Kategorie: Kuns en Kultuur

Junior Koor Oudisies

Die Junior Koor verwelkom nuwe lede om aan die begin van kwartaal 4 by die junior koor aan te sluit! Daar lê opwindende geleenthede in kwartaal 4 vir die Junior Koor voor, soos ’n “Choir Mingle” saam met St Cyprian’s en die Kerskonsert wat jaarliks ’n hoogtepunt op ons kalender is.   Juf Bea doen oudisies vanaf Maandag, 14 September, tot Vrydag, 18 September. Ons sal deur die loop van die week by die klasse om gaan en belangstellende leerders uitnooi vir die oudisie!   Kontak gerus vir juf Bea met enige verdere vrae....

Lees Verder

JUNIOR KOOR: Kaapse Afrikaanse Eisteddfod

Die Junior Koor neem volgende week vir die eerste keer aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod se Koorsang afdeling deel. Ons kan nie wag nie!   Hier volg die reëlings:   Datum: Dinsdag, 8 September Plek: Laerskool Simon van der Stel Vervoer:  * Die bus vertrek stiptelik om 14h30 vanaf die agterste parkeerarea van die skool. Wees reeds 14h15 daar, asb. * Die koor neem 16h00 deel, en ons kom direk daarna terug skool toe. * Ons behoort op die laatste weer 17h15 terug by die skool te wees. Ons sal ’n WA op die Junior Koor WA-groep stuur sodra ons by Simon van der Stel vertrek. Kleredrag: Skoolsweetpak (top met die oranje strepies), skoolhemp, wit tekkies en sokkies. Kos: Pak gerus gesonde peuselhappies en water in vir die busrit.   Kontak vir juf Rolene met enige...

Lees Verder

Orkeswerkswinkel saam met Somerset House

Ons stryk- en houtblaasensembles gaan Saterdag, 12 September, aan ’n orkeswerkswinkel saam met leerders van Somerset House deelneem. Daar sal ook van ons senior musiekleerders by marimbagroepe vir die oggend inskakel. Dit beloof om ’n heerlike oggend van saam musiek maak te wees!    Hier volg meer spesifieke reëlings:   09h30 – 10h15: Sessie 1 10h30 – 11h15: Sessie 2  12h00 – 13h00: Konsert   Datum: Saterdag, 12 September Tyd: 09h30 – 13h00 Plek: Somerset House Preparatory School   Ouers, familie, en vriende is BAIE welkom om die konsert by te woon, 12h00 – 13h00.    Daar sal busvervoer wees. Die bus vertrek stiptelik om 08h15 vanaf die skool en sal na afloop van die konsert weer terug kom skool toe.   Kontak gerus vir juf. Rolene met enige verdere vrae....

Lees Verder

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 8 September

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 8 September, in die NASORG plaas.    Die volgende leerders tree op:   Floris Müller – klavier Jude Murray – kitaar Natalie Lawson – saksofoon Benjie Ntloko en Aiden Cronje – klarinetduet Clara Wiese – sang Clara Wiese en Lua Groenewald – sangduet Alida Loubser – sang Joris le Roux – klavier Liliana Hartman – klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h30 in die Nasorg met hul instrument aan. Juf. Bea en/of mnr. Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon.  * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek: Nasorg...

Lees Verder
Loading

Ander Nuus

september

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

12sep09:0014:00Werkswinkels en Musiekkonsert saam met Somerset House