Geagte Ouers / Voogde – 11 September 2026
Vandag presies 25 jaar gelede was die wêreld in skok gedompel met die grusame aanvalle van 11 September waar duisende onskuldige mense gesterf het. In die volksmond staan dit nog vandag as 9/11 bekend. Ek weet dat daar heelwat samesweringsteorieë oor die voorval nog steeds die rondte doen, maar dit was ‘n gekoördineerde reeks selfmoordaanvalle wat in 2001 deur die Islamitiese terroriste-organisasie al-Kaïda teen die Verenigde State uitgevoer is. Altesaam 19 terroriste het vier passasiersvliegtuie gekaap en twee daarvan het in een van die Tweelingtorings-geboue (”Twin Towers”) van die Wêreldhandelsentrum in New York-stad vasgevlieg. Die derde vliegtuig het teen die Pentagon – die hoofkwartier van die Amerikaanse Departement van Verdediging in Arlington County, Virginië – gebots. Die vierde vliegtuig het gelukkig in ‘n landelike area in Pennsilvanië neergestort, maar daar was onskuldige mense aan boord. Mag die wêreld nooit weer so ‘n traumatiese gebeurtenis ervaar nie. Die rede dat hierdie insident my altyd sal bybly, is dat ek twee weke na die 9/11-insident met redelike angs en onsekerheid op ‘n vliegtuig vanaf Kaapstad na Berlyn (Duitsland) geklim het vir opleiding wat deur die WKOD geïnisieer was. Ek dink baie mense het vir ‘n geruime tyd na afloop van 9/11 verkies om eerder nie te vlieg nie. Ek hoop en vertrou dat almal die heerlike sonskynweer van die afgelope tyd geniet, veral na die stormwinde wat op baie plekke groot...
Lees Verder
