Ons sien uit daarna om op Donderdag, 26 November, ons jaarlikse Kerskonsert aan te bied. Kom vier saam met ons die vreugde van die feestyd terwyl ons leerders hul talente op die verhoog ten toon stel.
‘n Musiek-voorkonsert vind vanaf 17:30 tot 18:15 by die snoepie-area plaas, waarna die hoofkonsert om 18:30 begin.
Kaartjies kos R60 elk en is via Karri beskikbaar. Let asseblief daarop dat sitplekke beperk is en dat kaartjieverkope beperk is tot drie kaartjies per gesin, per deelnemende kind.
Ons sien daarna uit om hierdie besondere geleentheid saam met ons skoolgemeenskap te deel.
