Kategorie: Nuusbrief

Geagte Ouers / Voogde – 26 Junie 2026

So breek die einde van kwartaal twee uiteindelik aan. Dit was ‘n lang (12 weke) en besige kwartaal met propvol opwindende skoolaktiwiteite en kosbare hoogtepunte. Vandag ontvang elke leerder sy/haar rapport d.m.v. ‘n elektroniese weergawe wat julle as ouers/voogde per e-pos sal ontvang. Hiermee word daar erkenning vir jul kind(ers) se harde werk, toewyding en deursettingsvermoë die afgelope kwartaal gegee. Ek wil graag die leerders hartlik gelukwens en komplimenteer met hul spograpporte. Spograpporte behels nie net altyd uitmuntende punte nie, maar sluit ook in waar positiewe vordering deur middel van toewyding, deursettingsvermoë en harde werk getoon word. Ons is saam met julle as ouers/voogde baie trots op jul kinders se akademiese vordering en -prestasies. Op Woensdag, 24 Junie, het ons skool vir die eerste keer vir ons personeel ‘n Gesondheidsdag (Wellness Day) by die skool gereël. Dit sluit onder andere mediese ondersoeke (bloeddruk, suiker, cholesterol en liggaamsindeks) asook belangrike oogtoetse in. Hierdie inisiatief is hoofsaaklik om ons beheerraadspersoneel (alle personeel insluitend ons terreinpersoneel) te ondersteun aangesien hulle kontrakte nie mediesefonds insluit nie. Op hierdie manier skep ons die geleentheid om die bogenoemde mediese dienste gratis by die skool te ontvang. Groot dankie aan Jodene (Hoof van MHK) vir die wonderlike inisiatief. Die personeel het groot waardering daarvoor. Die Intersen (Gr. 4 – 7) se kwartaalikse musiekkonserte is onderskeidelik op Donderdagaand, 18 Junie, en Vrydagoggend, 19 Junie, deur ons dinamiese...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 19 Junie 2026  

Kwartaal twee is besonders lank, aangesien dit 12 weke insluit. Dus kan ek verstaan dat leerders, ouers en die personeel redelik afgemat mag voel, veral ook met ’n eksamen agter die rug. Gelukkig het die afgelope naweek ’n lekker meevallertjie met ’n langnaweek ingesluit om so ’n voorsmakie van die komende wintervakansie wat voorlê te kry. So kom die tweede laaste week van die kwartaal vandag tot ’n einde. Ek is seker ons ouers/voogde was saam met hul kinders baie verlig dat die Junie-eksamen iets van die verlede is. Die antwoordstelle is klaar gemerk, ’n deeglike modereringsproses is die afgelope week afgehandel om seker te maak die leerders se antwoordstelle is korrek nagesien en die punte is korrek opgetel. Die finale punte word tans verwerk sodat ons op Vrydag, 26 Junie, die dag wat die skole sluit, vir elke leerder sy/haar elektroniese rapport aan sy/haar ouers kan e-pos. Graag wil ek spesifiek ons leerders bedank en gelukwens met hul deeglike voorbereiding vir die afgelope eksamen en assesserings, asook die besonderse werksetiek wat hulle dwarsdeur die kwartaal gehandhaaf het. Hartlike dank ook aan ons ouers/voogde wat hul kind(ers) so mooi die afgelope tyd tydens die eksamen-/assesseringstydperk ondersteun het om net hul beste te doen. Laaste, maar nie die minste nie, ’n hartlike dank aan ons opvoeders en die leerontwikkelingspersoneel wat met soveel deernis en toewyding ons leerders vir die eksamen...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 12 Junie 2026 

Week 10 van die kwartaal kom vandag saam met die Junie-eksamen tot ‘n einde soos kwartaal twee se spreekwoordelike uurglas stadig, maar seker uitloop. Ek glo die Gr. 4 – 7-leerders is saam met hul ouers baie verlig dat die eksamen agter die rug is en dat julle as gesinne gereed is vir ‘n welverdiende wintervakansie wat op ons wag. Hierdie komende naweek sluit ‘n lekker meevallertjie van ‘n buitengewone langnaweek in met ‘n skolevakansiedag wat op Maandag, 15 Junie, plaasvind asook ‘n openbare vakansiedag, naamlik Jeugdag, wat op Dinsdag, 16 Junie, landwyd gevier word. Jeugdag word jaarliks in ons land op 16 Junie gevier ter nagedagtenis aan die 1976-opstande deur leerders wat hoofsaaklik in Soweto plaasgevind het. Die regering van daardie tyd het slegs Engels en Afrikaans as onderrigtale toegelaat en geen etniese tale vir onderrig in skole toegelaat nie. Tragies het dit gelei tot die sterftes van meer as 600 leerders tydens die opstande wat landwyd uitgebreek het, toe die polisie op die betogende jeugdiges met lewendige ammunisie losgebrand het in hul poging om die opstand in toom te probeer hou. Vandag kan ons jeug die voorregte geniet wat deur die jeugdiges in 1976 die weg begin baan het. Mag die tragiese gebeure en diskriminasie nooit weer in ons land herhaal word nie. Vanaf Maandag, 08 Junie, het die interim buitemuurse sport- en kultuurprogram in skooltyd net...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 05 Junie 2026

