. Baie geluk aan die volgende graad 7-leerders vir hulle harde werk en wat as 2025 se Top 10-akademiese presteerders aangewys is: Katryn Silvis (Dux-leerder 2025) Dané Olivier Annalene Viljoen Andries Gouws Stella Pansegrouw Amelie van der Walt Zani Scholtz Abi Fourie Johannes Mouton Gusto Hoogendyk Weereens groot dankie aan ons Graad 7-ouers wat vir ons BRUL-JANt, die menslike skelet en anatomie van die mens (vir die NW-klas) geskenk het as deel van die 2025 Graad 7-geskenk – dit is kosbaar! Ons is ook baie dankbaar vir die leesboeke wat hulle ook as geskenk aan die skool gegee het. Graag wil ek ook vir mnr. Leon en sy span hartlik gelukwens met vanjaar se puik kleure-atletiekbyeenkoms wat op Woensdag, 03 Desember (velditems), en Vrydag, 05...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 05 Desember 2025  

Kan julle dit glo? Die voorlaaste skoolweek van die besige kwartaal kom vandag met die kleure-atletiek tot ‘n einde. Desembermaand het haarself kom tuismaak in ons kalenders en dit beteken ‘n welverdiende vakansie en Kersfees is net om die draai. Ek glo almal is druk besig om die finale projekte en take vir die jaar so spoedig moontlik af te handel voordat die welverdiende vakansie aanbreek. Op Donderdagaand, 27 November, het ons musiekdepartement ‘n wonderlike kerskonsert vanaf 19:00 in die saal aangebied. Die indrukwekkende draaiboek is deur Frances Samuel (‘n ouer by ons) geskryf en die storieverteller is deur Pieter Rademeyer (gr. 6) en die skaapwagtertjies is deur Petronella Gouws (gr. 3) en Frannie Samuel (gr. 1) uitstekend vertolk. Hulle drie het hulle puik van hul taak gekwyt, terwyl die senior- en junior koor onderskeidelik onder leiding van Leon Starker en mnr. Ben opgetree het. Die skoolkore en die ouerkoor saam met die Cape Town Camerata het die aand met hul pragtige kerssang betower en onwillekeurig die gevoel van nostalgie en heimwee geprikkel. Die ongelooflike aand is verder gekomplimenteer met die fantastiese optredes deur die senior ensembles, asook Elisabet Marais (graad 7) met die puik voordra van die kersgedig, ‘n Os en ‘n Eseltjie. Die aand is op ‘n hoë noot met die samesang van ‘Hoor die blye eng’lelied’ afgesluit. Sjoe, dit was ‘n belewenis met almal in die...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde: 28 November 2025

Die komende naweek groet ons spreekwoordelik November-maand en dan breek die laaste maand van die jaar aan. Met ’n groot skok besef ’n mens dat 2025 amper iets van die verlede is. Weereens ’n bewys dat Vader Tyd vir niemand en niks stilstaan nie. Op ’n meer positiewe noot, die langverwagte somervakansie waarna ons almal uitsien, kom vinnig nader en ek glo ook dit is welverdiend met ’n baie suksesvolle en besige jaar agter die rug. Maak gerus seker dat julle ons 2025-jaarverslag, wat op 10 Desember beskikbaar gestel word, deurlees. Dit sluit al die opwindende 2025-aktiwiteite en suksesse van Laerskool Jan van Riebeeck in. Ek wil graag vir julle die versekering gee dat ons as personeel die afgelope jaar volkome toegewyd is tot die skool se operasionele bestuur, maar ons weet ook dat ons dalk nie al ons ouers honderd persent in alle aspekte tevrede gestel het nie. Die skool maak egter voorsiening vir die breë spektrum van sy leerders en ouers en ons kan nie ’n leerder of ’n ouer uitsonder deur hulle anders te hanteer of voorkeurbehandeling te gee nie. Verder sê ek beslis nie dat die skool alles reg doen nie, maar dat alle faktore oorweeg word voordat besluite geïmplementeer word. Daar is altyd plek vir verbetering en ons gaan daaraan aandag gee, maar ek glo ook dat daar beslis nie ’n plek soos ’n...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 21 November 2025

Die tweede week van die eksamen het op Maandag, 17 November, goed afgeskop en kom op Maandag, 24 November, tot ‘n einde. Die onderwysers is tans besig om die laaste klompie antwoordstelle noukeurig te merk en dan volg interne post-moderasie voordat die finale punte op die WKOD-skedules ingevoer word. Interne post-moderasie word deur die moderators (vakhoofde/departementshoofde) behartig, daarna volg ‘n tweede rondte moderasie waartydens ek as skoolhoof ook betrek word. Onderskeie antwoordstelle word saam met die vraestelle gebruik om die belangrike proses van moderasie verder te ondersteun. Moderasie (pre- en post-) vorm ‘n integrale deel van leer en onderrig en dien verder vir ons skool as ‘n gehalteversekeringsinstrument om seker te maak kwaliteit leer en onderrig geskied by ons skool. Dit is so belangrik dat ons deur middel van pre-moderasie seker maak dat die assesseringsinstrumente billik en regverderig is, maar ook voldoen aan ons hoë akademiese standaarde by die skool. In my gesprekke met voornemende ouers bevestig hulle almal dat die twee belangrikste redes hoekom hulle ons skool oorweeg om hul kind/ers in te skryf, soos volg is: 1) Hoë akademiese standaarde en verryking; 2) Waardes van die skool en sy gemeenskap. Akademie is een van ons spreekwoordelike vlagskepe waar uitnemendheid en die handhawing van hoë standaard te alle tye eerbiedig word. Dit is dan my eer en voorreg om die uitslae van die 2025 Mondelinge Kommunikasie-eksamens van ons...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 14 November 2025

  Die eerste week van die eksamen vir die graad 7’s is agter die rug, terwyl die graad 4 – 6-leerders gister, 13 November, met hulle eksamens afgeskop het. Die grondslagfase se finale assesserings vir die jaar het ook die week tot ’n einde gekom. Baie dankie dat julle jul kind/ers tydens die finale eksamens ondersteun sodat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen stap nie. Baie dankie dat julle ook sal help dat jul eie vrese en angs vir die komende eksamens nie in jul kind/ers manifesteer nie. Ek weet ook dat julle bekommerd is dat hulle goed in die komende eksamens sal vaar. Indien jou kind/ers spogpunte behaal, is dit wonderlik en julle as ouer/ouers is geseënd, maar dit is ongelukkig nie vir almal beskore nie. Ons leerders doen die beste wat hulle kan op die bepaalde tyd. Daar is nog hope tyd vir ontwikkeling wat met genoegsame ondersteuning in plek sal val. Ons verloor daarom nie hoop nie, maar is trots op dit wat ons leerders vermag. Dit het verder onder my aandag gekom dat sommige ouers ons onderwysers die afgelope tyd onder geweldige druk oor die eksamens plaas, laat saans boodskappe stuur en onmiddellike terugvoer verwag, en in die proses baie krities is oor die komende eksamens, die eksamenrooster en hoe ons dit bestuur. Ek het dus besluit om my nuusbriefgedeelte vir week 5...

Lees Verder
Loading

Ander Nuus

januarie

10jan00:0023:59Magdhelé Jansen (Klasassistent) Verjaar

12jan00:0023:59Skole heropen (Personeel)

12jan07:0010:00Jan Kas Winkel: OOP

12jan08:3009:30EXCO-Vergadering

13jan12:0014:30Jan Kas Winkel: OOP

14jan00:0023:59Skole heropen (Leerders)

14jan00:0023:59Nasorg Begin

14jan00:0023:59Atletiekspan Oefen

14jan00:0023:59Geen Klasruiling

14jan18:0018:00Redenaars inligtingsessie (skoolsaal)

15jan00:0023:59Klasruiling Begin

15jan18:0020:00Personeelfunksie

Wys Meer

februarie

29jan01febNetbalkamp: o.12 en o.13

31jan00:0023:59Netbalkamp: o.12 en o.13

01feb00:0023:59Netbalkamp: o.12 en o.13

05feb00:0023:59Jannies vir Jesus

05feb00:0023:59Pre-Seisoen Oefeninge begin (Netbal & Rugby)

06feb00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

06feb00:0023:59Koorpiekniek

06feb00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

06feb00:0023:59Koorkamp

07feb00:0023:59Koorkamp

11feb00:0023:59Interne Redenaarskompetisie (Gr.1-3)

12feb00:0023:59Interne Redenaarskompetisie (Gr.4-5)

Wys Meer

maart

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

02mrt00:0023:59Wintersport Begin

06mrt00:0023:59Skool verdaag vroeër (Voorlopig)

06mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59TOETS

06mrt00:0023:59Skaak: Panorama

09mrt00:0023:59Leerderraadontbyt by HS JvR

11mrt(mrt 11)00:0013(mrt 13)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

Wys Meer

april

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

Wys Meer

mei

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

Wys Meer

junie

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

Wys Meer

julie

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

Wys Meer

augustus

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

Wys Meer

september

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

Wys Meer

oktober

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

Wys Meer

november

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

Wys Meer

desember

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies