Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers/voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 02 November 2026, om 18:00 in die saal sal plaasvind. Die nuwe BELA-wetgewing vereis ‘n kworum van 10% van ons ouerkorps wat die vergadering moet bywoon.

Die gedetailleerde begrotingsvoorstelle sal vir besigtiging vanaf Maandag, 12 Oktober 2026, daagliks tussen 10:00 en 14:00 by die finansiële kantoor beskikbaar wees.

Indien jy belangstel om die 2027-begroting te kom besigtig, maak asseblief gebruik van die hoofingang te Kloofstraat.

Ons sien uit om julle by die vergadering te verwelkom.

Begrotingsvergadering 2 Nov - 30 dae kennisgewing