Tyd staan beslis vir niemand stil nie, aangesien ’n Junie-maand skielik sy opwagting gemaak het. Ek deel sommer ook ’n bietjie nuttelose inligting: Junie is na die Romeinse godin van die huwelik en vrugbaarheid, bekend as Juno, vernoem, maar sy is ook bekend as die vrou van Jupiter. Die eerste semester van die jaar staan dus einde se kant toe met die eksamen wat tans aan die gang is en ‘n welverdiende wintervakansie wat vir ons voorlê. Sportnaweke vir die Gr. 4 – 7-leerders is nou eers iets van die verlede vir hierdie kwartaal met die sportnaweek wat vanaf 29–30 Mei weg te Laerskool Sunningdale plaasgevind het. Dit was ’n besige sportkwartaal met legio geleenthede vir ons leerders om aan wedstryde en toernooie deel te neem en ons skool te verteenwoordig. Graag wil ek ons ouers en voogde hartlik bedank wat ons leerders by sport- en kulturele geleenthede so getrou ondersteun en saam met ons leerders as ware ambassadeurs van ons trotse skool optree. Ek glo ons almal hou van prestasie en die strewe na uitnemendheid by die skool sodat leerders hul volle potensiaal kan bereik. Die probleem is egter dat ons almal se volle potensiaal anders lyk. As skool wil ons seker maak ons ken ons leerders sodat ons nie ons leerders tot verby hulle potensiaal druk nie. Te veel druk van die skool en veral vanaf ouers...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 29 Mei 2026

Die afgelope naweek het ons Dapper Stappers aan die Geelbek-oorslaapstaproete te Langebaan vanaf Saterdag, 23 Mei, tot Sondag, 24 Mei, deelgeneem. ‘n Groep van 60 ouers en kinders het saam met juff. Anika, Anthea, mnre. Keenen en Dian die pragtige staproete aangepak en hope pret in die buitelug geniet. Baie dankie aan juf. Anika en mnr. Keenen vir al die puik reëlings. Indien jy die buiteluggeleentheid gemis het, moet asseblief nie die volgende staproete wat vanaf 09 tot 11 Oktober te Greyton gaan plaasvind, misloop nie. Die kwartaal 2-eksamen vir die graad 7’s het dan ook vandag met die skryf van Skeppende Kunste en Lewensoriëntering afgeskop, terwyl die graad 4 – 6-leerders volgende week op Woensdag, 03 Junie, begin. Ons hou styf duimvas vir ons leerders dat dit met hulle goed sal gaan, asook dat daar rustigheid in die huishoudings sal heers, aangesien die eksamenstresvlakke by leerders ook dikwels na die gesinne deurfilter. Vandag en môre tree die volgende leerders vir hul sangoptredes by die Eisteddfod op en ons hou vir die volgende leerders styf duimvas dat dit met hulle baie goed sal gaan: • Antjie Samuel • Coreen Scholtz • Pieter Rademeyer • Alida Loubser Ons jaarlikse en baie gewilde o.10 – o.13 B-D-netbaltoernooi het ongelukkig vanjaar uitgereën.  Ek weet die spelers was baie teleurgesteld, maar ongelukkig kon ons nie teen Moeder Natuur baklei nie. Weens ons skool,...

Lees Verder
Loading

Ander Nuus

junie

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

julie

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

21jul08:0008:00Algemene kennis toets

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

Wys Meer

augustus

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

Wys Meer

september

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:30Los alles en Lees

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

Wys Meer

oktober

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

Wys Meer

november

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

Wys Meer

desember

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

Wys Meer

januarie

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

februarie

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

maart

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

Wys Meer

april

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

mei

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar