Die Junior Koor neem volgende week vir die eerste keer aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod se Koorsang afdeling deel. Ons kan nie wag nie!
Hier volg die reëlings:
Datum: Dinsdag, 8 September
Plek: Laerskool Simon van der Stel
Vervoer:
* Die bus vertrek stiptelik om 14h30 vanaf die agterste parkeerarea van die skool. Wees reeds 14h15 daar, asb.
* Die koor neem 16h00 deel, en ons kom direk daarna terug skool toe.
* Ons behoort op die laatste weer 17h15 terug by die skool te wees. Ons sal ’n WA op die Junior Koor WA-groep stuur sodra ons by Simon van der Stel vertrek.
Kleredrag: Skoolsweetpak (top met die oranje strepies), skoolhemp, wit tekkies en sokkies.
Kos: Pak gerus gesonde peuselhappies en water in vir die busrit.
Kontak vir juf Rolene met enige vrae.