Studiekursus: Kwartaal 2, 2026
Sien meer inligting oor kwartaal 2 se studiekursus hier onder: Indien jou kind deel is van die studiekursus, sluit gerus by die WhatsApp-groep aan: Studiekursus (Ls JvR)
Lees VerderSien meer inligting oor kwartaal 2 se studiekursus hier onder: Indien jou kind deel is van die studiekursus, sluit gerus by die WhatsApp-groep aan: Studiekursus (Ls JvR)
Lees VerderFeb 19, 2026 | Akademie, Kuns en Kultuur, Nuus, Redenaars, Rekenaars
Die afgelope twee weke was daar behoorlik geredeneer! Ons Graad 3 – 7-leerders het met groot entoesiasme aan ons jaarlikse interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons oortuig met uiteenlopende en prikkelende onderwerpe – van huiswerk wat dalk eerder die pad moet vat, tot KI wat té veel in sport inmeng, Afrikaanse lirieke wat ons soms in die steek laat en selfs die stelling dat skaak ’n beter opsie as ander buitemuurse aktiwiteite is. Dit was ’n voorreg om ons leerders se deurdagte menings te hoor en hul selfvertroue en spreekvaardighede op die verhoog te beleef. Hulle het nie net sterk argumente gelewer nie, maar ook gewys dat hulle met respek kan verskil en hul standpunte met oortuiging kan verdedig. Baie geluk aan die volgende deelnemers wat ons skool met trots tydens die ATKV se eerste rondte in April gaan verteenwoordig: Pieter-Steph Bothma Izak Steyn Lua Groenewald Pieter Derksen Henry Jordaan Christina du Toit Amalie Janse van Rensburg Mia Bothma Stef Nel Antjie Samuel Nina Bremer Chris Derksen Ella van der Walt Alida Loubser Pieter Rademeyer Bella Naylor Ons is baie trots op...
Lees VerderJan 29, 2026 | Biblioteek, Nuus
Ons is opgewonde om aan te kondig dat ’n nuwe boekklub, Die Boekbende, by ons skool begin! Die boekklub vind elke eerste Woensdagoggend van die maand, voor skool vanaf 07:15 tot 07:45 in die mediasentrum plaas. Leerders in Graad 4–7 wat lief is vir lees en stories, is welkom om aan te sluit. Vir meer inligting kan leerders gerus met...
Lees VerderLeerders word volgens hulle grade in groepe ingedeel. Die groepe bestaan uit 8–10 leerders per groep en kom een keer per week vir 45 minute bymekaar. Leerders gaan vir 7 weke gratis studie-ontwikkeling ontvang. U kan ’n e-pos aan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) stuur om vir u kind ’n plek te bespreek. Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende: Beplanning vir die kwartaal en doelwitstelling Hersiening van verskillende opsommings Luister- en konsentrasievaardighede Geheue-oefeninge Beantwoording van toetse en eksamens Die kursus begin die week van 26 Januarie. Hier is die tye en datums vir die onderskeie...
Lees VerderNov 28, 2025 | Rekenaars, Akademie, Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Nuus, Redenaars
Raak deel van die Redenaars WhatsApp-groep om alle inligting rakende volgende jaar se redenaars te ontvang. Alle kommunikasie sal daar plaasvind. Gaan na ons LsJvR Community en soek die groep Redenaars (Ls JvR) Vul asseblief die vorm in indien jou kind in Redenaars 2026 belangstel: REDENAARS 2026 – Fill out form Hier is die kompetisiedatums asook inligtingsessie se datum wat in die eerste week van skool plaasvind. Dagboek asseblief hierdie datum! Redenaars -kompetisie inligting...
Lees Verder
deur Megan Zondagh | Mar 12, 2026 | Advertensies
Een van ons ouers is ’n plaaslike verspreider van Mountain Falls mineraalwater en bied tans ’n lekker skoolpromosie aan. Op die “Acquabox” water (10 L of 15 L in ’n boks) geld die volgende: vir elke 2 bokse wat jy bestel, word 1 boks gratis aan jou kind se klas geskenk . Dit is ’n eenvoudige manier om die skool te ondersteun terwyl jy terselfdertyd water vir jou huis bestel. Jy is ook welkom om botteltjies water te bestel, beskikbaar in Still of Sparkling. Bestellings word gratis by jou huis afgelewer, wat dit baie gerieflik maak. Ons sal dit...
deur Megan Zondagh | Mar 12, 2026 | Rugby, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae
deur Megan Zondagh | Mar 12, 2026 | Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae
deur Megan Zondagh | Mar 12, 2026 | Advertensies
deur Megan Zondagh | Mar 12, 2026 | Advertensies
maart
april
mei
junie
julie
augustus
september
oktober
november
desember