Geagte Ouers / Voogde – 23 Oktober 2026
Dit is verstommend hoe vinnig die weke teen die einde van die jaar verby snel, met die derde week van die laaste kwartaal wat vandag tot ‘n einde kom. Daar het reeds heelwat sportwedstryde en -byeenkomste die afgelope twee weke plaasgevind. Graag deel ek die volgende puik somersportuitslae en wens die volgende leerders geluk met hul pragtige sportprestasies: Atletiek: Op Vrydag, 16 Oktober, het ons aan die Laerskool De Hoop Prestige Atletiekbyeenkoms te Somerset-Wes deelgeneem en ons atlete het soos volg puik gevaar: Louis Hofmeyer (o.11) behaal ‘n 1ste plek in verspring (ontvang goue medalje); Christiaan Roux (o.9) behaal twee 2de plekke vir 60 m en 100 m (ontvang twee silwer medaljes); Stef Nel (o.12) behaal ‘n 2de plek in hoogspring (ontvang silwer medalje); Ilan van den Berg (o.10) wen brons vir die 300 m; Jacques du Toit (o.13) wen brons vir die 300 m; en Ilan van den Berg, Nicolaas Boshoff, Stef Nel en Jacques du Toit behaal ‘n 3de plek vir die 300 m-wisselaflos (almal ontvang bronsmedaljes). Verder sluit ons die aand op ‘n hoogtepunt af met ‘n puik vertoning deur ons dogters – Leah Jacobsz, Anna Rabie, Elise Theron en Octavia Ackermann wen goud in die wisselaflos. Die item bestaan uit ‘n 600 m, 300 m, 200 m en 100 m. In totaal het ons 8 medaljes tydens die byeenkoms verower (2 x goud; 3 x...
Lees Verder
